SA Grain March 2014 - page 100

Graanprodusent / Toekenning / Besigheid / Hulpbronne
Maart 2014
98
Boerdery is ‘n besigheid
– Rhys Evans Groep
O
m doelgerig vorentoe te gaan,
probleme aan te spreek en ge-
leenthede aan te gryp, maak van
die Rhys Evans Groep ‘n waardige
Graan SA/Syngenta Graanprodusent van
die Jaar-wenner.
Die Rhys Evans Groep is ‘n boerdery met ‘n
lang en ryk geskiedenis. Hierdie boerdery
gaan van krag tot krag en is oor geslagte
heen uitgebou tot ‘n modelbesigheid. Tans
is mnr Anthony Evans aan die stuur van
sake en hy word ondersteun deur mnr
Arno Cronjé, wat die hoofbestuurder van
die Groep is. Evans se seun, David, het ook
onlangs by die boerdery aangesluit en is die
vierde geslag wat op die plaas boer.
Hulle boer hoofsaaklik in die Viljoenskroon-
distrikmet graan en vee. Die graanvertakking
bestaan uit ongeveer 75% mielies, 13%
sonneblomme, 8% grondbone, terwyl
die res van die lande deur sojabone en
aangeplante weiding opgeneem word.
Die veevertakking bestaan uit die bekende
Huntersvlei Sussex stoet, ‘n Sussex kom-
mersiële kudde, ‘n voerkraal om waarde tot
die beeste te voeg en ‘n varkboerdery wat
hoofsaaklik spekvarke produseer.
Cronjé verduidelik dat hierdie boerdery uit
verskeie afdelings bestaan wat saam werk
om die winste van die totale besigheid
te verhoog. Só kan byvoorbeeld die een
vertakking se afvalprodukte in ander
vertakkings aangewend word om insetkoste
te verlaag, of opbrengsverhogings teweeg
te bring. Die kompostering van vark- en
beesmis saam met grondboondoppe, is ‘n
goeie voorbeeld hiervan.
Boerdery is ‘n besigheid
Evans het al vroeg besef dat ‘n boerdery
‘n besigheid is en dat alle hulpbronne aan-
gewend moet word om wins te genereer.
Hy is deeglik bewus daarvan dat ‘n produ-
sent ‘n bestuurder van mense, hulpbronne
en tegnologie is en dat die produsent
verantwoordelik is om hierdie insette tot die
beste van sy vermoë aan te wend. Vir dié
doel het Evans en Cronjé hulself verder in
besigheidsbestuur bekwaam, as aanvulling
tot hulle boerderykennis.
Met die besef dat hul boerdery ‘n besigheid
is, fokus die Rhys Evans Groep op die
winsgewendheid van elke vertakking as
afsonderlike besigheidseenheid, sonder
kruissubsidies tussen die afdelings.
Wins word nie net in die kort termyn ont-
leed nie, maar langtermynprojeksies speel
‘n belangrike rol in die besluitnemings-
proses. Kapitaalvervanging en -investering
moet voortdurend plaasvind en as die
toekomsverwagtinge nie rooskleurig lyk nie,
moet mooi besin word of dit gedoen moet
word al dan nie.
Met die fokus op langtermynwinsgewend-
heid en volhoubaarheid, is die opstel van
langtermyndoelwitte en -strategieë van
kardinale belang. Die stappe help ook
om voortydig te beplan sodat strategiese
aankope gedoen kan word om laer pryse
te benut.
Groei, risikoverskansing, diversifikasie en
waardetoevoeging is van die redes hoekom
die Groep verskeie ander vertakkings en
bedrywe, soos die varkboerdery en die
grondboonverwerking, begin het. Op die ou
einde het die ekonomie gedikteer of nuwe
vertakkings ingeskakel kan word of nie.
Deur waarde tot die produkte te voeg en so
‘n groter gedeelte van die verbruikersrand
te bekom, is definitief sinvol en verhoog die
besigheid se winsgewendheid.
Hulpbronne
‘n Goeie kennis van die besigheid se
hulpbronne is vir enige bestuurder van
kardinale belang. Alle landerye is ‘n geruime
tyd gelede al volgens grondtipes gekarteer.
Die gronde is ook later chemies gekarteer
en sedert 2003 word al hierdie inligting
gebruik om presisieboerdery toe te pas.
Chemiese ontledings word elke jaar op ‘n
derde van die grond gedoen, waar bogrond
volgens ‘n een hektaar-ruit en ondergrond
volgens ‘n vier hektaar-ruit gekarteer en
ontleed word.
Die gronde wat kontantgewasse nie
winsgewend kan onderhou nie, is ‘n ge-
ruime tyd gelede al na permanente weiding
omgeskakel. Met dié verandering in die
verbouingspraktyke is daar weer besin
watter gronde nou winsgewend graan kan
produseer.
Tydens die ontleding is besef dat
sommige van die gronde wat na weidings
omgeskakel is, graan nou weer winsgewend
en volhoubaar kan produseer. Cronjé
noem dat hulle met die hulp van hulle
landboukundiges, die gronde se fisiese
en chemiese karterings, saam met agt
jaar se opbrengsdata gebruik om die op-
brengspotensiaal van verskillende sones in
elke land te bepaal.
Volgens hierdie inligting word daar nou
variërende plantpopulasies en bemes-
tingspeile vir elke sone bepaal en daar-
volgens geplant.
Samewerking
Die Rhys Evans Groep se bestuur het lankal
besef dat dit belangrik is om die besigheid
in samewerking met kundiges buite die
boerdery te bedryf. Daarom bestaan daar
‘n baie goeie vennootskap tussen die
boerderybestuur en die landboukundiges
van hul onderskeie insetverskaffers. Tog
neem hierdie vennootskap nie die ver-
antwoordelikheid vir besluite weg van die
bestuur nie en moet die boerderybestuur
uiteindelik die verantwoordelikheid dra van
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar
Die Rhys Evans Groep is verlede jaar as
Graan SA/Syngenta se Graanprodusent
van die Jaar aangewys. Met die toekenning
hier afgeneem Arno Cronjé, Anthony Evans
en David Evans.
1...,90,91,92,93,94,95,96,97,98,99 101,102,103,104,105,106,107,108,109,110,...124
Powered by FlippingBook