Background Image
Previous Page  56 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 124 Next Page
Page Background

®

Monsanto tel: 011 790-8200 |

www.monsanto.co.za

Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of

customercare.sa@monsanto.com

DEKALB

®

enMonsanto isgeregistreerdehandelsnamevanMonsantoTechnologyLLC.

MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk,Posbus69933,Bryanston,2021.

PLANT JOU SUKSES

Met

DEKALB

®-saad as deel van jou boerdery,

sorg jy vandag reeds vir die dag vanmôre, omdat jy weet,

met

DEKALB

® plant jy sukses. Ons tegnologie en navorsing gerugsteun deur spanwerk en professionele

advies dra by tot jou volgehoue sukses, nie net vandag nie, maar ook in die toekoms.

A11826/SAG-REV

FOKUS

Spesiale

Produk-inligting

Saad

Graansorghum

– nuut in die pyplyn

JOUBERT SWANEPOEL,

Agricol

G

raansorghum word as ‘n baie waardevolle droogtever-

draagsame gewas in Suid-Afrika beskou. Daar is ook min

somergraangewasse wat só aanpasbaar en veeldoelig is

soos graansorghum.

Die gewas se gebruike sluit in menslike verbruik, veevoere, mout en

dit besit ook die potensiaal om as die kerngewas vir toekomstige

biobrandstof gebruik te word.

Graansorghum het ‘n aantal meganismes wat help om droogte beter

te weerstaan as die meeste ander somergraangewasse. ‘n Goed

ontwikkelde en baie fyn vertakte wortelstelsel, wat uiters doeltref-

fend is in die opname van water, is slegs een van die vele mega-

nismes wat help om hierdie gewas meer aanpasbaar te maak vir die

onvoorspelbare plaaslike klimaatstoestande. Die sorghumplant se

meganismes om droogte te weerstaan, is ook ‘n goeie rede waarom

hierdie gewas meer sekuriteit kan bied in droogte-riskante gebiede.

Agricol is opgewonde oor die vordering wat daar met nuwe graan-

sorghumkultivars wêreldwyd gemaak word. Die eienskappe van

verbeterde kultivars sluit in: Aanpasbaarheid, stabiele opbrengste,

siekteverdraagsaamheid en goeie graankwaliteit. Agricol, wat tans

van die wêreld se voorste soet- en bittergraansorghumkultivars

evalueer, wil aan produsente kultivars bied wat nie net goed aange-

pas is vir plaaslike klimaatstoestande nie, maar wat ook terselfdertyd

kompeterend is met ander kultivars op die Suid-Afrikaanse mark.

Die maatskappy se groeiende sorghumevalueringsprogram fokus

hoofsaaklik op opbrengs wat gepaardgaan met siekteweerstand-

biedendheid, uitstekende graankwaliteit en goeie agronomiese

eienskappe. Agricol se huidige soetsorghumpakket sluit bekende

asook nuwe kultivars in. Laasgenoemde sluit basters soos En-

forcer, Dominator en NS 5655 in. ‘n Nuwe toetreder tot Agricol se

soetsorghumpakket is die baie aanpasbare Titan, wat uitstekend vaar

by alle opbrengspotensiaalgebiede.

Wat nuwe kultivars betref, het Agricol ook ‘n nuwe toetreder tot

die bittersorghummark. Die veelsydige Avenger is ‘n aanwins vir

enige bittersorghumpakket en is ook ‘n goeie aanvulling tot die wel-

bekende NS 5511.