

FOKUS
Saad
Spesiale
Seed
Nuwe sonneblomkultivars
= hoë opbrengspotensiaal
D
uPont Pioneer het onlangs twee nuwe sonneblomkultivars,
PHB 65A70 en P 65LL02, vrygestel.
PHB 65A70
Een van die sterkste eienskappe van dié sonneblom is ‘n hoë
opbrengspotensiaal. Dit is ‘n medium- tot langgroeiseisoenkultivar
wat geskik is vir die droëland-westelike produksiegebiede. Die
kultivar presteer op alle grondtipes, rye moet 0,91 tot 1,5 m wyd
wees met ‘n Oktober-tot-Desemberplantdatum. Die beste plant-
populasie is 35 000 tot 40 000 plante/ha en 50% van die kultivar sal
op 65 dae blom.
Hierdie kultivar se agronomiese eienskappe en siekteverdraag-
saamheid word in
Tabel 1
en
Tabel 2
weergegee.
Die keuse van PHB 65A70 berus op goeie:
Opbrengs en aanpasbaarheid;
groeiperiode en eenvormigheid;
goeie siektetoleransie;
weerstand teen omval;
toon toleransie vir voëlskade; en
dit pas in enige kultivarpakket.
P 65LL02
Hierdie sonneblomkultivar, met groot opbrengsverbetering van
konsep-genetika, is ‘n medium- tot langgroeiseisoenkultivar geskik
vir die droëland-westelike produksiegebiede. Dit presteer op alle
grondtipes, in 0,91 m tot 1,5 m rye, met ‘n plantdatum van Oktober
tot Desember.
Die beste plantpopulasie is 35 000 tot 40 000 plante/ha en dit neem
68 dae tot 50% blom. P 65LL02 se agronomiese eienskappe en
siekteverdraagsaamheid word in
Tabel 3
en
Tabel 4
weergegee.
Die keuse van P 65LL02 berus op goeie:
Opbrengs en aanpasbaarheid;
groeiperiode en eenvormigheid;
goeie siektetoleransie;
weerstand teen omval;
toon toleransie vir voëlskade; en
dit pas in enige kultivarpakket.
45
March 2017
Produk-inligting
PHILIP FOURIE,
landboukundige: DuPont Pioneer
Sekelnek
6
Opbrengspotensiaal
7
Planthoogte
175 mm
Saadvulling
7
Eenvormigheid
6
Proteïenkonsentrasie
17,6
Oliekonsentrasie
42,8
Staanvermoë
8
Kruistipe
3W
Sekelnek
6
Opbrengspotensiaal
8
Planthoogte
175 mm
Saadvulling
7
Eenvormigheid
7
Staanvermoë
8
Kruistipe
3W
Bruinroes
7
Witroes
6
Wortel- en stamsiekte 7
Bruinroes
7
Witroes
7
Wortel- en stamsiekte 7
TABEL 1: BELANGRIKE AGRONOMIESE
EIENSKAPPE VAN PHB 65A70.
TABEL 2: SIEKTEVERDRAAGSAAM-
HEIDSEIENSKAPPE VAN PHB 65A70.
TABEL 3: BELANGRIKE AGRONOMIESE
EIENSKAPPE VAN P 65LL02.
TABEL 4: SIEKTEVERDRAAGSAAM-
HEIDSEIENSKAPPE VAN P 65LL02.
Eienskapsgraderings: Uitstekend = 9 en swak = 1
Siekteverdraagsaamheid: Verdraagsaam 9 - 7;
matig 6 - 4 en vatbaar 3 - 1
Siekteverdraagsaamheid: Verdraagsaam 9 - 7;
matig 6 - 4 en vatbaar 3 - 1
Eienskapsgraderings: Uitstekend = 9 en swak = 1
Grafiek 1: PHB 65A70.
Die rooi stippellyn is die persentasie opbrengsvoor-
deel van PHB 65A70 relatief tot die plaaslike variëteit
oor jare
Gemiddeld oor vier jaar het die plaaslike variëteit
geen betekenisvolle opbrengsvoordeel bo
PHB 65A70 getoon nie (1%)
Die kultivars is stalperde en daarom moet
PHB 65A70 deel van enige kultivarpakket vorm
Meer as een kultivar verlaag risiko in terme van
droogtestremming, siektes en vergemaklik die
stroopproses
Uitstekende resultate in ‘n pakket saam met
P 65LL02
Grafiek 2: P 65LL02.
Rooi stippellyn is die gemiddelde proefopbrengs
van die aantal proewe waaroor P 65LL02 getoets
is, P 65LL02 relatief tot PAN 7049 oor 30 proewe in
twee jaar
Gemiddeld oor twee jaar en 30 proewe toon dat
P 65LL02 ongeveer 70 kg/ha (3,5%) beter gedoen het
as PAN 7049
Die kultivars is stalperde en behoort saam deel van
enige kultivarpakket te vorm
Uitstekende resultate in ‘n pakket saam met
PHB 65A70
Meer as een kultivar in ’n pakket verlaag risiko in
terme van droogtestremming, siektes en vergemak-
lik die stroopproses