Background Image
Previous Page  65 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 116 Next Page
Page Background

63

March 2016

...die verkeerde kalf kan

nie reg gevoer word nie...

Watter faktore beïnvloed speenkalfpryse?

D

ie voerkraalbedryf koop, voer en

slag omtrent 1,6 miljoen kalwers

jaarliks en lewer graag ‘n 260 kg

A2/A3-karkas wat voldoen aan die

breë mark se behoefte – alhoewel daar af-

wykings kan wees vir spesifieke markte.

‘n Vraag wat altyd onstaan is hoe die voer-

krale ‘n sekere prys vir kalwers bepaal en

hoekom dit van tyd tot tyd verander?

Die gemiddelde kalfaankoopmassa is

235 kg, wat tussen 110 kg - 115 kg van die

finale karkas uitmaak, terwyl 145 kg - 150 kg

in die voerkraal aangesit word. Die voer-

kraaloperateur weet naastenby wat sy

produksiekoste gaan wees om 145 kg aan te

sit, asook hoe die spesifieke kalf in die voer-

kraal behoort te presteer.

Ekonomiese markfaktore en inherente eien-

skappe van elke dier – wat sy produksie-

doeltreffendheid kan beïnvloed – maak die

kalf meer of minder geskik om winsgewend

gevoer te kan word.

Daar is daarom nie een prys vir speenkal-

wers nie. Die prys word hoofsaaklik deur die

volgende faktore bepaal:

Ekonomiese faktore

Huidige en verwagte graanpryse (plaas-

lik en internasionaal)

Vooruitgeskattevleispryse(asook pluim-

veepryse)

Ekonomiese faktore wat vraag na vleis

kan beïnvloed (rente en inflasie)

Wêreldvleishandelstendense, invoerpry-

se en voorrade

Invoerpryse en wisselkoerse

Eienskappe van die dier

Eienskappe van die dier wat die ekonomiese

toevoeging van 145 kg tot die karkas gaan

beïnvloed en sy geskiktheid vir die beoogde

mark, is:

Kalfaankoopmassa

Ouderdom

Rastipe/rypheidstipe (vroeg, interme-

diêr, laat)

Geslagmengsel van groep (100% tollies

is ideaal)

Kondisie (droog

versus

vet)

Historiese voerkraalprestasie – indien

enige

Plaasbestuursregime vooraf

Gesondheidstatus/fisiese gebreke/para-

siete/verwagte mortaliteite

Aankoopgebied

Vraag en aanbod in die gebied (beskik-

baarheid van weiding)

Veiling

versus

uit die hand

Afstand van die voerkraal

Grootte van groep kalwers aangebied

Vorige gesondheidsgeskiedenis van die

gebied (masels, longtoestande, bos-

luise en parafilaria)

Tegnologie toegepas deur

die voerkraal

Voerformulerings

Prosessering van voerbestanddele

Bymiddels en groeibevorderaars

Gesondheidsbestuursprogramme (plus

entingsprogram)

Spesifieke voerkraal-

vereistes

Spesifieke markvereistes

Weiding beskikbaar vir kalfuitgroei

(

backgrounding)

Voorraadvlakke

Karkasproduksiekoste

Die oorkoepelende bepalende begrip is:

Kan 145 kg gewig ekonomies bygevoeg

word om die ideale karkasmassa te bereik?

Die ou beginsel van “die verkeerde kalf kan

nie reg gevoer word nie” is nou net so van

toepassing soos in die verlede.

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie –

Annali de Necker 2011

DAVE FORD,

uitvoerende direkteur: SA Voerkraalvereniging

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale