Background Image
Previous Page  54 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Produk-inligting

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika

Tel: 018 293 1233

Ɣ

Tel: 017 647 6431

Ɣ

Tel: 012 252 6849

www.saadbemarking.co.za

*Variëteit ingedien vir registrasie

KKSB is 'n vennoot

van Agribonus

Tel: 012 843 5660

K

L

E

I

N

K

A

R

O

O

S

A

A

D

B

E

M

A

R

K

I

N

G

°

S

E

E

D

M

A

R

K

E

T

I

N

G

2

Soja

16

‡ 16

‡ 16

‡ 16

Geel Mielie

..6

% ‡ ..6

%

..6

5 ‡ ..6

%5

..6

‡ ..6

% ‡ ..6

5

..6

‡ ..6

% ‡ ..6

5

..6

%5

Wit Mielie

..6

‡ ..6

‡ ..6

%

..6

5 ‡ ..6

%5

DIE ALLES - IN-EEN SAAD VERSKAFFER

Verdien gratis

Agri

Bonus

punte

eksklusief

verkrygbaar

vanaf

K2 Saad

Sojaboonverbouing onder die loep

Saad

GERHARD ENGELBRECHT,

Klein Karoo Saad Bemarking

S

ojaboonaanplantings het daadwerklik gestyg as ‘n uit-

stekende wisselbougewas asook ‘n baie meer winsgewende

een. Sojaboonhektare (620 300 ha in 2015) het met

23,34% toegeneem teenoor verlede jaar, terwyl die gemid-

delde opbrengs (ongeveer 1,6 ton/ha) nie baie toegeneem het nie.

Daar is nog nie baie Suid-Afrikaanse navorsing om die beste verbou-

ingspraktyke uit te wys nie. Ons wil egter graag in hierdie artikel ‘n

literatuurstudie oor wêreldnavorsing met produsente deel.

Kies die regte plantpopulasie

Hierdie is sekerlik een van die belangrikste praktykkomponente. So-

jabone presteer die beste teen die regte stand. Daarom is dit goed

om te plant met gehalte saad; met ‘n versekerde ontkiemingspersen-

tasie is die populasiemikpunt makliker haalbaar. Ons vind dat ‘n

nouer rywydte (tot op 45 cm) ‘n opbrengsverhoging sal gee, maar

nouer as 45 cm gee geen verhoging nie.

Mikro-elemente

Sojabone is ‘n goeie verbruiker van residuele voedingstowwe in die

grond. Daar is ‘n hele klomp mikro-elemente wat belangrik is vir soja-

bone, waarvan twee uiters belangrik is:

Molibdeen

Molibdeen (Mo) is veral belangrik met die vorming en werking van

nodules. Hierdie nodules bind die stikstof vir die plant en begin dit

beskikbaar stel wanneer die plant begin blom. Sojabone moet met

die regte entstof behandel word vir die beste nodulasie. Molibdeen

is ook belangrik vir blomvorming en blomgesondheid.

Mangaan

Mangaan (Mn) is belangrik vir die plant se metaboliese prosesse,

soos om glifosaat vinniger af te breek. Verbeterde metaboliese ak-

sies verminder stres op die plant en sal ‘n beter opbrengs verseker.

Wanneer om glifosaat te spuit

Daar is verskeie studies wat die ideale toedieningstyd uitwys. Spuit

klaar voor die sojabone blom. Toediening tydens R1- en R2-stadiums

is die sensitiefste. Dit is wanneer die plant in volle blom is. Daarna

kan glifosaat weer gespuit word met ‘n kleiner benadeling van op-

brengs. Alhoewel hierdie nie ideaal is nie, moet dit opgeweeg word

teen die kompetisie van die onkruid.

K2 Saad het ‘n volledige sojaboonpakket beskikbaar:

NS 5009: Vinnig, uitstekend in koeler gebiede.

NS 5909 en NS 6448: Medium, uitstekend in koeler en warmer

gebiede.

NS 7211: Mediumlaat, uitstekend in warmer gebiede.

Voordat enige addisionele praktyk, soos blaarbespuitings, toegepas

word, moet winsgewendheid bepaal word en nie opbrengsverho-

ging nie.