Background Image
Previous Page  97 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 97 / 116 Next Page
Page Background

Watter “goed” het uit die

droogte gekom?

D

roogte bring ook altyd iets goeds na vore. Ja, daar is baie

slegte dinge wat gepaard gaan met ‘n droogte. Niemand

ontken dit nie. Tog het hierdie 2015/2016-droogte ons weer

eens laat besef hoe afhanklik ons van die natuur en ons

Skepper is. Nie net die produsente nie, maar ook die insetverskaffers

en gemeenskappe voel die effek.

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap, produsente en buurmanne het

saamgestaan en mededeelsaamheid getoon. Voer en water is op

groot skaal na produsente in nood aangery.

Droogteramphulpfonds

Agri SA is sedert Augustus verlede jaar besig om aan verskeie

fronte aandag te gee aan die erge droogte en ‘n taakspan is

saamgestel om gebeurlikheidsplanne in samewerking met die

regering op te stel.

Die Senwes en Agri SA Droogteramphulpfonds is in werking

gestel en ’n fondsbestuursplan is ontwikkel om die toekenning van

fondse volgens duidelike riglyne en voldoeningsmaatreëls in die

provinsies te bestuur.

Produsente kan via hulle plaaslike boereverenigings by die Droogte-

ramphulpfonds aansoek doen. Let wel: Produsente hoef nie lid van

die boerevereniging te wees om aansoek vir fondse te doen nie.

Die organisasie help met die mobilisering en bewusmaking van

die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap om voer en ander vorms

van humanitêre hulp te skenk en om geldelik tot die Droogteramp-

hulpfonds by te dra.

Daar is veral van sosiale media gebruik gemaak om ‘n bewustheid

onder die publiek te skep. Besoek gerus Agri SA, asook Christo van

der Rheede (adjunk uitvoerende direkteur: Agri SA), se

Facebook

-

bladsy vir watter aksies deur die provinsies geloods is en ook om

foto’s te sien van skenkings wat gemaak is.

Hand in eie boesem steek

Produsente is in hierdie tyd egter gedwing om self na hul besighede

te kyk. “Waar gaan die geld heen? Watter nie-noodsaaklike itgawes

is daar? En hoe kan ons die uitgawes afbestuur?” is van die vrae wat

gevra is.

Die droogte het tot gevolg dat die belangrikheid van die landbou-

sektor weer onder die loep geneem is. Voedselpryse het die

hoogte ingeskiet en kan nog styg. Wie het om te verkoop, sal die

voordeel kry.

Finansiering

Wat finansiering betref, word die finansiële instellings, soos banke,

deur streng regulatoriese maatreëls beheer. Dit maak dit vir die

finansiële instellings moeilik om die kredietkriteria aan te pas.

Tog het al die finansiële instellings gaan kyk hoe hulle die krediet-

verskaffingsmaatstawwe kan aanpas om nog steeds binne die

regulatoriese reëls te pas en om produsente, waar moontlik, te

kan help.

Volgens mnre Loffie Brand (ABSA) en Dawie Maree (FNB) kyk

finansiële instellings op ‘n individuele basis na landbou en pro-

dusente. Verskeie opsies bestaan om produsente te help, soos

byvoorbeeld herskedulering van lenings, kapitaalmoratoriums

en konsolidasie. Hierdie opsies sal egter van individu tot individu

verskil.

Daar word steeds gekyk na solvabiliteit, likiditeit en terugbetaal-

vermoë. Dit sal die opsies bepaal. Finansiële instellings poog

om kliënte sover moontlik te help sodat hulle kan bly produseer.

Die finansiële instellings doen ‘n beroep op produsente om hul

vroegtydig te besoek en hul finansiële sake te kom bespreek.

Insetverskaffers

Buiten dat insetverskaffers se verkope dié jaar nie so hoog was

nie, voel hulle die effek van die droogte ook op ‘n ander manier:

Baie voorraad is verlede jaar bestel, maar produsente het nie

die middele kom koop om te gebruik nie. In dieselfde tyd het die

internasionale pryse, as gevolg van die laer olieprys, begin daal met

die gevolg dat die waarde van die voorraad onder skoot kom.

Hulpbronne

Voldoende reën gee lewe. Ons sien nou die effek van ‘n paar jaar se

ondergemiddelde reënval in die natuur. Dit word mooi in

Grafiek 1

en

Grafiek 2

(wat die laaste klompie jare se reënvalafwykings van

die gemiddelde reënval gee) aangedui. Dit is hoekom die natuurlike

hulpbronne so swaar kry.

Die hulpbronne sal oor tyd herstel, maar dit moet bestuur word. ‘n

Baie belangrike aspek wat die produsent ten alle tye in gedagte moet

hou, is dat dit nie sommer net gras reën na ‘n droogte nie. In sekere

dele is die weidingplant oor die drempel van oorlewing gestoot

waar dele of selfs algehele graspolafsterwings plaasgevind het.

Indien die graspol dood is, sal die grasplante weer van saad af moet

ontkiem, wat ‘n baie lang periode sal neem om tot volwassenheid te

ontwikkel om weer volhoubaar te kan produseer. Die bestuur van die

beweiding van die veld is daarom krities.

95

March 2016

AKTUEEL

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker en

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Raak betrokke by die

Droogteramphulpfonds

Vir navrae oor:

Korttermynintervensies met betrekking tot droogtehulp

en verwante aksies:

Christo van der Rheede by

christo@

agrisa.co.za

Donasies:

Phyllis Strydom by

phyllis@agrisa.co.za

Kriteria en prosesse met betrekking tot allokasie van

fondse:

Willie Jacobs by

willie@agrisa.co.za

Voerskenkings:

Kobus Visser by

kobus@agrisa.co.za

Vervoerskenkings:

Willem le Roux by

willem@agrisa.co.za

Ander vorms van humanitêre hulpverlening:

Elize van der

Westhuizen by

elize@agrisa.co.za

Nuwe-era boere:

Livhu Ngwekhulu by

livhu@agrisa.co.za