Background Image
Previous Page  52 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Maart 2015

50

Produk-inligting

Saad

S

ensako is ‘n bekende handelsmerk

in die saadbedryf en is trots daarop

om ‘n eg Suid-Afrikaanse maat-

skappy te wees. Die maatskappy

ontwikkel kompeterende produkte vir die

plaaslike mark met die doel om produsen-

te winsgewend in bedryf te hou. Die hoë

standaarde vir vrystelling van nuwe kulti-

vars vereis intensiewe opbrengstoetsing,

met die behoud van uitstekende graan-

kwaliteit waarvoor die Sensako-koringreeks

bekend geword het. Kliëntetevredenheid

en -vertroue in bestaande produkreekse

is oor menige seisoene opgebou en dit is

sprekend van die potensiaal en stabiliteit

van die kultivars.

Die keuse van ‘n geskikte kultivar wat by

elke produksiesisteem se unieke vereistes

inpas, is die eerste stap in die beplannings-

proses en koring vorm steeds ‘n onmisbare

deel van gewasrotasies in verskeie produk-

siegebiede. Sensako se

Kultivargidse vir die

winterreën- en somerreëngebiede

deel in-

ligting van die kultivarreeks wat beskikbaar

is en dui agronomiese eienskappe, siek-

teweerstand asook planttydspektrum aan.

Winterreënvalstreek

SST 087

het, soos

SST 88

, ‘n lang groei-

periode, hoë-opbrengspotensiaal, goeie

stabiliteit en is goed aangepas vir alle ge-

biede asook minimumbewerkingspraktyke.

SST 087

het weerstand teen streep- en

blaarroes, is vatbaar vir stamroes en het

goeie uitloopweerstand.

SST 056

is pitvas

met ‘n mediumkort groeiperiode, uit-

stekende uitloopweerstand, hoë-opbrengs-

potensiaal en is geskik vir droër gebiede

waar korter groeiers presteer en minimum-

bewerking gevolg word. Dié kultivar is matig

vatbaar vir stamroes met matige weer-

stand teen blaar- en streeproes.

SST 0127

– hierdie nuwe kultivar het ‘n mediumlang

groeiperiode en uitstekende opbrengspo-

tensiaal (Nasionale Kultivarproefresultate;

LNR-Kleingraaninstituut, 2015). Goeie strooi-

sterkte, pitvaste are, goeie siekteweer-

stand, kwaliteitseienskappe en uitstekende

uitloopweerstand is verdere kenmerke.

Somerreënvalstreek

SST 3149

: ‘n Nuwe, egte winterkultivar met

hoë-opbrengspotensiaal, ‘n lang groeipe-

riode en is goed aangepas vir vroeë aan-

plantings in die Vrystaat. Beskik oor goeie

weerstand teen geelroes, goeie stabiliteit,

goeie staanvermoë, uitstekende grade-

ringskwaliteit en goeie uitloopweerstand.

SST 398

– ‘n nuwe hoëpotensiaal, inter-

mediêre, droëlandkultivar met ‘n lang tot

medium groeiperiode, goeie Russiese

koringluisweerstand en droogteverdraag-

saamheid. Vir vroeë tot laat aanplantings

onder droëland in die Vrystaat, het dit

goeie stabiliteit, uitstekende graderings-

kwaliteit en goeie uitloopweerstand.

SST 387

beskik oor uitstekende stoelver-

moë, droogteverdraagsaamheid, goeie

weerstand

teen

geelroes,

Russiese

koringluis en matige blaar- en stamroes-

weerstand.

SST 317

is ‘n hoëpotensiaal win-

tertipe met ‘n langer groeiperiode spesifiek

vir vroeë aanplantings in die Wes-Vrystaat.

Uitstekende stoelvermoë bedek die grond-

oppervlak vinnig en beperk waaisand-

skade. Korter strooi en stewige halms bied

omvalweerstand, beskik oor geelroes en

Russiese koringluisweerstand, matige weer-

stand teen blaar- en stamroes en goeie uit-

loopweerstand.

SST 316

is ‘n intermediêre

kultivar vir later aanplantings in die Oos-

Vrystaat, met uitstekende geelroes en

Russiese koringluisweerstand. Kort, sterk

strooi en sterk baard beperk voëlskade, met

goeie kwaliteit, uitloopweerstand en hekto-

litermassa as verdere kenmerke.

