Background Image
Previous Page  102 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 102 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2016

100

Bedryf groet

n koringkenner

C

harles Darwin het gesê: “Dit is nie die sterkste of die in-

telligentste van die spesies wat oorleef nie, maar eerder

die een wat die vinnigste by verandering kan aanpas.”

Só het dr Cobus le Roux (algemene bestuurder van die Landbouna-

vorsingsraad se Veldgewasdivisie) hom aan sy professionele

loopbaan van die afgelope 41 jaar gewy – hy ervaar verandering as

positief en uitdagend. Nóú, op die ouderdom van 66, klop ‘n onbe-

kende aanpassing aan sy deur.

Na sy aftrede einde Februarie wil Le Roux graag sy daktent afstof

en ‘n paar van Suider-Afrika se nasionale parke saam met sy vrou,

Zenda, verken, maar hy noem dat hy steeds by die graanbedryf be-

trokke wil wees.

Afgesien van toekennings soos Graan SA se Wetenskaplike van die

Jaar 2002 en menige wetenskaplike publikasies wat agter sy naam

pryk, was Le Roux tot onlangs ‘n lid van verskeie trusts en komitees

en hy het gedien op die Redaksiekomitee van

SA Graan/Grain

sedert die tydskrif die lig gesien het onder dié naam.

Só het die koringkorrel gegroei

Hy is oorspronklik van die Wes-Kaap en het hom aan die Univer-

siteit van Stellenbosch as plantpatoloog gekwalifiseer waarna

hy vir vier jaar as assistent-landbounavorser by die Departement

van Landbou op Stellenbosch gewerk het. Na ‘n jaar by die Cereal

Rust Laboratory van die Sydney Universiteit het hy in 1980 by die

LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) op Bethlehem as plantpatoloog

begin werk.

Gedurende die volgende tien jaar het hy stamroes op koring be-

studeer, sy PhD aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf

asook Suidelike Afrika en baie koringproduserende streke van die

wêreld besoek. Hy het ook nóú met verskeie internasionale uni-

versiteite saamgewerk.

As hy ‘n oorsig van die hoogtepunte in sy loopbaan gee, noem

hy beskeie dat hy saam met ‘n toegewyde span plantpatoloë

plantpatologie van veral koring op ‘n internasionale vlak kon

bring. “Met die hulp van ‘n positiewe en hardwerkende groep

wetenskaplikes het ons die LNR-KGI hoogs suksesvol en relevant

vir die totale kleingraanwaardeketting gemaak. Ons kon ook die

klantebasis, asook eksterne befondsing, groei en stabiliseer tot op

‘n prysenswaardige vlak.”

Wanneer hy oor ‘n termyn van 41 jaar by die LNR terugkyk, merk hy

op dat die LNR van vandag veel meer professioneel is met beleide,

strukture, sisteme en prosesse in plek.

“Ek is baie opgewonde oor die toekoms, want die wetenskaplikes

is nou meer relevant as ooit tevore in Suid-Afrika se strewe na

voedselsekerheid.”

Verandering is noodsaaklik

As ‘n kenner op sy gebied, kon Le Roux verskeie ekonomiese en

politieke veranderinge ervaar. “Een van die eerste beginsels waarin

ek vandag nog glo, is om verandering te aanvaar en dit as ‘n nuwe

geleentheid te beskou en tweedens om jou met positiewe, kundige

en gewillige mense te omring.”

Hy noem dat mense se versigtigheid in die mees noodsaaklike

veranderinge en ‘n kleiner-wordende poel van beskikbare land-

bouwetenskaplikes vir hom opvallend is. Hy is bekommerd oor

die dalende finansiële ondersteuning vir landbounavorsing, asook

nie-kompeterende bedrywe wat die een na die ander deur inter-

nasionale invoere gekniehalter word.

Hy is van mening dat die regering te min begrip het vir die belang

van voedselsekerheid, die rol van Suid-Afrikaanse produsent asook

wetenskaplike daarin. Nog bekommernisse wat die bedryf uitdaag,

is ‘n opkomende landbousektor wat baie swaar kry en die drastiese

effek van ‘n wisselende en onvoorspelbare klimaat.

Op ‘n positiewe noot is die koringbedryf volgens hom steeds

baie kompeterend. Hy noem dat die totale waardeketting in Suid-

Afrika sal moet saamstaan om die koringbedryf weer ‘n bloeiende

bedryf te maak en dat koringtelers en ander wetenskaplikes die

opbrengsvlakke kompeterend met dié van mielies moet maak.

Produksiepraktyke en kultivars wat die Vrystaat weer in staat stel

om een miljoen ton koring te produseer, word dringend benodig.

Samehorigheid in die bedryf en veel beter begrip en ondersteu-

ning van die regering se kant af is ook noodsaaklik.

Ten slotte moedig hy produsente aan om nuwe tegnologie te

omarm en om so naby as moontlik aan wetenskaplikes te beweeg

om te kan verseker dat die regte tegnologie ontwikkel word om

produsente meer kompeterend te maak.

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

Agter die skerms

Cobus en Zenda het twee dogters, Jeanné en René.

Hy lees veral nie-fiksie.

As gesin kampeer hulle graag en is passievol oor

Suider-Afrika se nasionale parke.

Dr Cobus le Roux – aanpassing is sy dryfveer.

Profiel