Background Image
Previous Page  91 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 116 Next Page
Page Background

89

March 2016

Hierdie navorsing is moontlik gemaak met die befondsing van die

Wintergraantrust en Landbounavorsingsraad.

Grafiek 3: Maksimum temperature vir 2015 in vergelyking met die vyf jaar

gemiddelde maksimum vir Prieska.

Grafiek 5: Gemiddelde temperature vir 2015 in vergelyking met die vyf jaar

gemiddeld vir Prieska.

Grafiek 4: Maksimum temperature vir 2015 in vergelyking met die vyf jaar

gemiddelde maksimum vir Koedoeskop.

Grafiek 6: Gemiddelde temperature vir 2015 in vergelyking met die vyf jaar

gemiddeld vir Koedoeskop.

Navorsing dui egter dat die toename in daaglikse minimum

temperature ‘n groter effek het op graanproduksie as maksimum

dagtemperature. Graanopbrengs korreleer negatief met ‘n toe-

name in minimum nagtemperature, soos waargeneem in die

2015-produksieseisoen (sien Grafiek 1 en Grafiek 2).

Daar moet egter ook daarop gelet word, dat die gemiddelde

temperature vir die 2015-seisoen hoër as die afgelope vyf jaar-

gemiddeld was, wat verder bygedra het tot ‘n afname in opbrengs

en vetkorrelpersentasie.

Daar word voorspel dat Suid-Afrika eers gedurende die herfs van

2016 noemenswaardige reënval sal kry. Ons kan net hoop dat dit

wel die geval is en dat die temperature ook sal normaliseer voor die

gars- en koringseisoen begin.

By die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) streef ons egter daarna

om nuwe kultivars vry te stel wat goeie opbrengste kan realiseer in

selfs moeilike produksiejare.

In 2017 sal daar twee nuwe hoë-opbrengskultivars beskikbaar wees

(

Foto 1

). Renoster is ‘n kort strooikultivar wat opbrengste van tot

12 t/ha kan realiseer. Koedoes is ‘n medium strooikultivar wat ook

opbrengste van tot 12 t/ha kan produseer.

Beide hierdie twee kultivars het kort groeiperiodes. Die huidige

kultivar, Duzi, word as ‘n medium na kort groei-

seisoenkultivar geklassifiseer. Renoster en Koedoes

is egter sewe tot tien dae voor Duzi stroopgereed.

1: ‘n Voorbeeld van Koedoes (links) en Renoster (regs).

...die toename in daaglikse minimum

temperature ‘n groter effek het op

graanproduksie as maksimum

dagtemperature.

1