Background Image
Previous Page  57 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 57 / 124 Next Page
Page Background

55

March 2015

Voortydige uitloop:

Produsente moet weet waar die risiko’s lê

Spesiale

FOKUS

Produk-inligting

Saad

V

oortydige uitloop, of viviparie, kom

voor wanneer die mieliepitte wat

reeds fisiologies ryp is, begin uit-

loop terwyl dit nog aan die stronk

is. Pitte begin fisies ontkiem en kiemwor-

tels en kiemplantjies vorm. Dit gebeur ge-

woonlik wanneer volwasse mieliepitte met

‘n voginhoud van minder as 20%, weer

nat word en daar terselfdertyd hoë tempe-

rature heers.

Die kombinasie van droë graan, reën en

regopstaande mieliekoppe wat water kan

opvang, voorspel dat viviparie kan kop uit-

steek. Die kans dat uitloop sal voorkom by

koppe met ‘n hoër voginhoud, is skraal.

Voortydige uitloop op mieliekoppe is ge-

woonlik nie ‘n groot probleem onder nor-

male produksietoestande nie, maar dit is tog

nodig om produsente se aandag daarop te

vestig omdat dit in ernstige gevalle graan-

kwaliteit kan beïnvloed en ook probleme

kan veroorsaak met die droging en opber-

ging van graan.

Swak graankwaliteit kan ‘n produsent laat

inboet op wins. Wins kan dramaties verlaag

as ‘n produsent se graan afgegradeer word

weens graankwaliteit.

Nat herfstoestande voorspel dus ‘n gevaar

wat betref die voortydige uitloop van mie-

liepitte.

Die ontkieming van die mieliepit word ge-

reguleer deur hormoonbalanse. Hierdie

hormone beheer die balans tussen die pit se

vermoë om voedingstowwe op te berg en te

ontkiem. Die regulering van hierdie balans

verhoed dat die pit sal ontkiem terwyl dit

nog aan die moederplant is.

Die verband tussen die twee planthormone,

absisiensuur en gibberelliensuur, is kritiek in

die bepaling van hoe dormant ‘n saad is en

of die saad sal ontkiem. Hierdie balans word

geaffekteer deur die voginhoud van die pit

en deur strestoestande in die omgewing

tydens die ontwikkeling daarvan.

Voorbeelde hiervan is hitte- en droogte-

stres. Gibberelliensuur word ook geprodu-

seer deur swamme wat kopvrot veroorsaak.

Hierdie hormoonproduksie aktiveer die

saad se verdedigingsgene, maar kan ook

inmeng met die absisiensuur/gibberellien-

suur-verhouding en sodoende voortydige

ontkieming aanhelp.

Tans heers daar uiterse droë toestande in

groot dele van die mielieproduserende ge-

biede en dit kan veroorsaak dat baie pitte

aan mieliekoppe die kritieke punt, wat die

balans tussen opberging en ontkieming be-

paal, heelwat vinniger as normaal bereik.

Sou die droë periode opgevolg word deur

reën, kan dit die ideale omgewing skep vir

voortydige uitloop.

Bestuursriglyne

Monitor lande noukeurig.

Stroop vroegtydig as probleme

voorkom, al moet die graan gedroog

word.

Min uitloop (minder as 5% van koppe)

behoort nie graadprobleme te veroor-

saak nie.

Omdat genetika verskil en daarom verskil-

lend reageer teenoor omgewingstoestande,

is dit beter om te kyk na ‘n kultivarpakket om

risiko te verskans.

Vir meer inligting rakende die kultivaraan-

bevelings, kan jou plaaslike Monsanto-ver-

teenwoordiger, makelaar of landboukun-

dige gekontak word.

LEONARD OBERHOLZER,

Monsanto

1: Voortydige uitloop kom voor wanneer die mieliepitte wat reeds fisiologies ryp is, begin uitloop

terwyl dit nog aan die stronk is.

2: Pitte begin fisies ontkiem en kiemwortels

en kiemplantjies vorm.

1

2