

35
PROMOSIE-ARTIKEL
Met hawer is voervloeiprobleme
iets van die verlede
H
awer (
Avena sativa
) is ‘n baie veelsydige kleingraan wat in die
verlede grootliks vir die graanmark aangeplant is. Weens die
gewas se uitstaande voedingswaarde, word dit deesdae grootliks
as weidingsgewas aangeplant. Veeprodusente kan hawer, wat ‘n
hoë voedingswaarde en relatiewe goeie hergroei-eienskappe besit,
aanplant om voldoende groenvoer vir die winter te produseer.
Wintergraangewasse soos hawer word jaarliks regdeur Suid-Afrika
in groot hoeveelhede aangeplant as winterweiding vir skape, bokke
en beeste. Kleingrane sluit die volgende gewasse in: Hawer, korog
en stoelrog, koring en gars.
Hawer kan in verskillende groeiklasse gedeel word, naamlik lente-
(vinnig), intermediêre en wintertipes (laat tipe). Hawer wat in die
lentetipe-groeiklas val, is nie baie kouebehoeftig nie en sal vinniger
weigereed wees as wintertipes. Hierdie tipes produseer egter nie
groot volumes voer nie en moet ook digter gesaai word, aangesien
hul stoelvermoë laer is as dié van wintertipes. Indien weiding vinnig
benodig word, sal dit raadsaam wees om vir ‘n gedeelte van die
aanplanting van hierdie tipes te oorweeg. Intermediêre en winter-
tipes het ‘n lang kouebehoefte voordat dit reproduktief raak. Laas-
gemelde tipes hawer produseer groter volumes voer as gevolg van
hul stoelvermoë, maar op ‘n later stadium.
Plantdatums moet verkieslik versprei word om te verseker dat al
die aanplantings nie gelyktydig gereed is om bewei te word nie.
Beplanning is van uiterste belang. Die saaidigthede van lentetipes
onder droëlandtoestande is 25 kg/ha tot 40 kg/ha en onder be-
sproeiing 60 kg/ha tot 100 kg/ha (afhangende van die mate van be-
sproeiing). Intermediêre en wintertipes se saaidigthede is 25 kg/ha
tot 40 kg/ha onder droëlandtoestande en 75 kg/ha tot 100 kg/ha
onder besproeiing (afhangende van die mate van besproeiing). Die
vestigingstyd sal van streek tot streek wissel, maar is normaalweg
van middel Februarie tot middel Mei. In die koue areas eindig
planttyd einde April. Hawer kan ook met verskeie gewasse (inslui-
tende peulgewasse) gekombineer word om produksie te verhoog
en die verskeidenheid van voer vir vee te verhoog. Hierdie gewasse
sluit in Japannese radyse, weiwieke en Persiese klawer.
Winterweidinggewasse
Agricol is bekend as die leier in somer- en winterweidinggewasse.
Produsente kan staat maak op die volgende kultivars vir volhoubare
voervloei hierdie winter:
Pallinup en Dunnart
Dié lentetipe hawers is gewoonlik ses tot agt weke na plant
reeds weigereed. Hulle word gekenmerk deur dikker plante wat
minder spruite produseer. Pallinup en Dunnart kan gebruik word
vir beweidings-, kuilvoer- en hooidoeleindes. Pallinup se graan is
ook geskik vir die maak van ontbythawer.
Overberg
Wat ‘n intermediêre-tipe hawer betref, is Overberg in ‘n klas van sy
eie. Die kultivar het ‘n laer kouebehoefte as ‘n egte wintertipe en sal
ook vroeër begin produseer. Overberg is geskik vir produksie onder
droëland en besproeiing.
Magnifico
Hierdie egte wintertipe hawer het ‘n hoë kouebehoefte en produseer
normaalweg smaaklike weiding vanaf Mei tot einde September.
Magnifico kan ook gebruik word vir kuilvoer- en hooiproduksie.
Kleingrane
Die volgende kleingrane is ook belangrik vir winterproduksie:
Stoelrog (Agriblue en Echo)
Dit is ‘n eenjarige wintergraangewas wat laat in die somer gevestig
kan word. Stoelrog word meestal gebruik vir groenvoer vir die
winter tot vroeë lente. Daar bestaan drie tipes stoelrog naamlik kort,
medium en lang rotasietipes.
Korog (Rex en Ag beacon)
Hierdie kruising tussen koring en rog word hoofsaaklik as ‘n wei- of
voergewas gebruik. Korog kan geklassifiseer word as ‘n lente- of
wintertipe graan wat aangepas is by die meeste omgewingstoe-
stande en grondtipes.
Navrae
Skakel gerus een van ons kundige bemarkers vir verdere navrae:
Wes-Vrystaat en Noordwes Provinsie – Henk Crafford (078 459 4833)
Noord-Vrystaat – Johann Badenhorst (060 587 5626)
Vrystaat – Pieter Taljaard (078 019 6950)
Suid-Vrystaat – Dawie du Plessis (071 852 1707)
Noordwes Provinsie – Willem Nel (081 018 3296)
Limpopo en Gauteng – Willem Labuschagne (083 501 0109)
Mpumalanga-Noord – Daneel Fourie (083 461 6671)
Mpumalanga-Suid – Anina Snyman (082 772 5769)
Noord-Kaap en Namibië – Dawie du Plessis (071 852 1707)
KwaZulu-Natal-Noord – Andries van Niekerk (063 299 9929)
KwaZulu-Natal-Suid – Charles Saayman (083 306 5246)
Kleinboer-ontwikkeling – Lawrence Watch (083 977 0536).
JOUBERT SWANEPOEL,
Agricol
Hawer gereed vir beweiding.
Grafiek 1: Piekproduksiefases van verskillende kleingrane gebaseer op ‘n
begin Maart-plantdatum.