Background Image
Previous Page  69 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 116 Next Page
Page Background

67

March 2016

tipe aanvulling heroorweeg moet word. Die

veldtoestand verbeter nou, so ‘n proteïenlek

moet gehandhaaf word en byvoeding moet

eerder verskaf word in die vorm van konsen-

trate of goeie kwaliteit hooi soos lusern (wat

toevallig ook as proteïenbyvoeding kan dien

weens lusern se hoë stikstof-inhoud). Of

het weiveld se kondisie só herstel dat slegs

‘n minerale lek benodig word (genoeg-

same materiaal op die veld met meer as

7% ruproteïen)?

‘n Tekort aan stikstof in die vorm van am-

moniak in die rumen (verskaf deur weiding

of ureum) kan byvoorbeeld mikrobiese

selproteïensintese onderdruk en sodoende

inname van veld verlaag. Dit mag die in-

name van gepaardgaande voedingstowwe

ook negatief beïnvloed.

Byvoeding mag slegs geskied waar wei-

ding baie beperk is omdat dit die benutting

van veld wat wel beskikbaar mag wees,

nadelig beïnvloed. Waar geen of baie min

voer beskikbaar is, sal die aankoop van kuil-

voer, graanbyprodukte of oesreste – wat

heel moontlik die jaar baie min gaan wees

– baie help.

Droogtegewasse soos turksvye en garing-

bome kan goeie impakspelers wees. Uit

laasgenoemde inligting is dit duidelik dat

veld grotendeels nie aan alle voedingsbe-

hoeftes van weidende herkouers kan voor-

sien nie. Energie, proteïen, fosfaat en vita-

mien A is die voedingstowwe wat meestal

beperkend vir weidende herkouers mag

wees. Proteïen is grotendeels die eerste

beperkende voedingstof op weidings, veral

in die wintermaande en vroeë lente, waar

energie (enige voer) problematies raak

tydens droogtes.

Die energie beskikbaar in weiding vir die

dier is in elk geval van weinig belang indien

genoegsame proteïen nie in die behoeftes

van die rumenmikrobes kan voldoen nie.

Mikrobiese proteïen is baie belangrik vir

weidende herkouers omdat dit die grootste

fraksie van proteïenverskaffing uitmaak. Vir

lae kwaliteit weiding word klein hoeveelhede

hoë proteïenaanvullings (25% - 40% RP)

aanbeveel afhangende van spesie en sta-

dium van produksie. Wanneer die rupro-

teïen van veldgrasse laer as 6% tot 7%

daal, kan vrywillige inname gestimuleer

word (hierbo genoem) met die aanvulling

van NPN-bronne. Veselvertering word ook

verhoog met ‘n gepaardgaande toename

in mikrobiese proteïen in die laer spysver-

teringskanaal.

Nie-proteïenstikstofbronne mag dalk nie

alleen inname stimuleer nie, dus moet ge-

redelik beskikbare energie ook bygevoeg

word. Melasse of growwe mieliemeel is

goeie opsies.

Rumenmikrobes kan slegs NPN-bronne

benut om mikrobiese proteïen op te bou

indien genoeg beskikbare energie voorsien

word. Melasse is nie net ‘n bron van oplos-

bare energie nie, maar voorsien ook waar-

devolle nutriënte soos swawel en sekere

vlugtige vetsure aan sellulolitiese (vesel-

verterende) mikrobes.

Indien energie aangevul moet word, veral

laat winter en vroeë lente, is dit raadsaam

om dit onder 0,3% van liggaamsmassa te

voorsien, omdat dit geneig is om veldin-

name en verteerbaarheid te verlaag en

dus nie die algehele energie-inname ver-

hoog nie. Dit kan deels toegeskryf word

aan die styselverterende mikro-organis-

mes (amilolitiese bakterieë) wat toeneem

en die veselverterende mikro-organismes

(sellulolitiese bakterieë) wat dienooreen-

komstig afneem.

Slotsom

Met voldoende reën herstel veld wel, maar

sal nog lank neem om weer tot sy vorige

kondisie terug te keer. Waar nie voldoende

byvoeding verskaf kan word nie, moet

veegetalle eerder binne beheerbare perke

gehandhaaf word om die goedkoopste bron

van herkouervoer, natuurlike veld, genoeg

kans te gee om volhoubaar te herstel. Waar

byvoeding wel verskaf word, moet vee so

ver as moontlik eerder op kraal gevoer word.

Dit is selde dat produsente aan alle voed-

selbehoeftes reg deur die jaar aan hulle vee

kan voorsien (al word dit self geproduseer

en opgeberg), dus sal sekere bronne takties

en vroegtydig aangeskaf moet word ge-

durende tye van tekort.

Om deeglik en vroegtydig te beplan en

effektief op te berg sodat voedingstof-

verliese tot die minimum beperk word,

gaan baie kopsere in die toekoms oplos. Dit

is ook sinvol om nie net aan die behoeftes

van vee tydens die jaar te voldoen nie, maar

om die buffertydperk van voere te probeer

rek – wat die impak van ‘n swak jaar in die

toekoms kan versag.

Die primêre doel van aanvullings op veld is

om dit effektief te laat benut, maar ook om

nutriënttekorte binne weiding aan te vul op

die mees ekonomies moontlike manier. Dit

kan moeilik wees om aanvullings op weiveld

voor te skryf omdat die voedingsbehoeftes

van weidende herkouers verskil as gevolg

van hul produksiestadia (medium- tot laat-

dragtig, lakterend en afronding). Verder is

lente juis die moeilikste tyd van die jaar wan-

neer dit kom by aanteel en om voedings-

tekorte te probeer voorkom.

Met die swakker as verwagte somerreëns

en gepaardgaande tekorte aan weidings

is dit dalk raadsaam om onderhoudslekke

(byvoeding) aan diere te verskaf en miskien

vir ‘n langer tydperk as verwag. Dit is be-

langrik om die kondisie van die diere, mis-

uitskeiding, sowel as hulle inname, dop te

hou indien lek verskaf word sodat aanpas-

sings tot die samestelling daarvan gemaak

kan word. Maak ook seker dat voldoende

en volhoubare groen weiding beskikbaar is

voordat heeltemal met ‘n onderhoudslek of

proteïenlek gestaak word.

Raadpleeg jou naaste geregistreerde voe-

dingskundige om die korrekte lek en voor-

gestelde inname vir die betrokke omgewing

voor te skryf. Veeprodusente met reserwe-

veld, oesreste en/of kuilvoer nog tot hulle

beskikking is miskien in ‘n meer gunstige

posisie. Wat die huidige seisoen en die win-

termaande besonders moeilik gaan maak,

is die feit dat daar nie baie materiaal op die

veld vir weidende herkouers, asook alter-

natiewe voere soos oesreste vir die moei-

liker tyd van die jaar (Augustus tot Oktober)

beskikbaar gaan wees nie.

Baie produsente voer reeds van einde Maart

verlede jaar strategies ‘n groot deel van hul

kudde op natuurlike veld. Dit is wys om

voervloeibeplanning en die vroegtydige

aanskaf (opbou) en effektiewe stoor van

voerbronne van as prioriteit te beskou. Ons

boer in ‘n land waar droogte, of somtyds

onder-gemiddelde reënval, as die norm er-

ken en só bestuur moet word.

‘n Langdurige droogte

word gekenmerk

deur die afname en

beskikbaarheid van

weiding en die

heersende droë

toestande kon dus die

algemene kondisie van

teelkuddes nadelig

beïnvloed het.