Bakteriese stam- en kelkvrot
is dié seisoen weer problematies vir mielieprodusente
E
rwinia
chrysanthemi
pv.
zeae
(
Erwinia carotovora
f.sp.
zeae
)
is ‘n beweeglike, gram-negatiewe, staafvormige bakterie wat
bakteriese stam- en kelkvrot van mielies veroorsaak.
Die siekte kan regdeur die mielieproduksieareas van Suid-Afrika
gevind word en veroorsaak periodiek ernstige gelokaliseerde
besmettings, soos tans in die Vaalharts-omgewing ondervind word.
In die vorige en die huidige seisoen is verskeie navrae ook uit die
Noord-Kaap, Noordwes Provinsie, Noord-Vrystaat en Limpopo mielie-
produksiegebiede ontvang rakende bakteriese stam- en kelkvrot.
Alhoewel die aanplantings wat gereeld simptome toon en waar
infeksies hoër is, meestal onder besproeiing is, is daar ook be-
smettings in droëlandaanplantings aangemeld. Besmettings wissel
dié jaar van 0% tot 20% en in sommige gevalle in die Vaalharts-
gebied is daar tot 30% besmetting waargeneem.
Hierdie patogeen het ‘n wye gasheerreeks wat beide monokotiel- en
dikotielplante insluit. Bakteriese stam- en kelkvrot van mielies kom
meestal in gebiede voor met ‘n hoë reënval en/of besproeiing, veral
waar grond swak dreineer.
Hoë temperature (32°C - 35°C) en relatiewe humiditeit bevorder
die ontwikkeling van die siekte. Vog wat in die kelk vergader as ge-
volg van oorhoofse besproeiing (veral waar stikstof toegedien is),
of oormatige reën/dou, is die hoofoorsaak van kelkvrot. Beheer
daarvan is moeilik, omdat daar nie voorspel kan word waar die siekte
gaan toeslaan nie.
Ekonomiese belangrikheid en
epidemiologie
Die bakterie oorwinter in stamreste op die grondoppervlak en die
moontlikheid bestaan ook dat die bakterie in grond-besproeiings-
damme voorkom en deur besproeiing met mielieplante in kontak
kom.
Plantwonde wat deur hael, sterk winde en insekte, soos stamboor-
ders, veroorsaak word, verskaf openinge vir infeksie. Bakterieë
kan ook die plant binnedring deur natuurlike openinge, soos huid-
mondjies. Die bakterie is nie saadgedraagd nie. Stamboorders is
moontlike vektore (draers) van die bakterie.
Siektesimptome
Kelkvrot
Dié siekte infekteer die kelke van mielieplante gedurende die
vegetatiewe groeistadium. Simptome kom voor van saailing tot
blom, maar meestal om en by die ses- tot agtblaar-stadium.
Water en bakterie lê in die kelk en as gevolg van hoë temperature en
die vinnige vermeerdering van die bakterie, vind infeksie plaas. Die
nuwe kelkblare begin verwelk en ‘n slymerige verrotting verskyn by
die basis van die kelk (
Foto 1
).
‘n Kenmerkende vrot (amper soos vrot kuilvoer) reuk in die basis van
die kelk kan waargeneem word. In sommige gevalle sal die groeipunt
afsterf en kan die siekte ook afwaarts versprei, wat veroorsaak dat
die plant omval.
Uit siektewaarnemings in aangetaste lande het die verrotting in die
kelk tot gevolg dat die blare “afgesny” word en die groeipunt aanhou
groei. In sulke gevalle is daar nie voldoende voedsel vir die plant vir
graanvul nie en dit benadeel die opbrengs (
Foto 3
).
Stamvrot
Primêre simptome verskyn in die mid-seisoen wanneer plante skielik
omval. Besmetting van die stamme word waargeneem vanaf die
twaalfblaar-groeistadium. Aanvanklike simptome wat waargeneem
kan word, is die verkleuring van die blaarskede en stam (
Foto 2
) by
internodes (litte).
103
March 2014
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
Mielies / Patogeen / Kelkvrot / Stamvrot
BELINDA JANSE VAN RENSBURG
en
BRADLEY FLETT,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
1: ‘n Slymerige verrotting word by die basis van die kelk waargeneem.
2: Verkleuring van die blaarskede en stam by internodes.
3: Opbrengs word benadeel deur blare wat “afgesny” word.
1
3
2