SA Grain March 2014 - page 101

99
March 2014
1: Die Rhys Evans Groep se bestuurspan bespreek gereeld produksie-
probleme en soek gesamentlik na oplossings vir die probleme. Die wins-
gewendheid van die vertakkings bly ‘n baie belangrike aspek.
2: Die bekende Huntersvlei Sussex stoet word gereeld gebruik vir lesings
wat vir skole, universiteite en heelwat buitelandse besoekers aangebied
word.
3: Onkruiddoders word met die beste toerusting moontlik op die regte
tyd toegedien om te sorg dat die lande onkruidvry bly. Dit is ook belang-
rik dat die onkruiddoderprogramme so opgestel word dat dit die vol-
gende gewasse nie benadeel nie.
4: Die resultaat van ‘n jaar se werk. Presisieboerdery help om hierdie
resultate te verbeter deurdat elke land volgens sy potensiaal produseer.
2
3
4
1
die besluite wat hulle neem. Om aan te hou
om die regte besluite vir die boerdery te bly
neem, moet die bestuur op hoogte bly van
nuwe ontwikkelinge en seker maak dat hul
die onderliggende kennis het om te weet
wanneer dit die moeite werd is om nuwe
aksies te implementeer.
Cronjé noem dat ‘n mens baie moet lees
en ander bronne van inligting moet gebruik
om jou kennisvlakke gedurig uit te brei.
Proewe wat op die plaas gedoen word, is
ook ‘n belangrike bron van inligting. “Tans
gee ons aandag aan kultivar, bemesting en
bewaringsbewerkingsproewe,” het hy gesê.
Werkerskorps
Die eise wat gepaardgaan met moderne
boerderymetodes plaas groot druk op
die werkerskorps. Plaaswerkers met
ondervinding raak al hoe skaarser vir die
landbou; hulle ondervind dat minder jong-
mense op plase wil werk.
1...,91,92,93,94,95,96,97,98,99,100 102,103,104,105,106,107,108,109,110,111,...124
Powered by FlippingBook