

43
March 2017
mielies en sonneblom wat hoogs interafhanklik is van mikorisa. Nog
‘n manier om die mikrobes te stimuleer, is om geen grondversteu-
ring toe te laat nie. Hoe minder die grond versteur word, hoe voor-
deliger vir die opbloei van mikrobes.
Plantdiversiteit beïnvloed ook grondchemie omdat die manier
waarop plante (gewasse) voedingstowwe vanuit die grond opneem
en sirkuleer, verskil. Soos plante groei en volwasse word, begin
van hul reste ontbind en voedingstowwe word vrygestel vir die
vorming van organiese materiaal in die wortelsone.
Diversiteit van gewasse hou ook groot voordele vir die grond in
weens die wortelstruktuur en groeidiepte. Deur die proses van
fotosintese word lugkoolstof en water gebruik om plantweefsel
te ontwikkel. Die plant skei ook ‘n groot persentasie (tot 50%)
van hierdie koolstofbevattende verbindings (fotosintaat) deur sy
wortels af.
Dit voed grondmikrobes wat op en om die wortels leef en dit het
‘n groot invloed op die hoeveelheid en diversiteit van grond-
mikrobes. In ruil daarvoor versamel en voorsien hierdie mikrobes
vir die plant essensiële minerale voedingstowwe uit die grond.
Wortelstelsels van plante of gewasse kan tydens die groeiseisoen
twee maal soveel organiese materiaal by die grond voeg as teen die
einde van die seisoen.
Die bevordering van grondgehalte en gewasproduktiwiteit lê dus
tot ‘n groot mate opgesluit in die teenwoordigheid en afskeidings
van ‘n verskeidenheid lewende wortels in die grondprofiel. Dekge-
wasse of grasrusoeste is ideaal hiervoor en sorg sodoende dat die
profiel permanent met lang en kort wortels gevul is.
Die kort wortels stimuleer grondaggregasie en die opheffing van
grondoppervlakverdigting, terwyl die lang wortels sirkulering van
voedingstowwe, opheffing van dieper verdigte grondlae, waterin-
filtrasie en belugting van die ondergrond bevorder.
Dooie wortels sal dan later ook bydra tot grondorganiese materiaal
en daarom die hoeveelheid en verskeidenheid van mikrobes in die
grond verder bevorder.
Volhoubare gewasproduktiwiteit en -beskerming ver-
eis grond van ‘n hoë kwaliteit wat vol lewe is.
1: Die bydrae en werking van mikrobes bevorder grondstruktuur.
1