Maart 2016
68
Omgekrapte weerpatrone en
verwoestende stofstorms:
Die oplossing
lê reg onder ons voetsole
S
uid-Afrika het waarskynlik nog nooit die uiterste vlakke
van weerpatrone en stofstorms ervaar soos in die huidige
seisoen nie. Temperature het rekordvlakke bereik te midde
van ‘n ernstige droogte oor omtrent die hele somersaai-
gebied heen. Terselfdertyd het stofstorms mens, dier en plant amper
op ‘n weeklikse basis geteister.
Daar is alreeds verskeie teorieë oor hierdie situasie geformuleer,
veral oor die omgekrapte weerpatrone. Die mees algemeen-
aanvaarde teorie is dat ‘n samevloei van drie faktore hierdie uiterste
weerstoestande veroorsaak het, naamlik: Aardverwarming, wat
alreeds hoër temperature tot gevolg het, die El Niño-effek wat
hierdie jaar die ergste tot nog toe is, asook normale weersiklusse,
waarvolgens ons nou in ‘n droë siklus is.
Minder is egter geskryf en gesê oor die stofstorms, oftewel die
werklike of bydraende oorsaak en impak van die stofstorms. Met
hierdie artikel word gepoog om dieper wetenskaplike insigte en
oplossings oor die aspekte, wat almal kernbelangrik vir ‘n volhou-
bare landbousektor is, te bied.
Die artikel probeer verder om op ‘n nuwe manier na die probleem te
kyk – wat die oplossing baie logies en haalbaar maak. ‘n Belangrike
slotsom is dat landbou, en veral graanprodusente, een van die
min praktiese oplossings bied om hierdie massiewe uitdagings
van ons tyd reg aan te spreek om ‘n positiewe, langtermynimpak
op aardverwarming, grondagteruitgang en biodiversiteitsverlies
te maak.
Aardverwarming
Te veel koolstof in die atmosfeer, in die vorm van kweekhuisgasse
soos koolstofdioksied (CO
2
), metaan (CH
4
) en nitrietoksied (N
2
O)
veroorsaak dat die aarde oorverhit. Globale temperature het
gemiddeld met tussen 0,65°C en 1,06°C vanaf 1880 tot 2012 gestyg
(IPCC, 2014).
Hierdie aardverwarming het ‘n sterk invloed op natuurlike stel-
sels, met gepaardgaande verandering in reënvalpatrone en die
verhoogde frekwensie van natuurlike klimaatsgeïnduseerde rampe,
soos droogtes en vloede. Die globale mikpunt wat in Desember
verlede jaar tydens COP21 deur alle lande ooreengekom is, is om
aardverwarming onder 2°C te hou om verdere katastrofiese ge-
volge te vermy. Daarvoor is drastiese kopskuiwe en praktykver-
anderinge oor alle sektore heen nodig, insluitend landbou.
Koolstof is egter nie ons vyand nie, maar die bousteen van lewe
op aarde. Dit is egter belangrik dat koolstof so ver as moontlik in ‘n
natuurlike balans bly: Twee maal meer koolstof in grond as in die
atmosfeer en drie maal meer as in plantegroei.
Die afgelope 100 jaar of meer is daar egter ‘n oormaat koolstof
as fossielbrandstowwe onttrek, wat ‘n beduidende wanbalans
veroorsaak het. Landbou het ‘n verdere groot bydrae gelewer met
die vrystelling van hierdie kweekhuisgasse deur die intensivering
van diere- en gewasproduksie in reaksie op bevolkingsgroei en ‘n
gepaardgaande aanvraag vir landbouprodukte.
OP PLAASVLAK
Weerpatrone / Stofstorms / Grondkoolstof
Bewaringslandbou
HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA
– Deel 1
1: ‘n Stofstorm naby Hennenman, Vrystaat, op 13 Januarie 2016.
Foto: Francois Slabbert
1