

SAADMAATSKAPPYE
VERTEL HOE HULLE
DIT AANPAK
FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
38
Strategieë vir
saadvermeerdering só bepaal
W
atter persentasie van saadvermeerdering geskied
plaaslik en hoeveel in die buiteland en hoe bepaal maat-
skappye die hoeveelheid saad wat vermeerder moet
word en hoeveel van watter kultivar?
Uit die
SA Graan/Grain
-redaksie se skakeling met produsente is
daar dikwels heelwat vrae oor die beskikbaarheid van saad – en
meer spesifiek saad van sekere gewilde kultivars. Ons het die
saadmaatskappye hieroor genader en aan hulle die geleentheid
gebied om te deel wat hul saadvermeerderingsbeleid is.
Almal is dit eens: Buiten dat die verkoops- en bemarkingspanne
van die onderskeie saadmaatskappye hul ore op die grond en
vingers op die pols moet hou om te bepaal wat in aanvraag is,
word markaandeel en historiese verkope ook in ag geneem. Besluite
word nie in isolasie of sonder deeglike beplanning gedoen nie.
Nuwe, verbeterde kultivars word ook deurlopend geëvalueer en aan
die mark bekendgestel.
Me Magda du Toit, korporatiewe betrokkenheids- en kommunikasie-
bestuurder van Monsanto, vat dit mooi saam: “Maatskappye doen
alles in hul vermoë om saadproduksie en saadbeskikbaarheid opti-
maal te beplan, maar dit bly steeds ‘n lewende organisme binne die
natuur waarmee gewerk word.
Hoewel soveel as moontlik van die prosesse presies beplan en onder
beheerde omstandighede gedoen word, bestaan die moontlikheid
altyd dat die natuur kan ingryp en een of ander van die prosesse kan
beïnvloed.”
Agricol
– mnr Erus Hefer (operasionele direkteur)
Agricol se plantsaadreeks bestaan uit een- en meerjarige somer-
grasse en wintergrasse, grasperkgrasse, peul-, wortel-, dekgewasse
en ’n wye reeks akkerbougewasse. In totaliteit bemark die maat-
skappy ongeveer 300 variëteite van verskillende gewasse, waarvan
80% plaaslik geproduseer word en die res ingevoer word.
Behoefte per kultivar word bepaal deur aanvraag, want Agricol se
bemarkingspan is in kontak met produsente. By die maatskappy
geniet navorsing en produkontwikkeling voorrang en daarom is
ons leuse in lyn met ons strategie, naamlik “new-to-the-market
products are the fuel of corporate longevity”.
Nuwe plaaslike en buitelandse saadbronne word voortdurend teen-
oor bestaande wennervariëteite geëvalueer en indien die voordele
van die nuwe variëteit bewys word, sal die kultivar geregistreer
word en verder in plaaslike statistiese en strookproewe op ‘n breër
platform teenoor bestaande produkte in die mark geëvalueer word.
Nuwe variëteite sal dus op grond van prestasie saam met staat-
makervariëteite deur Agricol se bemarkingspan aan produsente
voorgelê word. Sodoende bepaal die produsent na gelang van
prestasie, die daaropvolgende jare se behoefte en só word die
produksiehoeveelhede bepaal.
Met die wisselvallige en swak rand/dollar-wisselkoersverhouding,
is dit uit die aard van die saak voordelig om soveel as moontlik
produksie plaaslik te kontrakteer, maar vir sommige gewasse is dit
ongelukkig nie moontlik nie. Voorbeelde is Rhodesgras en meer-
jarige raaigras – wat ‘n spesifieke klimaat vereis om goeie saad-
produksie te realiseer.
DuPont Pioneer
– mnr Du Preez Kritzinger (bemarkingsbestuurder)
DuPont Pioneer investeer elke jaar beduidend in produksiehulp-
bronne en infrastruktuur, wat die maatskappy in staat stel om die
oorgrote meerderheid van sy saad in Suid-Afrika te produseer. Die
maatskappy gebruik egter sy globale saadproduksievoetspoor om
buite seisoen-produksie in ander dele van die wêreld te benut in
gevalle waar die mark in Suid-Afrika tussen die geel- en witmielie-
mark wissel. Dit stel ons in staat om ons produsente se behoeftes in
‘n veranderende omgewing te diens.
Ons proses rakende die beplanning van saadproduksie begin by
die behoeftes van produsente. Die landboukundiges werk nou
saam met produsente om behoefteseine te ontvang oor volumes
wat in die volgende seisoen geproduseer sal word. Daarby word
die volume per baster deur proefresultate wat ons met produsente
deel, bepaal en die produsent se ervaring met Pioneer se produkte
op hul kommersiële hektare, word ook in ag geneem.
Die maatskappy se beleggings ondersteun plaaslike saadproduk-
sie, verhoog die mededingendheid van die mieliebedryf en
promoveer die groei in die produktiwiteit en effektiwiteit van
saadproduksie in Suid-Afrika.
Klein Karoo Saadbemarking
– mnr Willem Engelbrecht (kommersiële bestuurder:
Agronomies)
Mielie- en sojaboonsaad word in geheel plaaslik geproduseer en
verwerk in ons saadfabrieke op Brits en Bethal. Sorghumsaad en
‘n gedeelte van Klein Karoo se sonneblomsaad word ingevoer.
Die behoeftebepaling ten opsigte van hoeveel en watter kultivar
geproduseer moet word, is ‘n ingewikkelde proses. Die volgende
faktore word in ag geneem:
Die totale grootte van die mark vir die produk: Wit-, geel-,
konvensionele -, Bt-, RR- of BR-kultivar.
Markaandeel en dekking van die mark.
Historiese verkope van die produk.
Die prestasie van die produk die afgelope jaar in proewe en
kommersieel. (Is kliënte tevrede met die kultivar se prestasie en
is daar ‘n groter aanvraag vir die produk in die komende jaar?)
Beplande volumeverkope vir die komende jaar.
Ouderdom van die produk. Is dit ‘n nuwe, groeiende produk of is
dit ‘n produk waarvan die aanvraag afneem?
Daar word ook beplan om ‘n sekere persentasie oor te dra na
die volgende jaar – sodat indien dit ‘n droë jaar is en produksie
laer is of hael aanplantings vernietig, die maatskappy steeds sy
kliënte van saad kan voorsien.
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur:
SA Graan/Grain
SA Graan/Grain-ondersoek