Besproeiing

SST 8135

– nuut. ‘n Hoëpotensiaal, semi-

dwerg variëteit met ‘n medium tot kort

groeiperiode en goeie weerstand teen geel-

roes en poeieragtige meeldou. Aangepas

vir die warm noordelike en koeler besproei-

ingsgebiede, met goeie stabiliteit, staan-

vermoë en uitstekende graderingskwaliteit.

SST 8125

– nuut. ‘n Hoëpotensiaal, semi-

dwerg kultivar met ‘n medium groeiperiode

en goeie weerstand teen geel-, stam- en

blaarroes en poeieragtige meeldou. Goed

aangepas vir die Noord-Kaap en KwaZulu-

Natal se besproeiingsgebiede, met goeie

staanvermoë, ’n goeie wortelstelsel en

uitstekende graderingskwaliteit.

SST 896

– nuut. ’n Hoëpotensiaal, semi-dwerg kulti-

var met ‘n medium groeiperiode en goeie

weerstand teen geel-, stam- en blaarroes en

poeieragtige meeldou. Beskik oor die

stay

green

effek, goeie droogteverdraagsaam-

heid, goeie staanvermoë, ‘n goeie wortel-

stelsel en uitstekende graderingskwaliteit.

SST 895

het ‘n medium groeiperiode, goeie

staanvermoë onder hoë-opbrengspotensi-

aalomstandighede asook volwasse plant-

weerstand teen stam-, blaar-, geelroes en

poeieragtige meeldou, droogteverdraag-

saamheid, goeie fotosinterende kapasiteit,

‘n goeie wortelstelsel en graderings-

kwaliteit.

SST 884

is ‘n semi-dwerg variëteit

met enkele dae se langer groeiperiode as

SST 843

, uitstekend aangepas by laat aan-

plantings onder besproeiing. Volwasse

plantweerstand teen stam-, blaar-, geel-

roes asook poeieragtige meeldou, besit

die

stay green

eienskap, goeie droogtever-

draagsaamheid, wortelstelsel en fotosin-

terende kapasiteit, met goeie staanvermoë

en graderingskwaliteit.

SST 875

is ‘n me-

dium tot kort groeiperiode kultivar vir vroeë

tot laat planttye, met goeie staanvermoë,

droogteverdraagsaamheid en fotosinte-

rende kapasiteit, volwasse plantweerstand

teen blaar- en geelroes, en goeie graaneien-

skappe.

SST 867

en

SST 877

is langer groei-

periode kultivars vir vroeë aanplantings met

uitstekende en stabiele opbrengspotensi-

aal, goeie staanvermoë, weerstand teen

streeproes, met goeie graderingskwaliteit

en uitloopweerstand.

SST 866

:

‘n Kultivar

met goeie aanpassing en hoë opbrengs

vir die Noordelike, Noordwes, Wes-Vry-

staat en Oranjerivierbesproeiingsgebiede,

met goeie staanvermoë en graderings-

kwaliteit.

SST 843

is ‘n welbekende,

dubbel-dwerg kultivar met ‘n kort groei-

periode en aanpassing vir laat aanplan-

tings. Kan hoë bemesting hanteer sonder

omval, het goeie weerstand teen geelroes,

poeieragtige meeldou en toleransie teen

Karnal Brand. Toon verdraagsaamheid vir

aarskroei in vergelyking met bestaande

kultivars en het uitstekende hektolitermas-

sa, proteïeninhoud en valgetalwaardes.

SST 835

beskik oor uitstekende en sta-

biele opbrengspotensiaal in die koeler

gedeeltes en KwaZulu-Natal se besproei-

ingsgebiede. Beskik oor goeie maal- en

bakeienskappe, goeie staanvermoë, weer-

stand teen geelroes, poeieragtige meeldou

en toleransie teen Karnal Brand.

SST 806

is ‘n bekende kultivar met goeie opbrengs-

potensiaal en aanpassing in die koeler en

warmer besproeiingsgebiede. Die kultivar

het omvalweerstand, goeie geelroes- en

meeldouweerstand en graankwaliteit.

Optimale gewasbestuur moet die keuse van

‘n kultivar ondersteun, veral as die kultivar

spesifieke bestuurspraktyke vereis om ge-

netiese potensiaal te verwesenlik.

Sensako-koringkultivars

– die eerste stap na winsgewende koringproduksie

FRANCOIS KOEKEMOER, STEPHAN DE GROOT

en

WILLEM OTTO,

Sensako