SA Grain March 2014 - page 118

Maart 2014
116
Heidelberg Boerevereniging hou
hul afsluitingsdinee
Kanola silo op Krige ingewy
O
p Donderdagaand, 28 November 2013, het die Heidelberg Boerevereniging en die
Hoërskool Heidelberg hul jaarafsluitingsfunksie gehou, waartydens hul die wenners
van hul gars- en koringprojekte aangekondig het.
Persone wat ‘n besonderse bydrae tot die landbou in hul gebied gelewer het, is ook met ‘n
oorkonde vereer. Mnr Neels Lourens (47 jaar diens as graangradeerder, SSK) en mnr Wempie
Jacobs (18 jaar diens as direkteur van SSK) het elkeen ‘n oorkonde ontvang.
Graan SA was verantwoordelik vir die taksering van die koring en gars om die wenners te
bepaal. Elke deelnemer het dan ook die 1 ton gars of koring se opbrengs aan Hoërskool
Heidelberg geskenk. SSK was betrokke by die logistiek van die gelde.
Die gasspreker van die aand was mnr Andries Theron (visevoorsitter van Graan SA) en sy tema
was “Hoe om positief te bly in die landbou”.
1: Andries Theron (visevoorsitter: Graan SA) het die Graan SA-trofee en die wennersprys aan
Michael Dippenaar, Hoërskool Heidelberg se Garsboer 2013, oorhandig.
2: Hans-Jurie Uys is as Hoërskool Heidelberg se koringboer 2013 aangewys. Andries Theron wens
hom geluk.
3: Michael Dippenaar, Toit Wessels (Ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA), Hans-Jurie Uys en
Andries Theron.
D
ie kanola silo’s op Krige is op 3 Desember verlede jaar
geopen deur mnr Chris Punt, die burgemeester van die
Theewatersvlei Munisipaliteit.
aar word ongeveer 8 000 ha kanola in hierdie gebied geplant en in
‘n goeie jaar was opbergingspasie nog altyd ‘n probleem. Die bou
van die silo’s was nodig om die logistieke druk van die Swellendam
silo’s te verlig. Caledon en Rietpoel silo’s kan wel ook kanola opberg.
1: Die kanola silo’s op Krige het ‘n kapasiteit van 11 000 ton en is tans vol
kanola van die 2013-oes.
2: Kanola word hier geweeg, gegradeer en geberg.
3: Kellie Becker (Soill), Chris Punt (burgemeester: Theewatersvlei Muni-
sipaliteit), Toit Wessels (Ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA) en
Erenst Pelser (SSK) het die inwydingsfunksie bygewoon.
AKTUEEL
TOIT WESSELS,
ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA
TOIT WESSELS,
ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA
1
2
3
1
2
3
1...,108,109,110,111,112,113,114,115,116,117 119,120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook