1: Droë putvalletjies gebruik om insekte te versamel.
2: Insekte word in morfo-spesies geklassifiseer onder ‘n mikro-
skoop en gekategoriseer.
Van hier dan die term “ekosisteemdiens”, wat beteken dat die in-
sekte ‘n diens aan die produsent verrig deurdat die meer stabiele
biodiversiteit wat deur bewaringslandbou geskep word, potensiële
insekplae kan onderdruk.
Resultate tot dusver wys dus dat die insekbiodiversiteit op die grond
hoër was in bewaringslandbou as onder konvensionele bewerkings.
Die gevolgtrekking kan daarom gemaak word dat bewaringsland-
bou ‘n bydrae lewer tot ‘n toename in biodiversiteit. Dit is egter
nog steeds belangrik om verdere navorsing op ekosisteemdienste
te doen om te bepaal watter voordeel insekte vir produsente inhou
indien bewaringslandbou toegepas word.
Vir enige verder navrae skakel dr Annemie Erasmus
by 018 299 6113. Ek wil ook graag my dank betuig aan
Heidi Meyer wat die bogenoemde data versamel het.
1
2