Background Image
Previous Page  90 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2016

88

Hitte kniehalter

gars- en koringproduksie

in die besproeiingsgebiede

D

ie meeste produsente sal saamstem as ons sê dat 2015 nie

‘n jaar was wat ons gou sal vergeet nie. Dit was ‘n besonder

moeilike seisoen vir ons gars- en koringprodusente, met

baie warm, droë toestande wat die land oorweldig het.

Die droogte wat oor groot dele van die land strek, het gelei tot die

verklaring van vier provinsies as rampdroogtegebiede. Die meeste

van ons het seker al foto’s gesien van die geweldige droogte in die

Vrystaat. Die Wes-Kaapse provinsiale kabinet het ook die nasionale

regering formeel genader om die provinsie as ‘n rampgebied te

verklaar. Dit sal produsente in staat stel om aansoek te doen vir

finansiële ondersteuning van regeringskant.

Die besproeiingsgebiede van Suid-Afrika het ook ‘n ongewone

winter ondervind. Die minimum temperature was nie so laag

soos wat verwag is nie (

Grafiek 1

en

Grafiek 2

). In die Vaalharts-

besproeiingskema was dit opmerklik hoe lank die pekanneutbome

hulle blare behou het. Toe die bome uiteindelike kaal was, was dit

maar net ‘n paar weke voor die bome begin bot het.

Hierdie matige winter is gevolg deur periodes met geweldige hoë

temperature, veral gedurende die korrelvulperiode (

Grafiek 3

en

Grafiek 4

).

Soos verwag, het beide gars en koring ondergemiddelde oeste

gerealiseer, maar die grootste bekommernis vir die garsoeste was

‘n lae vetkorrelpersentasie. Beide die hoeveelheid korrels per aar en

korrelgrootte word deur hittestres beïnvloed.

Produsente kon eenvoudig nie byhou met die plante se hoë

waterbehoefte nie. In baie gevalle is ‘n vetkorrelpersentasie van

slegs 40% gestroop. Van die garsoeste is direk as veevoer gelewer,

aangesien dit eenvoudig nie winsgewend was om die saad te sif om

sodoende die vetkorrelpersentasie te verhoog om moutgraad te

verkry nie.

Van die produsente wat bietjie later gesaai het, het beter oeste

gerealiseer as van hul bure wat in die normale plantvenster gesaai

het. Die later aanplantings het van die hoë temperature vrygespring

gedurende die kritiese ontwikkelingstadiums en hoër opbrengste

gerealiseer (

Grafiek 5

en

Grafiek 6

).

Hittestres gedurende korrelvulperiode affekteer die meeste

fisiologiese funksies van ‘n plant. Fotosintese (die omskakeling van

ligenergie na koolhidrate) asook die translokasie van voedingstowwe

word beide beduidend geïnhibeer deur hoë temperature.

Blaarveroudering daarenteen word versnel deur hittestres. Hierdie

vinnige verlies van groenblaarmateriaal tesame met die inhibisie van

fotosintese, lei tot merkbaar minder koolhidraatproduksie en dus ‘n

afname in opbrengs.

Die graanvulperiode word ook verkort deur verhoogde temperature.

In baie gebiede het produsente drie tot vier weke vroeër as gewoonlik

geoes. Hierdie verkorte periode vir graanvul lei ook tot ‘n afname in

opbrengs, aangesien die tyd wat die plant benodig om hulpbronne

vas te lê, verkort word.

OP PLAASVLAK

Hitte / Koringproduksie / Garsproduksie / Besproeiing

Produksie

KIM COETZEE,

LNR-Kleingraaninstituut, Stellenbosch

Grafiek 1: Minimum temperature vir 2015 in vergelyking met die vyf jaar

gemiddelde minimum vir Prieska.

Grafiek 2: Minimum temperature vir 2015 in vergelyking met die vyf jaar

gemiddelde minimum vir Koedoeskop.