69
March 2016
Meer as 21% van alle kweekhuisgasse in Suid-Afrika word deur
landbou vrygestel (DEA, 2015) waarvan 77% deur diere en 21%
deur landbougrond (gewasse) vrygestel word. Maar, alhoewel
landbou tans deel is van die probleem, lê een van die min praktiese
oplossings, met ander woorde die verwydering van koolstof uit
die atmosfeer, in landbougrond, wat dus ‘n kritiese rol (en gepaard-
gaande geleentheid) vir graanprodusente inhou.
Grond – die probleem en die oplossing
Die groot vraag is: Waarheen verwyder ons die oormaat koolstof
in die atmosfeer wat die probleem veroorsaak? Die kort antwoord
is reg onder ons voetsole: In die grond. In ‘n organiese vorm in
die grond is koolstof ‘n groot deel van die oplossing, solank dit
daar bly.
As rofweg 8% van die koolstof wat deur plante gefotosintetiseer
word in die grond en in plante bly, sal die globale koolstof-
vlakke gebalanseer word (Lal
et al
., 2015). Die proses word kortliks in
die
blokkie
langsaan bespreek.
Die probleem is egter dat hierdie grondkoolstof oor die afgelope
100 jaar ernstig uitgeput is deur bewerking (Du Preez
et al
., 2011),
wat ‘n afwaartse spiraal van grondagteruitgang veroorsaak het (sien
Figuur 1
).
Dis belangrik om hierdie proses te verstaan en om te keer. Dit is
duidelik dat die proses begin met grondversteuring wat onmiddel-
lik die grond belug, die mikrobe-aktiwiteit verhoog en grond-
organiese materiaal afbreek, dan ook kweekhuisgasse uitlaat, met
gepaardgaande verlies aan grondkoolstof en stikstof.
‘n Hele reeks negatiewe reaksies volg, waarvan die tekens on-
gelukkig baie duidelik is in die grootste persentasie van ons
graangebiede. Volgens Du Preez
et al
. (2011) word tot en met 70%
van grondvrugbaarheid in die bogrond van Suid-Afrikaanse gronde
geassosieer met grondorganiese materiaal.
Deur die fotosintetiese proses gebruik plante lugkoolstof (CO
2
),
sonenergie en grondwater om koolhidrate en suikers te pro-
duseer, waarvan ‘n aansienlike gedeelte (tot soveel soos 50%)
deur die wortels as eksudate uitgeskei word om die spesifieke
grondmikrobes waarmee die plantwortels assosieer, te voed in
ruil vir die “delging” en voorsiening van minerale voedingstowwe.
Deur die proses skep die natuur ‘n biologies-voordelige, in-
terafhanklike verwantskap tussen plante (bogrondse groei) en
die diverse grondmikrobiologiese lewe. Die bekendste van die
mikrobiologiese interafhanklike prosesse is die
Mycorrhizae
-
swam wat bo en behalwe die voedingstofvoorsieningsproses
ook ‘n uiters koolstof-gekonsentreerde komponent glomalien of
“grondgom” produseer wat gronddeeltjies in aggregate bind.
Dit is dus ‘n koolstofvasleggings- en -produksieproses afhanklik
van die
Mycorrhizae
-sisteem wat weer op sy beurt afhanklik is
van die oplosbare organiese voedingselemente afkomstig van
fotosintese. Die proses staan bekend as die “oplosbare koolstof-
brug”, soos beskryf deur Jones (2007).
Die instandhouding van die “oplosbare koolstofbrug” hou dus
‘n reeks voordele in, soos onder andere erosiebekamping, ver-
hoogde vlakke van grondvrugbaarheid en grondwaterhouver-
moë, asook uiteindelik veerkragtigheid (
resilience
) – die vermoë
om te herstel na groot versteurings en rampe – ‘n belangrike eien-
skap van ‘n selfgenererende landboustelsel.
Die vaslegging van koolstof
in die grond
Figuur 1: Die afwaartse spiraal van grondagteruitgang.
2: ‘n Stofstorm oor die N1 belemmer die sig van motoriste.
Foto:
Volksblad
2