Background Image
Previous Page  101 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 101 / 116 Next Page
Page Background

99

March 2016

Grafiek 1: Witmielies: Maandelikse produksieskattings

versus

finale skatting (2014/2015-

produksieseisoen).

Grafiek 2: Geelmielies: Maandelikse produksieskatting

versus

finale oes (2014/2015-

produksieseisoen).

Grafiek 3: Die persentasie oor/onderskatting van die mielie-oes teenoor die beraamde finale oes

(2014/2015-produksieseisoen).

Die Nasionale Oesskattingskomitee

(NOK) is ‘n onafhanklike komitee van

die Departement van Landbou, Bos-

bou en Visserye. Dit is nie ‘n komitee

van Graan SA nie.

Die NOK het die verwagte geelmielie-oes

vanaf sy eerste skatting tot die werklike

grootte van die finale oes (5,220 miljoen)

met ‘n skrale 251 100 ton verhoog.

Norm waarbinne die NOK

moet skat

In Suid-Afrika het die graanbedryf ‘n norm/

grens vir die NOK gestel waarbinne die

oesskattings moet wees, naamlik om vanaf

die eerste tot die vierde skatting (Februarie

tot Mei) nie meer as 8% vanaf die finale

oes af te wyk en om vanaf die vyfde tot

die agtste skatting (Junie tot September)

nie meer as 5% vanaf die finale oes af te

wyk nie.

Grafiek 3

dui die boonste en onderste

aanvaarbare grens waarbinne die NOK moet

wees, aan. Indien die skatting (syfer) op ‘n

groter afwyking as die toelaatbare norm/

grens dui, kan daar met retrospeksie na ‘n

oor- of onderskatting verwys word.

In die grafiek kan gesien word dat die

afgelope seisoen se skattings uitsonderlik

goed gedoen is en dat die komitee binne die

gestelde norme vir die afsonderlike skat-

tings vir wit- en geelmielies was – vanaf

Februarie tot en met die einde van die

seisoen. Dit bring verder mee dat die totale

mielie-oes vanaf die eerste skatting tot

die finale skatting ook baie mooi tussen

die voorgestelde norme beweeg het.

Slotsom

Hiermee wil ons die graanprodusente met

die vertroue laat dat die NOK hulle beste

gee om akkurate skattings daar te stel.

Geen instansie in Suid-Afrika is beter as

hulle vir hierdie taak gerat nie. Die afgelope

seisoen se skattings kan as die beste in

jare beskou word en Graan SA wil graag sy

dank aan die NOK rig vir die belangrike taak

waarmee hulle besig is.

Produsente word aangemoedig om, indien

hulle nie alreeds aan die oesskattingspro-

ses deelneem nie, asseblief die vraelyste

wat aangestuur word, te voltooi. Indien jy

nie die vraelys ontvang nie, kontak

Rona Beukes, lid van die NOK, gerus by

012 319 8032 of stuur vir haar ‘n e-pos na

ronab@daff.gov.za .

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie