FOKUS
Spesiale
Maart 2015
56
Saad
Weiding bied legio geleenthede
A
kkerbougewasse in Suid-Afrika
word die afgelope paar dekades
baie wyer verbou en veral in
areas wat tradisioneel nie daar-
voor geskik is nie. Stygende insetkoste
en wisselvallige weerpatrone dwing pro-
dusente egter om meer te diversifiseer en
beskikbare grond beter te benut.
Al hoe meer saaiprodusente is besig om
hulle aanplantings te verklein deur hul mar-
ginale gronde te onttrek. Die hoëpotensiaal-
gronde word nou meer intensief verbou,
terwyl die marginale lande omgeskakel
word na een- of meerjarige weiding om ‘n
groter veekomponent te akkommodeer. Die
kombinasie van vee saam met mielies, bied
aan die produsent die geleentheid om te di-
versifiseer en sodoende sy plaas se poten-
siaal tot die maksimum te benut.
Vanjaar se laat reënseisoen hou voor- en
nadele in vir die produsent. In baie gevalle
was dit te laat vir natuurlike somerwei-
ding en dit het ook ‘n groot impak gehad
op die beplande hoeveelheid kuilvoer en/
of snysels hooi vir die droë winterseisoen
van die somerreënvalstreke. Die laat reën
was egter voordelig deurdat die grond se
waterkapasiteit nou hoog is en danksy die
beskikbare grondvog kan veeprodusente
nou ander moontlikhede oorweeg om die
wintervoertekorte te vermy.
By meeste produsente in die somerreënvalstreke is beskikbare
weiding nie ‘n probleem vanaf middel-somer tot middel-winter
nie. Met voldoende reën is natuurlike veld ‘n goeie bron van ruvoer
in die somer en herfs. Sodra die mielies geoes is, beweeg diere ge-
woonlik oor na die mieliereste tot in die winter, maar die periodes
waar ons graag ‘n voervloeiprobleem wil aanspreek, is gewoonlik
die tydperk net voor ons mieliereste toe gaan (as die mielies nie
vinnig droog nie) en weer as die mieliereste min raak tot en met
die reënseisoen. Dit is gewoonlik net voor en net ná die winter. Hier-
die kan natuurlik verskil tussen streke.
Hoe spreek ons hierdie tekorte in die jaar aan? Daar is definitief nie ‘n
goedkoper bron van hoëkwaliteit voer as weiding nie. Spesie-selek-
sie is egter baie belangrik aangesien marginale gronde reeds sy eie
beperkinge het. Dit gaan ook beïnvloed word deur te besluit of voer
geproduseer gaan word om weg te pak en/of dit primêr vir weiding
gebruik gaan word.
Na gelang van area, kan soos volg geselekteer word:
Maak van hooi
Tef en oulandsgras
Meerjarige, subtropiese grasse
Smutsvinger/Rhodes/Panicum/bloubuffel as weiding of staande
hooi
Meerjarige peulgewasse
Armmanslusern/droëlandlusern en rolklawer
Eenjarige weiding
Babala en soetsorghums as weiding of staande hooi (kan met
akkerbone gekombineer word vir beter kwaliteit)
Groenvoer
Kleingrane en rape (konsentreer op die kombinasie van die twee
vir hoër veselinhoud)
Vleilande kan ook beter benut word deur gewasse te vestig wat nat-
tigheid beter hanteer. Hierdie spesies is geneig om ook sterk wortel-
stelsels te ontwikkel wat die potensiaal vir oorlewing verhoog. Sulke
spesies sluit in langswenkgras, kanariegras (
Phalaris
), kikoejoe en
rolklawer.
Die weidingsbedryf gaan tans deur ‘n baie opwindende tyd, met
nuwe variëteite en spesies wat byna elke jaar vrygestel word. Pro-
dusente kry kans om die nuutste tegnologie en konsepte wat die
saadbedryf bied, op eie bodem te gebruik om sodoende waarde tot
hul weiding en veld toe te voeg. Dit is belangrik om te weet dat elke
gewas net ‘n positiewe bydrae kan maak indien dit in die regte om-
standighede met die regte bestuurspraktyke geplant word. Maak dus
seker jy mis nie die geleentheid wat die regte weidingsgewasse vir
jou kan bied nie.
JACO KELLERMAN,
Barenbrug Suid-Afrika
Bonsmaras in subtropiese grasweidings.
Produk-inligting