Background Image
Previous Page  100 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 100 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2016

98

BESTE OESSKATTING IN JARE

D

ie 2014/2015-produksieseisoen het afgeskop met die ver-

wagting dat gemiddelde tot bogemiddelde oeste in die

somergraanproduserende gebiede kan realiseer. Omstan-

dighede het egter handomkeer verander en Suid-Afrika

het deur ‘n buitengewoon-strawwe en uitgerekte midsomerdroog-

teperiode, veral in die westelike dele van die land, gegaan.

Die kommer met betrekking tot hierdie midsomerdroogte was dat

Suid-Afrika se ondergrondvogtoestande oor die algemeen alreeds

onder hewige druk was en dat hierdie ondergemiddelde reënval

nog verdere stremming op somergraangewasse sou plaas. Die

uiterste hitte en droë toestande het tydens die bestuiwingsfase van

die somergewasse voorgekom en opbrengste is negatief beïnvloed.

Reënval het in die vorm van donderbuie voorgekom en geen wyd-

verspreide reën is ontvang nie. Dit het meegebring dat lande langs

mekaar vanaf baie mooi tot uiters swak vertoon het.

Met inagneming van bogemelde wisselende omstandighede, is dit

die taak van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) om soveel as

moontlik inligting/data in te samel om sodoende akkurate en tydige

oesskattings daar te stel.

Vanuit die perspektief dat verlede seisoen as een van die moeilikstes

beskou is, word daar in hierdie artikel gepoog om te kyk hoe die

NOK sedert die bekendmaking van die eerste produksieskatting tot

die finale mielie-oes verander en afgewyk het.

Verloop van die

2014/2015-produksieseisoen

Onderskatting van die witmielie-oes

In

Grafiek 1

kan die maandelikse syfers ten opsigte van die pro-

duksieskatting vir witmielies, vanaf die eerste skatting (Februarie)

tot die finale skatting (September), soos bekend gemaak deur die

NOK, gesien word. Die rooi lyn dui die gerealiseerde witmielie-

produksiesyfer aan en die verskil tussen dié syfer en die maandelik-

se skattings is duidelik sigbaar.

Soos reeds genoem, het die uiters droë toestande grotendeels

in spesifiek die westelike dele van die land, waar hoofsaaklik wit-

mielies aangeplant word, voorgekom. Witmielie-opbrengste is dus

baie nadelig beïnvloed en graanprodusente in hierdie dele van die

land het ondergemiddelde oeste gelewer.

Die NOK het ‘n puik taak verrig en het die impak van die droogte

so gou moontlik aan die mark deurgegee. Die eerste skatting in

Februarie 2015 was 4,696 miljoen ton terwyl die werklike groot-

te van die finale oes (soos 11 Februarie 2016 bekend gemaak)

4,735 miljoen ton was. Hul skattings was besonder akkuraat,

aangesien dit deurentyd minder as 2% vanaf die gerealiseerde

witmielieproduksiesyfer afgewyk het.

Onderskatting van die geelmielie-oes

Anders as in die westelike dele, het die oostelike dele van die

land, waar geelmielies hoofsaaklik geplant word, meer gunstige

weersomstandighede gedurende die 2014/2015-somerreënvalsei-

soen ervaar.

In

Grafiek 2

kan die maandelikse produksieskattingsyfers vir geel-

mielies gesien word. Oor die algemeen is relatiewe goeie geel-

mielie-opbrengste behaal en is die toename in die maandelikse

geelmielieproduksieskattingsyfers duidelik sigbaar in die grafiek.

Die NOK se eerste skatting vir geelmielies in Februarie was

4,969 miljoen ton. Soos die gunstige landboutoestande in die oos-

telike dele van die land voortgeduur het, het die verwagte geel-

mielie-opbrengste ook toegeneem.

AKTUEEL

PETRU FOURIE,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis: Graan SA

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie

– Lizette Nel 2015

Anders as in die westelike dele, het die oostelike dele van die land, waar geelmielies hoofsaaklik geplant word,

meer gunstige weersomstandighede gedurende die 2014/2015-somerreënvalseisoen ervaar.