SA Grain March 2014 - page 114

Maart 2014
112
Jou 2014-LNR-KGI
Produksiehandleiding
is in die pos
D
ie Landbounavorsingsraad se LNR-Kleingraaninstituut
(LNR-KGI) se jaarlikse
Produksiehandleidings
is tans in
proses om gepos te word aan ongeveer 7 600 produsente
landswyd. Ons het reeds in November 2013 begin met
die proses in ‘n poging om die boekies so vroeg moontlik aan die
produsente beskikbaar te stel.
Hierdie kompakte handleiding bevat die jongste inligting en resultate
ten opsigte van kultivarprestasie, onkruid-, siekte- en insekbeheer,
asook ander algemene bestuurspraktyke met betrekking tot sukses-
volle kleingraanverbouing.
Die
Produksiehandleiding
stel baie nuttige en duidelike riglyne
waarbinne aanbevelings en produksiebesluite behoort gemaak
te word. Dit is vir navorsers by die LNR-KGI belangrik dat klein-
graanprodusente altyd toegang het tot die nuutste, onafhanklike
koringinligting.
Twee afsonderlike handleidings is in Afrikaans en Engels beskikbaar
vir die somer- en winterreënvalgebiede onderskeidelik. Danksy
finansiële ondersteuning van die Wintergraantrust, kan die
Pro-
duksiehandleiding
gratis aan kleingraanprodusente verskaf word.
Ander instansies wat belangstel, kan die handleidings aankoop teen
R70 elk.
Aangesien die koringplant so ‘n besonderse aanpassing toon en
omdat Suid-Afrika so ‘n wye verskeidenheid van omgewings en dus
verbouingstoestande het, plant die Produksiepraktyke-span by die
LNR-KGI verskeie kultivarevalueringsproewe regoor Suid-Afrika.
Nuwe sowel as bestaande kultivars van alle saadmaatskappye
word in hierdie proewe onder dieselfde toestande geplant. Op so ‘n
manier kan die kultivars se opbrengspotensiaal, kwaliteit en ander
eienskappe met mekaar vergelyk word en kan aanbevelings aan
produsente gemaak word ten opsigte van watter kultivars die beste
in ‘n bepaalde situasie sal presteer. ‘n Komitee bestaande uit kun-
diges van die LNR-KGI, die Universiteite van die Vrystaat en
Stellenbosch, SANSOR, SAB Maltings (Pty) Ltd, die onderskeie
departemente van Landbou, saadmaatskappye en ander belangrike
rolspelers, het op 6 Februarie vergader om hierdie navorsingsre-
sultate te evalueer en aanbevelings op grond van wetenskaplike
resultate te maak.
Hierdie diens wat die LNR-KGI aan produsente verskaf, is van
onskatbare waarde, want elke produsent kan volgens sy eie
unieke omstandighede ‘n produksieplan met behulp van die
Pro-
duksiehandleiding
daarstel.
Behalwe vir kultivarkeuse, word onderwerpe soos algemene ko-
ringbestuur, wisselbouriglyne, grondbewerking, plantvoeding en
grondsuurheid en onkruid-, plaag- en siektebeheer, daarin volledig
hanteer. Deur hierdie produksieriglyne sinvol te gebruik, kan die
produsent sy hulpbronne optimaal benut om winsgewend en
volhoubaar te produseer. Vir elke koringprodusent is dié boekie dus
‘n moet!
Tydens ‘n opname wat onder koringprodusente gedoen is, was dit
verblydend om te hoor dat koringprodusente die handleiding as ‘n
uiters belangrike bron van produksie-inligting beskou.
Die handleidings is ook in CD-formaat beskikbaar. Sou jy verkies om
die boekie dan eerder elektronies te gebruik, kontak ons asseblief.
Onthou, indien die LNR-KGI nie jou naam en posadres het nie, kan
jy Elri Burger by 058 307 3507 of Eveline Mofokeng by 058 307 3400
kontak.
Let ook asseblief daarop dat daar elke jaar boekies terugkom
na die Instituut as gevolg van verkeerde adresse, verhuisings of
posbusse wat gesluit is. Indien jy nie die boekie ontvang nie, of jy het
intussen van posadres verander, kontak ons ook, sodat die nodige
veranderinge op die adreslys aangebring kan word.
Die handleidings sal ook tydens Graan SA se NAMPO Oesdag van
13 tot 16 Mei by die LNR-KGI se stalletjie in die Microbial Solutions-
saal beskikbaar wees.
AKTUEEL
ELRI BURGER,
skakelbeampte, LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,104,105,106,107,108,109,110,111,112,113 115,116,117,118,119,120,121,122,123,...124
Powered by FlippingBook