58
Maart 2016
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
Veterinêre dienste in die
elektroniese era
G
raanprodusente het reuse verbeterings gemaak in die op-
brengs en doeltreffendheid van graanproduksie oor die
afgelope 30 jaar. Die veebedrywe het ook verbeter, maar
daar was nie só ‘n groot tegnologiese vordering soos in die
graanb dryf nie.
Een van die hoofoorsake is die feit dat produsente nog steeds baie
vrektes as gevolg van veesiektes het. Deur die elektroniese netwerk
en sosiale media aan te wend, kan hierdie probleem redelik be-
stuur word.
Onder leiding van die Veeartsnetwerk is daar in die afgelope drie
jaar baie vordering gemaak met die monitering van die voorkoms
van veesiektes op ‘n nasionale basis – wat nou die geleentheid bied
vir die daarstel van ‘n vroeë-waarskuwingstelseldiens wat deur vee-
artse gelewer kan word.
Siekterapportering deur veeartse
Siektes kom nie as geïsoleerde of losstaande gevalle voor nie. Dit
volg baie spesifieke patrone wat verskil van seisoen tot seisoen en
van distrik tot distrik. Om die belang van spesifieke siektes te ver-
staan, moet dit visueel voorgestel word om ‘n geheelbeeld van die
omvang van die probleem te kan skep.
Tot baie onlangs was dit nie moontlik om ‘n vinnige oorsig te kry
oor die belang van individuele siekteprobleme in die land nie. Met
die totstandkoming van siekterapportering deur veeartse wat lede is
van die Herkouer Veearts Vereniging, het die prentjie verander. Nou,
met die toewyding van meer as 130 veeartspraktyke wat reg deur
die land versprei is en wat elke maand rapporteer, kan daar ‘n mak-
lik-verstaanbare geheelbeeld van enige siekte geskep word soos in
Figuur 1
. Hierdie is net ‘n beperkte voorbeeld vir een siekte en net vir
die Vrystaat. Wat wel nou beskikbaar is, is só ‘n oorsig vir elke siekte
en elke distrik waar daar ‘n veearts is wat maandeliks rapporteer.
Daar is nou ook van elektroniese tegnologie en sosiale media ge-
bruik gemaak om ‘n toepassing te skep waartydens enige siekte-
uitbreke of individuele gevalle dadelik per selfoon gerapporteer kan
word. Die inligting word dan ook onmiddellik by die distrik bygevoeg
(Hoopstad word in die voorbeeld gebruik) asook die nasionale siek-
teoorsig (
Figuur 2
).
In die voorbeeld waar knopvelsiekte in die Hoopstad-distrik as voor-
beeld gebruik is, kan daar ook nou gesien word dat daar ‘n paar
maande gelede ook ‘n groot uitbreek van knopvelsiekte was.
Vroeë-waarskuwingstelsel
Sodra ‘n siekte gerapporteer is, kan die ratte van die vroeë-waarsku-
wingstelseldiens in werking gestel word en kan die nodige aksies
geneem word.
Aksies wat geneem word met die uitbreek van knopvelsiekte in ‘n
spesifieke distrik is byvoorbeeld:
Verwittig alle beesprodusente in die distrik wat op die databasis
van die veearts is deur die elektroniese Veeartsnetwerkstelsel.
Gee besonderhede van die bestellingsprosedure vir entstof deur
asook die afsnydatum vir bestellings (gewoonlik twee dae).
Volg een dag later per telefoon of SMS op.
Bestel entstof vir afhaal deur beesprodusente by die veearts se
praktyk.
Ent mees vatbare diere dadelik en gee skraagdosis vir diere wat
voorheen geënt was.
DANIE ODENDAAL,
direkteur: Veeartsnetwerk
BELANGRIKHEID VAN DIE SIEKTEPROBLEEM
Geen probleem
0 gevalle
Klein probleem
1 geval
Matige probleem
> 1 geval
Groot probleem
> 10 gevalle
Figuur 1: ‘n Voorbeeld vir een siekte wat in die Vrystaat gerapporteer is.
Voorbeeld van ‘n bees met knopvelsiektes.
Sleutel tot Figuur 1.