

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
40
Dit is rand en sent wat tel
D
ie verskil in oesopbrengs van verskillende saadgroepe
se kultivarpresteerders is soms so marginaal dat mielie-
produsente twee keer moet dink voordat hulle saad-
keuses maak.
“Jy kry dikwels in proewe dat die voorste presteerders in ‘n ge-
bied slegs met ‘n breukdeel van ‘n ton verskil,” sê mnr Eben Pieter-
sen van die Amersfoort-omgewing. “Dit regverdig dus ‘n oorweging
van ander faktore, soos die prys van saad.”
Pietersen sê dat hy hom nie deur vooropgestelde idees oor saad
laat lei nie.
“Ek maak somme oor die saadprys, saadprestasie en uiteraard eien-
skappe soos droogte- en siekteverdraagsaamheid. Ek word nie
beïndruk deur groot handelsname en ander se opinies oor saadpre-
stasie nie. Dit is die rand en sent wat tel.”
Hy gebruik ‘n eenvoudige voorbeeld: Indien jou mieliesaad
R1 000/ha goedkoper is as ‘n mededinger s’n en jy plant 1 000 ha,
beteken dit dat jy reeds R1 000 000 in die sak het. Dit beteken egter
nie dat hy enige saadmaatskappy blindelings sal ondersteun in-
dien hy meen dat sy grond of die aard van die seisoen, soos
2015/2016 se droogte, dalk sal veroorsaak dat ‘n ander saad beter
sal vaar nie.
“Ek is oop vir oortuiging, maar oor die afgelope jare het ek baie
sterk op United Seeds se twee geelmieliekultivars, US 9610 en
US 9640, gesteun. Hulle vaar uitmuntend in die meer marginale
mieliegebiede.”
Pietersen plant reeds die afgelope vyf tot ses seisoene United
Seeds-saad – meestal as deel van ‘n saadpakket wat verskillende
saadgroepe se presteerders insluit. “Vanjaar het ek egter net
US 9610 en US 9640 geplant.” Dié twee United Seeds-kultivars se
droogteverdraagsaamheid en siektebestandheid het die deurslag
gegee.
“Nie dat ek met beskeie prestasie onder droogtetoestande tevrede
is nie. Ek het in die verlede al tot 9 t/ha op droëland met US 9610
behaal. Hoewel US 9640 maar sowat twee seisoene op die mark is,
is ek tot dusver baie tevrede met sy prestasie.”
Een van die eienskappe waarvan Pietersen hou, is die meerkoppig-
heid van die mielies. “Een groot kop lyk indrukwekkend, maar
twee of selfs drie kleiner koppe se gesamentlike massa klop byna
klokslag die een grote s’n.”
Mnr Tienie von Wielligh, streeksverteenwoordiger van United
Seeds in Mpumalanga, bevestig dat van die United-kultivars drie en
soms selfs vier kleiner koppe het en baie goed vaar in droogtejare.
Dit beteken egter nie dat ‘n kultivar soos US 9610 swak vaar onder
besproeiing nie.
“Produsente wat aanvullend besproei, het al tot 12 t/ha afgehaal,”
sê hy. Met ‘n lae plantestand van 29 000 plante per hektaar is
9,2 t/ha nie vergesog nie,” verseker hy. “Met redelike reën was 8 t/ha
gemiddeld verlede jaar nie ongewoon nie.”
Pietersen stem saam dat United Seeds se mielies nie te dig ge-
plant moet word nie. “Ek werk met ‘n stand van 35 000 tot 40 000
plante per hektaar. Hiermee kan ‘n geil opbrengs behaal word.” Hy
hou bepaald van die maatskappy se twee geelmieliekultivars wat
hy plant.
“Ek kry ook goeie diens van die maatskappy, wat my saadkeuse
regverdig,” sê Pietersen.
United Seeds het ook verskeie ander geelmieliekultivars, waaron-
der US 9620, USL 9690R*, USL 9696R* en die kuilvoerbasters
Silmaster en die nuwe US 9800. Witmieliekultivars sluit in US 9755
en twee nuwes, naamlik US 9711** en US 9777**.
* Roundup Ready is geregistreerde handelsmerk van Monsanto.
** Ingedien vir registrasie.
Produk-inligting
LODEWYK VAN DER MERWE,
bemarkingsbestuurder: United Seeds
United Seeds se 9610 kultivar spog met uitstekende droogteverdraagsaamheid en siektebestandheid.