Background Image
Previous Page  62 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 124 Next Page
Page Background

60

FOKUS

Saad

Spesiale

Hyola 555 TT

– triasienbestand (beste presteerder in die TT-

groep in 2011 en 2013).

Hyola 575 CL

– Clearfield (beste presteerder oor drie seisoene in

die CL-groep).

DuPont Pioneer kanolakultivars vir 2015

DuPont

®

Pioneer

®

het die kanolasaadmark in 2004 betree met die

vrystelling van twee oopbestuifde Clearfield

®

-kultivars naam-

lik 44C73 en 45C75. Clearfield-kanolakultivars is dié waaroor die

onkruiddoder Cysure

®

(‘n imidasolinoon groep onkruiddoder)

gespuit kan word. Oor die jare het nuwe kultivars gevolg en ‘n

belangrike mylpaal was die vrystelling van die eerste Clearfield-

baster, 45Y77, in 2008, wat ‘n deurbraak in opbrengspotensiaal

teweeggebring het. Nuwe basters het gevolg en die Pioneer-reeks

bestaan nou uitsluitlik uit Clearfield-basters.

In 2015 stel Pioneer die sogenaamde nuwegenerasie Clearfield-

basters vry, wat nuwe opbrengsvlakke tot gevolg kan hê vir produ-

sente. Verwag gerus nuwe rekords van 45Y88 en 44Y87.

45Y88

is ‘n kultivar met ‘n mediumlanggroeiseisoen met ‘n baie

hoë opbrengspotensiaal. Dit het besonder goed presteer in die

Nasionale Kultivarproewe in 2013 en 2014. In dié twee jaar het dit

in die Suid-Kaap onderskeidelik die hoogste en tweede hoogste

gemiddelde opbrengs gegee van alle kultivars. In albei jare het dit

die hoogste gemiddelde opbrengs gegee van die Clearfield-groep

van kultivars. Dit het voorts in die Swartland die tweede hoogste

gemiddelde opbrengs gegee van die Clearfields in die 2014-proewe

en was vierde van alle kultivars.

45Y88 word aanbeveel vir mediumhoë- en hoë-reënvalareas.

44Y87

is ‘n kultivar met ‘n kortmediumgroeiseisoen (dae tot fisiolo-

gies ryp) en met ‘n baie hoë opbrengspotensiaal. Dit het ook baie

goed presteer in die 2013 en 2014 Nasionale Kultivarproewe waar

dit byvoorbeeld die hoogste gemiddelde opbrengs van alle kultivars

in die Swartland in beide seisoene gelewer het.

44Y87 word in medium- en mediumhoë-reënvalareas aanbeveel.

Saad van die nuwe kultivars is vanjaar beskikbaar, maar redelik be-

perk. Saad van die ou staatmakers 44Y84, 45Y86 en 43Y85 is egter

nog vryelik beskikbaar.

44Y84

is ‘n mediumkortgroeiseisoenkul-

tivar en het homself bewys as ‘n baie stabiele en bestendige kul-

tivar wat goed presteer in goeie, sowel as swakker seisoene en is

wyd aanpasbaar.

45Y86

is ‘n mediumlangseisoenkultivar wat ver-

al goed presteer in die kouer, hoë-reënvalareas van die Rûens.

43Y85

is die vinnigste van die Pioneer-kultivars en word aan-

beveel vir lae reënvalareas of gebiede waar die reën geneig is om

vroeg af te sny.

In 2016 sal die Pioneer-reeks heel waarskynlik net bestaan uit die

twee nuwes wat hierbo bespreek is, plus ‘n baie belowende nuwe-

ling vir die lae en mediumlae-reënvalareas, naamlik

44Y89

. Hy het

goed gevaar in die 2014 Nasionale Kultivarproewe en blyk net so

vinnig soos 43Y85 te groei en het ‘n hoër opbrengspotensiaal as

laasgenoemde.

Hierna kan kanolaprodusente

uitsien

Goeie nuus! Ná ’n omvattende studie deur Barloworld Agriculture is die

pryse van ’n wye reeks AGCO-onderdele vir Massey Ferguson- en Challenger-

toerusting verlaag – in sommige gevalle met meer as 70%.

Hierdie verlagings verminder eienaars se koste van eienaarskap en verlaag

ook die koste van Barloworld Agriculture se diensplanne vir trekkers, stropers,

selfaangedrewe spuite en planters.

Prysnavorsing is gedoen ten opsigte van diensonderdele en ander algemene

onderdele, waaronder aandrywingsbelde, aansitters, brandstofinspuiters en

turbo-aanjaers, asook planteronderdele. Prysverlagings geld onder meer vir:

• MF-trekkerreekse – MF 400 Xtra, MF 5400, MF 7600, MF 8600

• MF konvensionele, wydwerk- en geenbewerkingplanters

• Challenger-rusperband en geartikuleerde trekkers

• Selfaangedrewe Challenger-spuite

• Challenger-stropers

AGCO-onderdele vir toerusting wat deur Barloworld

Agriculture versprei word, is nou 24 uur per dag

beskikbaar – regdeur die jaar. Die doel hiermee is om

eindgebruikers se produktiwiteit in veral kritieke tye

soos plant- of oestyd te verhoog.

AGCO-onderdele kan nou ná kantoorure by Barloworld Agriculture bestel

word vir onmiddellike versending per koerier. Onderdele kan ook na-ure by

die AGCO-onderdeelpakhuis naby O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park,

Johannesburg, afgehaal word. Na-uurse aflewering per koerier word deur die

handelaar gereël en is nie ingesluit by die prys van die onderdeel nie.

Met inisiatiewe soos hierdie streef Barloworld Agriculture daarna om ’n

suksesfaktor in boere en kontrakteurs landswyd se ondernemings te wees.

Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting of skakel

011 898 0278 om jou naaste handelaar te vind.

ONDERDEELPRYSE GESNOEI

24/7 – 365 DAE PER JAAR

KOSTE VAN EIENAARSKAP

VERLAAG JOU