Maart 2016
96
AKTUEEL
Volgens prof Hennie Snyman (Vee-, Wild-
en Weidingkunde, Universiteit van die
Vrystaat) moet produsente besef dat die
weidingskapasiteit van sy plaas nie die-
selfde gaan wees as voor die droogte nie en
hy sal baie minder diere kan aanhou.
Die tempo van veldherstel is gekoppel aan
opvolgreënval, terwyl veldbestuur, vee-
belading en veldtoestand ook baie be-
langrik is. Met swak veldbestuur, sal hierdie
toestand voortduur vir ten minste die
volgende jaar of twee of selfs langer.
Effektiewe weiveldbestuur is die wag-
woord vir vinnige veldherstel sodat die
plantbedekking weer tot normaal kan
terugkeer en optimale produktiwiteit kan
handhaaf. ‘n Wetenskaplik-gefundeerde
veldbestuurstelsel sal deel van die beplan-
ning moet uitmaak – wat onder andere lang
rusperiodes insluit.
Só ‘n weidingstelsel dien as vroegtydige
waarskuwing om diere betyds te ver-
minder. Hou altyd by ‘n veebelading in
ooreenstemming met die veldtoestand en
dus die veld se weidingkapasiteit, terwyl
aanpassings deurentyd volgens die reënval
moet geskied.
Veld in goeie toestand kan slegs deur
optimale weiveldbestuur oor die langtermyn
verkry word en hierdie veld se weerstand
teen droogtes is baie hoër as dié van veld
wat normaalweg onder druk verkeer.
Hoe beter die toestand (gesondheid) van
die weiveld voor die droogte, hoe vinniger
sal veldherstel na die droogte weer
kan plaasvind. As daar nie ‘n goeie be-
weidingstelsel vir die plaas bestaan nie, is
dit nou ‘n goeie tyd om met een te begin.
Sosio-ekonomiese gevolge
Dit is so dat alles deesdae in rand en sent
gemeet word. Die droogte het verseker ook
‘n reuse impak op alle produsente se sakke.
Nie net die produsente gaan die effek voel
nie, maar ook mevrou-dokter in Sandton
en meneer-prokureur in die nuwe, mooi
geboue in die ooste van Pretoria.
Die hele ekonomie is gekoppel en as dit
in een bedryf sleg gaan, voel al die ander
bedrywe dit ook. Die graanbedryf het die
afgelope paar jaar hul produkte op uit-
voerpariteitsvlakke aan die mark gelewer.
Met hierdie droogte het die prys sommer
dramaties na invoerpariteitsvlakke gestyg.
Verder is heelwat van hierdie produkte
uitgevoer – wat die wisselkoers en beta-
lingsbalans ondersteun het. Hierdie onder-
steuning is weens die droogte weg en daar
word verwag dat die wisselkoers hieroor
nog meer kan verswak.
Grafiek 1: Gemiddelde seisoenale reënvalafwyking (mm) vir die Vrystaat (Julie 1900 tot Junie 2015).
Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens
Die Suid-Afrikaanse gemeenskap het saamgestaan en mededeelsaamheid getoon. Voer en water
is op groot skaal na produsente in nood aangery.
Grafiek 2: Gemiddelde seisoenale reënvalafwyking (mm) vir die Noordwes Provinsie
(Julie 1900 tot Junie 2015).
Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens
Watter “goed” het uit die droogte gekom?