Baie geluk aan Petro Sutherland van
Hopetown wie se foto “Namakwalandse
plaas in volkleur!” aan haar ‘n eerste plek in
die Februarie-uitgawe besorg het. Hiermee
het sy vir haarself R1 000 kontant, met
komplimente van Sasol Base Chemicals,
losgeslaan.
Gaan kry hier kleur-inspirasie vir
jou foto’s.
AKTUEEL
Fotokompetisie
Gebruik sterk,
helder kleure
K
leur is oral. Ons is omring daardeur. Ons kan dit nie vermy
nie en daarom is ons geneig om dit as vanselfsprekend
te aanvaar wanneer ons foto's neem. As jy dit egter as
vanselfsprekend aanvaar, is jy geneig om gemiddelde foto’s
te neem.
Gaan lees gerus Andrew Gibson se artikel “7 ways to create powerful
photos with colour” op die internet (skandeer die
QR-kode
) om
inspirasie vir kleure (spesifiek in landbou) te kry.
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
In die derde plek is Marina Vorster van Lichtenburg se foto “Pampoene
vir jou en my...”.
Flip van der Merwe van Kroonstad se foto “Blommeglorie” het ‘n tweede
plek behaal.
3
de
2
de