

FOKUS
Saad
Spesiale
Nuwe witbasters
waarop jy kan reken
P
annar is ‘n multigewasspesialis wat die regte produk-
kombinasie vir elke gewassamestelling en boerdery-
praktyk bied. Soos Suid-Afrikaanse produsente is die
maatskappy verbind tot volgehoue groei en vooruitgang.
Die maatskappy se witbasterpakket beskik oor goeie prestasie,
aanpasbaarheid en stabiliteit. Een van die belangrikste bestuurs-
besluite wat produsente jaarliks maak, is die keuse van die pakket
van basters om te plant.
Die volgende eienskappe speel almal ‘n rol by basterkeuse: Groei-
klas, opbrengspotensiaal en stabiliteit (betroubaarheid), staan-
vermoë, siekte- en insekteweerstand, meerkoppigheid, kop- en
graaneienskappe, saadgrootte en gehalte, die baster se vereiste
vir bestuur en die spesifieke eindgebruik van die oes. Risiko word
ten beste bestuur wanneer ‘n pakket van basters met verskillende
groeiklasse aangeplant word.
PAN 3A-157
Hierdie is Pannar se eerste ultravinnige witbaster. Dit is by uitstek
‘n besproeiingsbaster wat goed kan inpas by ‘n dubbeloes-
produksiestelsel. PAN 3A-157 word vir al die produksiestreke onder
besproeiing teen hoëplantbevolkings van 60 000 tot 80 000 plante
per hektaar aanbeveel.
Die baster beskik oor die tipiese planttipe-eienskappe van die
ultravinnige basters. Dit is ‘n enkelstammige en enkelkoppige
baster met goeie algemene siektetoleransie. In gebiede waar noor-
delike blaarskroei egter ondervind word, word die Yieldboost
®
-
swamdoderspuitprogram aanbeveel om die siekte in toom te hou.
PAN 4R-511R en PAN 4R-711BR
Hierdie twee basters pas in by die vinnige groeiklas. Onder droë-
landtoestande is hulle ‘n uitstekende keuse vir al die oostelike pro-
duksiegebiede, insluitende die Noordoos-Vrystaat. Hulle presteer
ook baie goed in die misgordelgedeeltes.
Die twee basters vul PAN 4A-111 en PAN 4B-311B – wat tans die
maatskappy se gewildste reeks in die oostelike produksiestreek
is – goed aan. Hulle beskik oor goeie algemene siektetoleransie,
staanvermoë, graankwaliteit en skepelmassa. In die produksie-
streke waar blaarsiektes gewoonlik ‘n probleem is, kan die baster by
die Yieldboost
®
-swamdoderspuitprogram baat vind.
PAN 5B-485B en PAN 5R-785BR
Hierdie basters beskik oor die MON 89034-stronkboorderweer-
standsgene en pas in die baie populêre mediumvinnige groeiklas.
Die basters word deur goeie stabiliteit en meerkoppigheid geken-
merk. Hulle word veral vir die westelike droëlandproduksiestreke
(Noordwes-Vrystaat, Noordoos-Vrystaat en Noordwes Provinsie)
as deel van die hoofaanplanting aanbeveel. Die basters is ook goed
aangepas vir die gematigde oostelike produksiestreke. BG 5685R
en PAN 5R-591R is geskik as toevlugsoord vir PAN 5R-785BR. Die
basters beskik oor ‘n aantreklike planttipe met goeie agronomiese
balans en toon goeie toleransie teen kop- en pluimbrand en noorde-
like blaarskroei.
PAN 5A-291, PAN 5R-591R en
PAN 5R-791BR
Hierdie groep mediumvinnige basters is baie sterk meerkoppig.
Hulle is goed aangepas vir al die westelike produksiestreke (Noord-
wes-Vrystaat, Noordoos-Vrystaat en Noordwes Provinsie) en word
as deel van die hoofaanplanting aanbeveel.
PAN 3A-157: Ultravinnige witbaster, tipies enkelkoppig en en-
kelstammig.
PAN 4R-711BR: Die vinnige wit stapelgeenbaster is ideaal vir die
oostelike dele.
PAN 5R-791BR: Hierdie sterk meerkoppige stapelgeenbaster is
uitstekend aangepas vir die westelike dele.
PAN 5R-785BR: Aanplantings van hierdie stapelgeenbaster met
die tweede generasie stronkboordergene lyk fantasties in die
Viljoenskroon-area.
37
March 2017
Produk-inligting
PEET VAN DER WALT,
advertensiebestuurder: Pannar
PAN 3A-157.
PAN 4R-711BR.
PAN 5R-785BR.
PAN 5R-791BR.