Background Image
Previous Page  61 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 124 Next Page
Page Background

59

March 2015

Spesiale

FOKUS

Saad

Hierna kan kanolaprodusente uitsien

DIRK HANEKOM,

Agricol,

GERT ELS,

Klein Karoo Saad Bemarking en

JIM MCDERMOTT,

Pioneer

Waarna kan kanolaprodusente in 2015 uitsien?

S

A Graan/Grain

het by ‘n paar saadmaatskappye gaan aan-

klop om uit te vind wat is tans nuut en wat is in die pyplyn

vir kanolaprodusente.

Nuwe Agricol-kultivars

Agricol beskik oor ‘n reeks van beide konvensionele en triasienver-

draagsame (TT) kultivars. In albei hierdie groepe is daar oopbe-

stuifde sowel as basterkultivars beskikbaar.

Agricol se vlagskipkultivar bly steeds

Agamax

, wat jaar na jaar,

ongeag die seisoen, uitstekende opbrengste lewer. Dit is ‘n baster

konvensionele kultivar met ‘n besonderse vermoë om uitstekend aan

te pas by wisselende groeitoestande soos in die verskillende streke

van die kanolaproduksiegebied aangetref word.

Uit dieselfde stal as Agamax, is daar vanjaar ook

CB Tango

beskik-

baar. Tango is ‘n baster konvensionele kultivar met die besonderse

eienskap van ‘n verkorte dae-tot-blom-periode. Tango se toepas-

sing sal hoofsaaklik in gebiede wees waar die reënval dikwels neig

om vroeg af te sny. In hierdie geval is Tango ‘n uitstekende keuse

aangesien die blomtydperk en die daaropvolgende vulling van

peule ‘n beter kans het om reeds voltooi te wees, sou die seisoen

vinnig afsny.

Die gebruik van Tango waar groot hektare aangeplant word, kan ook

‘n voordeel inhou om die druk tydens oestyd effens te versprei. In

gebiede waar sterk winde tydens oestyd voorkom, is Tango ook ‘n

goeie opsie om vroeër te begin stroop en oesverliese as gevolg van

sterk winde te beperk.

Wat die TT-kultivars betref, is daar vanjaar genoegsame

Atomic HT

beskikbaar. Hierdie kultivar het die uiters gewilde Jardee HT vervang

wat twee jaar in ‘n ry die Swartland Kanola-kompetisie gewen het.

Atomic HT het in die 2014-seisoen getoon dat die opbrengspoten-

siaal van hierdie TT-kultivar gewis in ‘n klas van sy eie is. Ook is daar

ATR Gem

beskikbaar wat ‘n nuwe TT-kultivar is en verlede seisoen

met groot sukses deur ‘n groot aantal produsente in die Swartland

aangeplant is. Terugvoer uit die veld toon dat opbrengste uiters be-

vredigend was, afgesien van die feit dat die reënval effens vroeër

afgesny het.

Heelwat nuwe teellyne is ook verlede jaar geïdentifiseer wat hopelik

binnekort beskikbaar gaan wees.

Klein Karoo Saad Bemarking se

kanolakultivars

Klein Karoo Saad Bemarking, oftewel K2 Saad soos wat dit meer

algemeen onder produsente bekendstaan, bemark alreeds kwali-

teit kanolasaad vanaf die babaskoentydperk van kanola in

Suid-Afrika. K2 Saad is in noue kontak met kanolatelers om te

verseker dat ons altyd bewus is van die nuutste genetika. Daarom

was ons verskaffer die eerste maatskappy in die wêreld wat baster-

kanola vrygestel het.

Die maatskappy spits hul toe op die hele reeks, wat insluit konven-

sionele, Clearfield (CL) en triasienbestande (TT) variëteite. Al hier-

die variëteite is tans F1-basters wat vervang is met die oopbestuifde

variëteite van die verlede.

Hierdie basters se saailinggroeikragtigheid, beter opbrengs en

van die beste swartstamweerstand, maak hulle baie gewild onder

produsente. ‘n Verdere belangrike aspek vir K2 Saad, is om varië-

teite te bekom wat wyd aangepas is onder gunstige sowel as on-

gunstige omstandighede.

Die afgelope drie tot vier jaar, het die huidige variëteite hulself in

die Swartland sowel as die Suid-Kaap bewys as konstante goeie

presteerders.

Nuwe variëteite word gereeld getoets teenoor bestaande variëteite

om te verseker dat die heel bestes vir Suid-Afrika geselekteer word.

In die afgelope seisoen is daar konvensionele,

triasienbestande en Clearfield-variëteite getoets,

wat goed gekompeteer het.

In die volgende seisoen sal die uitskieters weer

geplant en getoets word, om vas te stel of hulle

aanpasbaar is en of hulle konstant goeie pre-

steerders is. Ons kan nie nuwe variëteite op

een jaar se resultate selekteer en vrystel in die

mark nie. Variëteite wat vrygestel word, moet ten

minste oor twee seisoene bewys dat hulle goeie

presteerders is.

Elke produsent moet beplan watter tipe kanola

(konvensioneel, TT of CL) hy wil plant en daar-

volgens besluit watter variëteit om te plant. Dit

is ook raadsaam om nie net een variëteit te plant

nie, maar ‘n pakket van verskillende groeilengtes.

Die risiko moet versprei word om by verande-

rende weersomstandighede te kan aanpas.

Die volgende variëteite is met sukses in die laaste

paar jaar aangeplant en is hierdie jaar beskikbaar:

Hyola 50

– konvensioneel (beste presteerder

oor drie seisoene).

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie