

Link Seed
– mnr Pieter Herbst (besturende direkteur)
Alle saadvermeerderings vind in Suid-Afrika plaas. Op hierdie
stadium is daar geen buitelandse produksie nie, maar dit word wel
vir die toekoms beplan.
Die beplanning is om genoeg van elke kultivar te produseer – veral
witmielies, aangesien daar verlede seisoen ’n groot aanvraag vir
witmieliesaad was. Die witmieliekultivarproduksie is dus redelik
verhoog.
Op hierdie stadium lyk alle produksie bogemiddeld.
Monsanto Suid-Afrika
– me Magda du Toit
Monsanto se Dekalb-saadproduksie word alles plaaslik hanteer.
Basters is plaaslik geteel en aangepas vir plaaslike omstandighede
en word by plaaslike saadkwekers vir saadproduksiedoeleindes
geplant. Die behoeftes van kliënte binne die plaaslike omstandig-
hede vorm die basis van alle besluitneming.
Om te beplan hoeveel saad en hoeveel van watter kultivar vermeer-
der moet word, is ‘n gekompliseerde saak. Besluite word nie in
isolasie of sonder deeglike beplanning geneem nie.
In die eerste plek word daar jaarliks nuwe produkte vir moontlike
beskikbaarstelling in die mark geëvalueer. Afhangende van die
eienskappe van die nuwe produkte en waar dit in die mark sal inpas,
sal besluit word hoeveel saad van die spesifieke produk geprodu-
seer gaan word.
Verder is produkprestasie, geraamde behoefte/aanvraag uit die
veld en mark, hoeveelheid produkte in die portefeulje, geraamde
markgrootte van die komende seisoen, asook beskikbaarheid van
huidige voorraad alles elemente wat in ag geneem moet word in
saadproduksie.
Onthou dat saadproduksie in wese vir een tot twee seisoene
vooruit beplan word. Met ander woorde: In die 2017-plantseisoen
vind saadproduksie vir die 2018- en 2019-plantseisoene plaas.
Risikofaktore wat die hoeveelheid benodigde saad kan beïnvloed,
soos markgroei en/of klimaat, word ook in ag geneem en in die pro-
duksiebeplanning ingewerk.
Ander aspekte wat ‘n invloed op die beskikbaarheid van saad kan
hê, is byvoorbeeld omgewings- en klimaatstoestande binne die
produksieseisoen. Hoewel produksie onder besproeiing plaasvind,
kan te veel water of waterbeperkings wanneer damme byvoorbeeld
opdroog, ‘n invloed op die opbrengs of die kwaliteit van die
saadproduksie hê.
Ryp, uitermatige koue of warm toestande tydens sekere kritieke
stadiums van saadproduksie kan ook ‘n effek op die hoeveelheid
saad wat uiteindelik realiseer, hê.
Pannar
– mnr John Odendaal (nasionale bemarkingsbestuurder)
Wanneer dit kom by die behoeftebepaling per gewas en kultivar,
volg Pannar ‘n baie deeglike proses wat gebaseer is op beide heer-
sende en verwagte toekomstige behoeftetendense. Dit word onaf-
hanklik regoor Pannar se reeks gewasse, wat mielies, sonneblom,
sojabone, droëbone, graansorghum, koring en weidinggewasse
insluit – en in die geval van mielies, wit- teenoor geelmielietendense
ook – gedoen.
Op die hoogste vlakke oorweeg ons verwagte medium- en langer-
termynveranderinge in gewastendense. Wanneer dit by werklike
beskikbaarheidsbeplanning kom, word die huidige behoefte vir die
kultivar, die volwassenheidsklas, tegnologietendense en moontlike
tendense en nuwe kultivars wat in die pyplyn is om bekend gestel te
word, oorweeg.
Heelwat van hierdie inligting word indirek by kliënte bekom deur
ons span veldpersoneel wat direk met die kliënte skakel. Pannar is
strategies verbind daartoe om te poog om genoegsame volumes van
die gewasreeks vir kliënte beskikbaar te hê om in beide hul en ons
besigheid se behoeftes te voldoen.
Ten slotte moet ek noem dat ons ‘n lewende biologiese produk
bemark wat interaksie met die natuur het – anders as in ‘n fabriek
waar jy presies kan produseer wat jy benodig. Dit sal altyd ‘n unieke
uitdaging vir ons industrie bly.
Sensako
– mnr Willem Otto (bemarkingskoördineerder)
Sensako se saadvermeerdering van winter-, weiding- en somer-
gewaskultivars vir die plaaslike mark word 100% deur plaaslike
produsente onder Suid-Afrikaanse boerderyomstandighede en
-praktyke hanteer.
Saadaanvrae uit ander Afrika-lande word sover moontlik verskaf
uit die plaaslike beskikbare voorraad van kultivarsaad. Indien
Sensako-kultivars in ander lande geregistreer word, sal saadpro-
duksie deur die samewerkende maatskappye in daardie lande onder
hul toestande oorweeg word.
Saadbehoefte word deur ‘n aantal faktore bepaal:
Die beskikbare en oordragvoorraad van kultivars, tesame met
historiese verkoopsyfers.
Die instandhouding van aanvaarbare voorraadvlakke van vry-
gestelde kultivars om in plaaslike produksiebehoeftes te kan
voorsien.
‘n Vooruitskatting van die toekomstige saadverkope van nuwe
en gewilde kultivars onder verbouing. Die praktyk van terughou-
saad bemoeilik die akkurate bepaling van potensiëlemarkgrootte.
Die geleidelike afskaling van saadvoorraadvlakke van kultivars
wat aan die mark onttrek word en met verbeterde kultivars
vervang word.
39
March 2017