SA Grain March 2014 - page 119

k
ennis is ‘n ware skatkis, maar soos enige skat, is dit nie
altyd vryelik beskikbaar nie. Soms is dit so goed versteek
dat dit ‘n goeie soektog afgee om dit op te spoor.
Die internet bied ons ‘n magdom kennis, maar dikwels
is dit so onpersoonlik en verwarrend en nie noodwendig
spesifiek tot jou behoeftes nie. Kennis is mag en soveel keer is die
waardevolle inligting nie opgesluit in ‘n boek nie, maar wel opgebou
deur jarelange ondervinding wat dikwels van een generasie na ‘n
ander oorgedra is en nooit neergeskryf is nie. Soms is boekinligting
nie vir jou spesifieke omstandighede of area geskik nie, maar hoe
sal ‘n mens dit ooit weet voor jy nie self daarmee gesukkel het nie?
Ondervinding kom met ‘n prys ná vele kere se probeerslae, kopkrap
en weer probeer. Hoekom moet jy jouself deur hierdie proses van
eliminasie plaas van wat moontlik kan werk en wat glad nie sal werk
nie, as iemand anders al die oplossing het? Wat jy saai, sal jy maai.
Deel kennis met ander en kort voor lank word ‘n klip ook uit jou pad
gerol, met iemand anders wat weer hul kennis met jou deel.
Al die navrae en e-posse wat ek ontvang, is vir my ‘n goeie aanduiding
dat mans sowel as vrouens die “Tuinmaak met David”-artikel (nou
“Kreatiwiteit met David”) geniet. Dit is altyd lekker om my kennis te
deel en sodoende leer ek ook baie van ons lesers.
Alhoewel die artikel basies oor tuinmaak handel, ontvang ek ook
gereeld navrae oor ander onderwerpe. Soms, in ruil vir goeie advies,
ontvang ek ‘n tertresep of ‘n e-pos met mooi motiverende woorde.
Soms spog die lesers (op ‘n mooi manier) met foto’s van hul tuistes.
Ek put soveel genot daaruit dat ek gedink het dit is eintlik ‘n skande
dat die “lekker kuier” en al die advies wat daarmee saamgaan, beperk
word tot slegs twee mense. Dit het my laat dink aan ‘n manier om ook
lekker met ander lesers te kuier en nuwe gesigte te leer ken.
Ek beplan ‘n
Facebook
-bladsy waar ons enige kreatiwiteit, advies
en oulikhede met mekaar kan deel – of dit nou jou eie is of geleen,
kom ons deel dit met mekaar op
Facebook
. Ek het lank gedink aan
‘n naam vir die besondere groep en toe dink ek aan Wysboek op
Facebook
. Die woord “wys” verwys hier na die visuele aspek sowel
as die intellektuele deel daarvan (wysheid).
Hoe dikwels gebeur dit nie dat ‘n mens êrens kuier en ‘n plant sien,
maar nie die naam daarvan ken nie. Teen die tyd dat ‘n mens tuis
kom, is die gesteelde takkie se blare al verlep en ‘n dag of twee later
wanneer ‘n kenner daarna kan kyk, is die groen bondeltjie blare al
bruin en verrimpeld.
Neem ‘n foto daarvan met jou selfoon en stuur dit aan ons nuwe
groep vir die kundiges om dit te identifiseer. Wie weet, miskien is
daar selfs iemand in jou area wat so ‘n plant aan jou sal afstaan of
miskien weet iemand waar om dit in die hande te kry.
Kom ons help mekaar om meer kreatief na items te kyk...Van tuin-
maak tot binnehuisversiering, modes en kosmaak. Of dit nou ‘n mooi
rok, blom of tafelversiering is, deel dit! Plaas sommer enige iets wat
vir jou oulik is.
Daardie foto’s wat jou soms laat glimlag en die vraag laat afvra:
“Hoekom het ek nie daaraan gedink nie?” Ek kan myself verlustig
aan ander se kreatiewe wyses waarop hul dinge doen en soms is
dit nou nie wat ek self sou doen, of persoonlik mee gemaklik sou
wees nie, maar tog is dit vir my mooi en laat dit my veel wyer dink
as vantevore! Positiewe opbouende kommentaar sal soveel beteken
op Wysboek.
Dink net hoe vervelig die wêreld sou gewees het as ons almal
eenders was? “Beproef alle dinge (wat goed is) en behou die goeie,”
is ‘n leuse wat ek al jare lank saamdra en met die nuwe groep op
Facebook
kan ons aan soveel meer blootgestel word.
Miskien vind jy inspirasie in iemand anders se kreatiwiteit. Die
geheim lê altyd daarin om nie ‘n idee net so te na-aap nie, maar om
dit jou eie te maak deur jou stempel daarop af te druk.
‘n Mens het dikwels vrae, maar weet nie altyd wie om te vra nie.
Stel dus jou vrae op die Wysboek-blad en beantwoord ook sommer
iemand anders se vrae uit jou persoonlike ervarings. Miskien is daar
iemand in jou omgewing wat met dieselfde probleem sukkel en net
soos vele hande die werk ligter maak, sal “koppe bymekaar sit” of
saam kopkrap oor ‘n probleem, die werk dalk ook net ligter maak.
Vir diegene sonder internettoegang sal ons wel nog die inligting deel
in die maandelikse “Kreatiwiteit met David”-rubriek. Dit gaan handel
oor enige iets binne sowel as buite die huis. Lekker kosmaak, modes,
binnehuisversiering, blommerangskikkings, tuinmaak en nog vele
meer.
Ek kan nie wag vir lekker kuier en gesels nie! Gaan
like
sommer nou
dadelik die nuwe Wysboek op
Facebook
.
Wysboek op
Facebook
skop af
– kom gesels saam
Vir navrae, skakel David Viljoen van Mercury Designs by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
DAVID VILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
met David
Wysboek op
Facebook
117
March 2014
1...,109,110,111,112,113,114,115,116,117,118 120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook