

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
42
Gesonde grond, vol lewe, vir
volhoubare gewasproduksie
G
rondgehalte neem die fisiese, chemiese en biologiese
eienskappe van grond in ag. Grondbestuurspraktyke, soos
bewaringslandbou, wat grondgehalte bevorder, kan ‘n
bydrae lewer om gewasopbrengste en gewaskwaliteit te
verseker.
Grondbiologie of grondlewe is afhanklik van grondtoestande en
die gehalte van die voedselbronne. Alhoewel grondorganismes in
swak toestande kan oorleef, reageer hulle skerp op gunstige
toestande. Die streng toepassing van bewaringslandboupraktyke
is krities om die hoeveelheid en diversiteit van grondorganismes
positief te beïnvloed.
Dit bestaan uit minimale grondversteuring – oftewel geenbewer-
king – permanente grondbedekking (deur oesreste of dekgewasse)
en gewasdiversiteit (byvoorbeeld wisselbou en dekgewasse).
Organiese materiaal speel ‘n sentrale rol
in grondgehalte
Grondorganiese materiaal bestaan uit ontbinde plant- en diere-
materiaal, asook ander organiese verbindings wat deur mikrobes
vervaardig word en is die “gom” wat die gronddeeltjies saambind.
Seker die belangrikste bron van grondorganiese materiaal is die
fotosintetiese verbindings wat deur die plantwortels afgeskei word.
Grondfunksies word hoofsaaklik deur grondorganiese materiaal
bevorder.
Gronde met ‘n hoër grondorganiese materiaalinhoud kan beter
water berg, wat dan aan die gewas beskikbaar gestel kan word.
‘n Toename van 1% in grondorganiese materiaal is gelykstaande
aan 150 000 liter/ha beskikbare water, wat ‘n groot verskil kan maak
– veral as droogtetoestande ‘n produksiegebied tref.
Opbou van grondorganiese materiaal
Om grondorganiese materiaal op te bou, is al die drie praktyke
van bewaringslandbou noodsaaklik. Eerstens moet daar verkieslik
verminderde of geenbewerking toegepas word. Voorts moet daar
ook meer gewas- of oesreste op die land agtergelaat word.
Tydens bewerking word grond gewoonlik oormatig belug (suurstof
word in die grond gesit) wat dan die koolstof met die hulp van
mikrobes in die grond oksideer en koolstofdioksied vorm. Die
koolstofdioksied word dan in die atmosfeer vrygestel en koolstof
verlaat die grond en dra by tot aardverwarming.
Die bedekking van oesreste en dekgewasse help om die grond teen
die elemente te beskerm en bevorder só grondgehalte. Oesreste
beskerm die grondoppervlak teen poelvorming, afloop en erosie
tydens swaar reënbuie. Deur die oesreste deur middel van die
grondbiologiese prosesse weer terug in die grond te sit, kan dit
bydra om grondorganiese materiaal op te bou.
Hierdie reste word deur mikrobes verder in die grond afgebreek en
help om die grondstruktuur en -vrugbaarheid te verbeter.
Lewe in die grond
Grondgehalte hang ook af van die hoeveelheid, aktiwiteit en diver-
siteit van grondlewe. Ons sien dat grond verskeie groepe organis-
mes soos onder meer virusse, bakterieë, swamme, protosoë, alge,
aalwurms, erdwurms, kewers en miere kan huisves.
Elk van hierdie organismes speel ‘n belangrike rol in die afbreek
van grondorganiese materiaal en die verwerking van makro- en
mikrovoedingstowwe wat die plant kan benut.
Bakterieë en swamme beslaan die belangrikste en grootste per-
sentasie van mikrobes in die grond. Bakterieë speel ‘n kritiese rol
in die afbreek van residu en herwinning van koolstof, stikstof, fosfor
en ander minerale. Bakteriese aktiwiteit word veral deur die teen-
woordigheid van lewendige plantwortels in die grond gestimuleer.
Die rol van swamme word duidelik geïllustreer deur na die sim-
biotiese verhouding tussen wortels en mikorisa te kyk. Mikorisa
groei in en vanuit die wortels van plante en kan dus as ‘n verlenging
van die plant se wortelstelsel gesien word.
Mikorisa bevoordeel hierdie gewasse deurdat hulle die opname
van grondwater, fosfor en ander minerale soos kalsium, sink en
koper deur die plant fasiliteer.
Die mikorisaswam produseer ook ’n gomagtige suiker wat ons
glomalien noem en wat aggregaatvorming in die grond bevorder
(
Foto 1
). Die produksie van glomalien word gestimuleer deur die
vestiging van ‘n grasrusoes, as deel van bewaringslandbou.
Hierdie simbiotiese verhouding tussen plantwortels en mikorisa
skep ‘n gunstige omgewing vir die vestiging van voordelige rhizo-
bakteriepopulasies wat die gewas in staat stel om beter weerstand
teen siektes te bied.
Grondingenieurs
Erdwurms word gesien as die ingenieurs van die grond vanweë
die dramatiese veranderinge wat hulle op grondstruktuur en -vrug-
baarheid teweegbring. Die grond se struktuur verbeter deur die
tonnels wat hulle grawe terwyl hulle na voedsel soek.
Hulle trek dan organiese materiaal in die grond in – wat grond-
vrugbaarheid verbeter. Erdwurmtonnels help ook om reënwater
vanaf die grondoppervlak te dreineer en om lug op ‘n natuurlike
wyse in die grond te laat. Daar is ook bevind dat mikrobes in die
teenwoordigheid van erdwurms floreer.
Skep van ‘n gesonde grondhabitat
Diverse voedselbronne (verskaf deur ‘n diverse reeks gewasse)
het ‘n voordelige effek op grondlewe. Net een seisoen van wisselbou
of dekgewasse kan ‘n robuuste gemeenskap van grondmikrobes
skep – wat grondkwaliteit vir ‘n periode van tot vyf jaar kan verbeter.
Mikorisapopulasies kan ook bevorder word deur die aanplant
van peulgewasse, wat dan opgevolg kan word met gewasse soos
OWEN RHODE
en
CHARNÉ MYBURGH,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom