Background Image
Previous Page  94 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 94 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2016

92

Insekte – ‘n ekosisteemdiens

vir bewaringslandbou

G

ronderosie is ‘n groot omgewingsprobleem in Suid-

Afrika wat grond- en waterbronne direk beïnvloed. Boer-

derypraktyke is aan die verander om water- en winderosie

te verminder en dit gaan gepaard met verandering in

insekspesies en -populasies.

In terme van gewasbeskerming bied

bewaringslandbou ‘n totale ander habitat

wat insekte moontlik kan lok en ondersteun

in vergelyking met konvensionele bewer-

king. In ‘n bewaringslandbousisteem is

die grond koeler en natter in die somer,

terwyl dit in die winter warmer asook

natter is as gevolg van plantreste op die

grondoppervlak.

Weens ‘n gebrek aan kennis is daar tans

onsekerheid oor hoe insekpopulasies op

bewaringslandbou gaan reageer en hoe

om dit te beheer. Drie aspekte beïnvloed

die insekpopulasie, naamlik of die habitat

van insekte aan meganiese versteuring on-

derwerp word of nie, die teenwoordigheid

of gebrek aan plantreste en die eventuele

onkruidgemeenskappe wat ontstaan weens

die tipe bewerking (konvensioneel of

geenbewerking).

Die doel van ‘n onlangse studie was om

morfo-spesies wat voorgekom het in

konvensioneel bewerkte lande en bewa-

ringslandboulande met mekaar te vergelyk

deur te kyk na insekdiversiteit. Die insekte

was dus nie tot op spesievlak geïdentifiseer

nie, maar was in morfo-spesies verdeel op

basis van morfologiese eienskappe.

Insekte is versamel deur gebruik te maak

van droë putvalletjies (

Foto 1

) wat in

die grond begrawe word om sodoende

insekte wat op die grond teenwoordig is,

te vang. Insekte is versamel op vyf loka-

liteite naamlik, Ottosdal, Vredefort, Hart-

beesfontein, Sannieshof en Kroonstad. Die

totale aantal morfo-spesies en die totale

aantal insekindividue is getel en met mekaar

vergelyk (

Foto 2

).

‘n Totaal van 9 843 insekindividue, in

120 morfo-spesies van 13 verskillende

insekordes is versamel. By al vyf lokaliteite

was die aantal insekindividue hoër vir

bewaringslandbou in vergelyking met die

konvensioneel bewerkte lande en in vier

van die vyf lokaliteite was die aantal morfo-

spesies ook hoër (

Grafiek 1

en

Grafiek 2

).

Hieruit kan dus afgelei word dat bewa-

ringslandbou die potensiaal het om insek-

biodiversiteit te bevoordeel.

Die ideaal is om die beste praktyke te implementeer wat insek-

biodiversiteit bevoordeel of regenereer. Deur die insekbiodiversiteit

te verhoog, word die risiko vir insekplaaguitbreke verlaag en word

daar sodoende ‘n meer stabiele insekomgewing geskep.

OP PLAASVLAK

Insekte / Bewaringslandbou / Boerderypraktyke

Bewaringslandbou

ANNEMIE ERASMUS

en

HEIDI MEYER,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

Grafiek 1: Die totale aantal individuele insekte in bewaringslandbou in vergelyking met

konvensionele boerdery.

Grafiek 2: Die totale aantal morfo-spesies in bewaringslandbou in vergelyking met

konvensionele boerdery.