Background Image
Previous Page  61 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 116 Next Page
Page Background

Die effek van die droë toestande

Ander aspekte van belang

in droë tye

Die reproduksie van koeie gedurende

veral langdurige droë tye, is baie swak

en het ‘n negatiewe ekonomiese effek.

Baie minder koeie raak beset (dragtig) in

droë tye. Die kalfpersentasie neem af en

die tussenkalfperiode neem toe.

Melkproduksie van koeie neem af. Dit

veroorsaak dat die kalwers minder melk

kry, swak groei en hulle kondisie is ge-

woonlik nie goed nie.

Afhangende hoe lank die droogte-

toestand duur, is die seisoene ná die

droogte baie keer onbevredigend met

swakkere ekonomiese voorspellings.

In die somerreënvalgebied wat ‘n droë

tyd beleef, sal die volgende winter moei-

lik wees.

Gedurende droë tye kan plantvergifti-

ging (byvoorbeeld gifblaar) baie vrektes

veroorsaak as daar nie goeie bestuur op

die plaas is nie. Raadpleeg jou veearts

oor vergiftigings in droë tye.

Droë galsiekte (nie anaplasmose nie)

kan ‘n probleem wees in droë tye. Raad-

pleeg jou veearts.

In melkerye kan die voorkoms van mas-

titis afneem in droë tye indien die kud-

debestuur goed is.

In melkerye en voerkrale kan die

voorkoms van vrotpootjie afneem met

goeie bestuur.

Indien maer, uitgeteerde beeste in lang-

durige droë tye gaan lê en nie meer

kan opstaan nie, is die prognose vir só

‘n dier om te oorleef, baie swak. Raad-

pleeg jou veearts oor die voeding en

goeie versorging van só ‘n dier.

Verseker dat die diere in droë, warm

tye (hoë temperature) vrye toegang tot

skoon drinkwater het.

Produsente wat met lewendehawe boer

moet verseker dat hulle diere se jaar-

likse inentings en immuniserings op

datum is ten spyte van die droogte.

Kontak die outeur by

drjanh.dupreez@

gmail.com.

10: Gewoonlik verlaag die voorkoms van

vrotpootjie gedurende droë tye.

11: Drie-dae-stywesiekte kom normaalweg

met goeie, bogemiddelde reënval voor.

10

11

59

March 2016

Opsomming

Die elektroniese stelsel wat deur

Veeartsnetwerk gedurende die

afgelope drie jaar daargestel is,

maak die beskikbaarheid van

‘n praktiese siekteoorsig vir

elke siekte en vir elke distrik

nou moontlik.

Hierdie inligting kan nou aan-

gewend word vir die voorsiening

van ‘n maandelikse herinnering-

stelsel sodat tydige inenting of

siektevoorkomingsaksies uitge-

voer kan word – wat baie belang-

rik is vir saaiprodusente waar die

tyd wat aan vee bestee kan word,

beperk is.

In die uiterste gevalle kan die elek-

troniese stelsel ook dien as vroeë

waarskuwing in die geval van

uitbreke waar daar vinnige en

gekoördineerde aksies geneem

moet word om vrektes of groot

verliese te voorkom.

Saaiprodusente kan direk met

hulle plaaslike veearts skakel om

uit te vind hoe hulle kan deel-

neem of baat vind by die sisteem

in hulle spesifieke distrik.

Figuur 2: Met dié toepassing kan enige siekte-uitbreke of individuele gevalle dadelik per selfoon gerapporteer

word en ‘n nasionale siekteoorsig kan verkry word.