66
Maart 2016
FOKUS
Dieregesondheid
Spesiale
Die voer van diere na die breek
van ‘n langdurige droogte
D
ie huidige seisoen word gekarak-
teriseer as een van die droog-
ste seisoene in die afgelope 100
jaar weens El Niño. Damme se
vlakke het drasties gedaal en riviere se
lope selfs opgedroog. Die oorkoepelende
gevolg is swaarkry met moontlike mislukte
graanoeste, tekort aan weidings en selfs op
groot skaal lewendehaweverliese.
Met die skryf van die artikel het die Weer-
diens gewaarsku dat die reën wat voorgekom
het, nie genoeg was om die droogte te breek
nie, maar die vooruitsig lyk blykbaar beter.
Met die huidige ekonomie en weersom-
standighede is dit nie ‘n goeie vooruitsig
vir veeprodusente nie weens ‘n gevolglike
negatiewe effek van voerpryse en tekort aan
ruvoer. Daar kan verwag word dat plantpro-
teïenbronkostes heel moontlik ook drama-
ties kan styg.
Goedkoper ruvoer en sogenaamde graan-
byprodukte (koringsemels, hawersemels en
mieliekiem) wat altyd vrylik beskikbaar was,
raak ook nou minder bekombaar en teen ‘n
verhoogde prys.
Die effek van ‘n langdurige
droogte op weiding
‘n Langdurige droogte word gekenmerk
deur die afname en beskikbaarheid van
weiding, hoeveelheid drinkwater asook die
kwaliteit daarvan. Die heersende droë toe-
stande kon dus die algemene kondisie van
teelkuddes nadelig beïnvloed het.
Gedurende ‘n droogte kan verwag word dat
die kondisie van die vroulike diere nie so
goed sal wees nie en dit kan lei tot ‘n laer
konsepsiesyfer, hoër gevalle van aborsies
en stilgeboortes weens die stres op die lig-
gaam. Melkproduksie van dié wat wel kalf
(lam) word ook nadelig beïnvloed en dit lei
tot laer speengewigte.
Indien voldoende reën weer voorkom, is
daar ‘n paar bestuursaspekte om in ag te
neem. Veld is besig om te herstel en veepro-
dusente moet verstaan watter faktore die
voedingswaarde van weiveld beïnvloed
om veldbestuursaspekte (soos aanvullings)
dienooreenkomstig aan te pas:
Nadat ‘n droogte gebreek is, sal die
plante wat oorleef het, vinniger groei en
saad produseer (reproduktiewe groei)
en minder loof. Die teendeel is ook waar
afhangende van veldtipe.
Plantvolwassenheid is seker die belang-
rikste faktor wat die nutriëntsamestel-
ling beïnvloed. Die voedingswaarde
van weiveld daal met ‘n verlaging in die
hoeveelheid blaarmateriaal (wat meeste
van die oplosbare selinhoud bevat) en
toename in stingels (wat meer vesel en
lignien bevat – dus minder energie aan
die herkouer verskaf) soos die plant ver-
ouder. Dus moet ‘n opname van veld-
kwaliteit geskied om te bepaal watter
tipe aanvulling asook hoeveel daarvan
gegee moet word om aan die diere se
behoeftes te voldoen.
Afgesien van droëmateriaalverteerbaar-
heid, het veldgras se nutriëntsamestel-
ling (minerale, vitamiene, koolhidrate of
stikstof) ook ‘n beduidende invloed op
die vrywillige inname van herkouers.
Die effek is meer proses gedrewe
binne die dier se liggaam wat verband
hou met
die tempo van degradasie in die
rumen,
die tempo van mikro-organisme
nutriëntsintese,
sowel as die vermoë om van voeding-
stowwe ontslae te raak (ekskresie).
Die verteerbaarheid van vesel op
weiveld stel gewoonlik ‘n plafon op die
rumen-degradeerbare proteïen (RDP)-
behoeftes van vee. Met ander woorde,
hoe minder verteerbaar die veselfrak-
sie van grasse is, hoe minder degra-
deerbare proteïen behoort aangevul te
word om effektiewe verteerbaarheid
te verseker (laat winter, vroeë lente in
suurveld). Anders gestel, proteïenaan-
vullings verhoog veldgras se verteer-
baarheid tot op ‘n stadium waar die gras
se kwaliteit net te swak is. Dit is dus
meer ‘n funksie van inname en gras-
verteerbaarheid, eerder as die dier
se direkte behoeftes aan degradeer-
bare proteïen. Hierdie hoeveelheid
van degradeerbare proteïen- en nie-
proteïenstikstof (NPN-bronne soos
ureum)-aanvulling gaan wissel weens
die dier se huidige kondisie, tipe veld
(veselkwaliteit en proteïen-inhoud van
weiding) en beskikbare materiaal.
Laastens beïnvloed bestuur ook die
voedingswaarde van grasse soos be-
weidingstelsels (wisselweiding en hoë
veeladings) en die bemesting van wei-
dings. Na droogte moet beweiding
strategies toegepas word en nie oor-
bewei word nie om sodoende die veld
kans te gee om te herstel.
Aanvulling gedurende en
na ‘n droogtetydperk
Lekaanvullings sal dus met oordeel moet
geskied om te verseker dat, indien nodig,
die inname van lae kwaliteit weiding (wat
wel nog beskikbaar is) gestimuleer word om
maksimum voordeel daaruit te trek. Wan-
neer jong groei sy verskyning maak, sal die
“
Gedurende ‘n droogte kan verwag word
dat die kondisie van die vroulike diere nie
so goed sal wees nie en dit kan lei
tot ‘n laer konsepsiesyfer, hoër gevalle
van aborsies en stilgeboortes weens
die stres op die liggaam.
“
KÄTE VAN DER WALT,
voedingkundige: Meadow Voere, Port Elizabeth
en
OCKERT EINKAMERER
, Universiteit van die Vrystaat