Background Image
Previous Page  51 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 124 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Link Seed:

Mielie- en sojaboon-

kultivars vir die 2015/2016-seisoen

S

ojaboonaanplantings het gedurende die afgelope plant-

seisoen drasties toegeneem. Verskeie produsente plant

reeds mielies tot sojabone in ‘n verhouding van 50:50 en in

sekere areas is die soja-gedeelte selfs groter.

Mielies en sojabone is natuurlik ideale pasmaats in ‘n wisselboustel-

sel en die agronomiese en ekonomiese voordele is welbekend.

Link Seed het die afgelope 22 jaar uitstekende mieliebasters en

sojaboonkultivars ontwikkel en is tans ‘n gerekende rolspeler in die

saadbedryf. Met die toevoeging van ultrakortgroeiseisoenbasters

kan ons nou ‘n volledige pakket aanbied.

Witmieliebasters

In ons witmieliereeks is daar die mediumvinnige LS 8533R wat as

glifosaatweerstandbiedende baster uitstekende voordele bied

en uitmuntend vertoon in die LNR-Nasionale proewe. Uitstaande

kenmerke sluit in hoë-opbrengspotensiaal, baie goeie staanvermoë,

wye aanpasbaarheid en goeie algemene siekteweerstand.

Nou reeds vir die tweede jaar op die mark, is daar LS 8539B, in die

medium tot vinnige klas en LS 8537, ‘n mediumgroeiseisoenbaster.

LS 8539B is ‘n hoë-opbrengspotensiaal, meerkoppige baster met

wye aanpasbaarheid, vinnige graanafdroging en baie goeie weer-

stand teen roes.

LS 8537 daarenteen is meerdoelig, met uitstekende graanopbrengs

en uitstaande kuilvoereienskappe. Verskeie kuilvoerprodusente

is reeds gaande oor hierdie baster. Baie goeie algemene

siekteweerstand en wye aanpasbaarheid dra by tot ‘n baster wat nog

baie van gehoor sal word.

Nuut op die mark is LS 8541BR, ‘n mediumgroeiseisoenbaster.

Kenmerkend van hierdie stapelgeenbaster is sy sterk meer-

koppigheid, stabiliteit en vinnige afdroging.

Aanvullend tot die witbasterreeks is daar ‘n ou staatmaker soos

LS 8519: Die vinnigste uit die grond uit, meerkoppig, met baie goeie

graankwaliteit en die ideale baster vir gebruik in ‘n toevlugsarea.

Geelmieliebasters

Toppresterende geelmieliebasters en die naam Link Seed is reeds

lankal sinoniem:

LS 8518 is bekend vir sy uitstekende opbrengsvermoë en wye

aanpasbaarheid en jaar na jaar se uitstekende resultate in die LNR-

proewe. Voeg hierby uitstekende staanvermoë en graankwaliteit en

hierdie mediumgroeier is gebrandmerk as ‘n wenner.

Vir produsente met onkruidprobleme is die nuwe LS 8538R ‘n

seker keuse. Hierdie medium tot vinnige baster bied uitstekende

opbrengste, het baie goeie staanvermoë, is wyd aanpasbaar en met

vinnige graanafdroging.

LS 8526 en LS 8536B is beide mediumvinnige basters, wyd

aanpasbaar en met uitstekende meerkoppigheid – ideaal waar ‘n

laer plantestand verkies word. Vinnige afdroging maak hierdie

49

March 2015

Produk-inligting

twee basters ook ‘n goeie keuse in die koeler, korter groeisei-

soenareas.

LG 3607Y is ‘n nuwe, ultravinnige geelmieliebaster met uitstekende

opbrengs. Baie goeie staanvermoë, stabiliteit en vinnige afdroging

maak dit ‘n uitstekende keuse vir hierdie marksegment.

Sojaboonkultivars

Link Seed se wye sojaboonreeks is peul-vir-peul van die beste in die

mark.

LS 6444R is welbekend as een van die kortste groeiklas sojabone in

die land en is reeds verskeie jare ‘n toppresteerder in die LNR-proewe

vir die koeler gebiede, maar vaar ook uitstekend in die warmer en

gematigde gebiede. Hierdie kultivar het baie goeie staanvermoë en

is uiters geskik vir nouer rye.

Nuut in hierdie groeiklas is LS 6240R met dieselfde uitstekende

eienskappe, maar met ‘n effens beter peulhoogte.

LS 6146R het ‘n onbepaalde groeiwyse, is effens stadiger as

LS 6444R, maar met wyer aanpasbaarheid, goeie peulhoogte en is

ons toppresteerder in die warm gebiede.

LS 6248R is semi-bepaald met wye aanpasbaarheid en ‘n uitste-

kende stalmaat vir LS 6146R. Hierdie kultivar presteer baie goed in

die gematigde en koeler areas

LS 6164R in die medium groeiklas, is ons toppresteerder in die

koel en warm gebiede die afgelope drie jaar en lewer uitstekende

opbrengste. Baie goeie peulhoogte en weerstand teen oopspring is

verdere uitstaande kenmerke.

LS 6453R is ‘n nuwe kultivar in die medium groeiklas en ‘n uitste-

kende stalmaat vir LS 6164R asook aangepas vir droëland en

besproeiing.

LS 6161R – ‘n smalblaar, donkergroen sojaboon wat aangepas is in

al die klimaatstreke, met uitstekende staanvermoë en opbrengs en

geskik is vir droëland sowel as besproeiing.

LS 6261R is ‘n nuwe smalblaarkultivar met soortgelyke eienskappe

as LS 6161R, maar met ‘n effens korter, regop groeiwyse.

LS 6466R val in die groep 6-groeiklas. Hierdie kultivar het uitstekende

peulhoogte en is baie goed aanpasbaar in die warm en gematigde

produksieareas, met uitstekende opbrengspotensiaal.

DANIEL HERBST,

Link Seed

Link Seed spog met ‘n volledige pakket sojaboon- en mieliebasters.