Background Image
Previous Page  82 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 124 Next Page
Page Background

Die impak van die midsomerdroogte op die vraag

en aanbod van mielies

t

ydens die skryf van die artikel (gedurende die week van

9 Februarie) het hittetoestande in die mielieproduksiege-

bied tot groot onsekerheid oor toekomstige opbrengste

gelei. Die oorgrote meerderheid van die droëlandmieliever-

bouing het in die reproduktiewe stadium verkeer.

In die aanvang van die reproduktiewe stadium is die pluime oop,

stuifmeelstorting vind plaas en die baard is in hierdie stadium

ontvanklik vir stuifmeel sodat bestuiwing kan plaasvind. Gedurende

die hoë hittetoestande wat met die droë produksietoestande gepaard

gaan, kan die stuifmeel doodbrand.

Die ongunstige produksietoestande lei ook daartoe dat die stuif-

meelperiode waarin bestuiwing plaasvind, verkort. Plante wat

uiterste vog- en hittestremming in sekere produksiegebiede onder-

gaan het, wend ‘n desperate poging aan om reproduktief te wees

en kom vroeër in saad.

In hierdie artikel word drie scenario’s gegee. Die aannames wat

gebruik word, word deeglik bespreek. ‘n Beraming en aannames

moes vir elke provinsie gemaak word omdat die eerste produk-

sieskatting tydens die skryf van die artikel uitstaande was.

Hoe lyk die verwagte reënval vir die drie

scenario’s?

Vir scenario 1, met ‘n 40%-waarskynlikheid van voorkoms, is ‘n

nasionale mielie-opbrengs van 4 ton/ha moontlik indien minder as

20 mm reën en voortdurende hoë hitte en droë toestande met kol-

kol reën voorkom.

Vir scenario 2, met ‘n 50%-waarskynlikheid, kan ‘n nasionale op-

brengs van 4,5 ton/ha realiseer indien die reënval tot einde Februarie

tussen 20 mm en 30 mm beloop en koeler weersomstandighede tot

einde Februarie kan voorkom.

Vir scenario 3 is daar ‘n 10%-waarskynlikheid dat ‘n opbrengs van

4,8 ton/ha kan realiseer. Vir dié scenario is wydverspreide reën-

val van meer as 30 mm reën en koeler weerstoestande tot einde

Februarie nodig.

Hoe is die opbrengste vir elke scenario

beraam?

Die opbrengste van die nuwe produksieseisoen is in samewerking

met kundiges met die vorige produksieseisoen, in ag genome

reënvalvooruitsigte, vergelyk (sien

Tabel 1

).

Sodoende is aannames rakende moontlike opbrengste vir die

verskillende provinsies en scenario’s bepaal. Die eerste produk-

sieskatting en hersiene oppervlakteverslag vir mielies verskyn eers

teen 26 Februarie vanjaar.

Die bemarkingsjaar strek vanaf Maart tot

Februarie

Let daarop dat die bemarkingsjaar vir die vraag en aanbod-scenario’s

WESSEL LEMMER,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

9 Februarie 2015

OP PLAASVLAK

Maart 2015

80

WAARSKYNLIKHEID VIR PRODUKSIE

SCENARIO 1 SCENARIO 2 SCENARIO 3

40% 50% 10% AANGEPLANT <20 MM* 20 MM - 30 MM* >30 MM*

PROVINSIE

TON/HA TON/HA TON/HA

HA

TON

TON

TON

Vrystaat

3,0

3,5

4,0

1 159 500

3 478 500

4 058 250

4 638 000

Oos-Kaap

3,7

3,9

3,9

10 400

38 480

41 045

40 560

KwaZulu-Natal

5,2

5,5

6,0

62 000

322 400

339 808

372 000

Mpumalanga

4,8

5,2

5,5

452 200

2 170 560

2 351 440

2 487 100

Limpopo

2,8

3,0

3,0

26 700

74 760

79 127

80 100

Gauteng

5,0

5,2

5,2

101 600

508 000

524 065

528 320

Noordwes

2,6

3,2

3,5

617 000

1 604 200

1 974 400

2 159 500

Besproeiing

11,0

11,0

11,0

227 000

2 497 000

2 497 000

2 497 000

Totale produksie

2 656 400

10 693 900

11 865 135

12 802 580

Gemiddelde nasionale

opbrengs (ton/ha)

4,0

4,5

4,8

4,0

4,5

4,8

* Totale opvolgreënval tot einde Februarie

TABEL 1: DIE VERSKILLENDE OPBRENGSSCENARIO’S VIR WIT- EN GEELMIELIES WAT VIR DIE VERSKILLENDE VRAAG EN AANBOD-

SCENARIO’S GEBRUIK IS (000 TON).