SA Grain March 2014 - page 108

Maart 2014
106
in die Swartland?
E
en van kanola se talle voordele as wisselbougewas is dat,
soos bewys in die Departement van Landbou Bosbou en
Visserye in die Wes-Kaap se langtermynwisselbouproewe,
die daaropvolgende koringoes (en soms nog die een daarna
ook) ‘n merkbare verhoging in opbrengs toon in vergelyking met
koring wat in monokultuur verbou word.
Volgens sommige produsente word hierdie voordeel egter nie altyd
verkry nie. Moontlike redes vir hierdie toedrag van sake kan soos
volg wees:
Talle produsente in veral die Swartland worstel nog om raai-
grasprobleme te bowe te kom en plant kanola om die gebruik van
alternatiewe onkruiddoders in hul wisselboustelsels moontlik
te maak. Meeste van hierdie produsente het raaigras wat weer-
standbiedend is teen die chemiese onkruiddodergroepe wat in
koring toegedien kan word vir die beheer van eenjarige grasse, met
ander woorde die fops en dims (Groep A) en die sulfonielureums of
te wel die SU’s (Groep B).
Dit bring mee dat die selektiewe eenjarige grasdoders wat in kanola
benut kon word (almal Groep A), swak of geen beheer van raaigras
tot gevolg het nie. So ook is Cysure (Groep B), wat op die Clearfield
kultivars gebruik kan word, grotendeels nutteloos in hierdie situasie.
Een van die oorblywende opsies wat wel tot hierdie produsente
se beskikking is, is om triasientolerante (TT) kultivars te plant en
‘n triasienonkruiddoder toe te dien. Omdat triasienonkruiddoders
vir die suksesvolle beheer van onkruide redelik afhanklik is van
toestande wat die oplossing en opname daarvan bevorder (klam
grond en verkieslik reën kort ná toediening) is produsente geneig om
hoër as die geregistreerde dosis van die triasienonkruiddoder toe te
dien in ‘n poging om die beheer van raaigras te verbeter.
Dit is dus nie ongewoon om te hoor dat produsente 2 kg a.b. triasien
per hektaar toedien, hetsy as ‘n enkeltoediening of as verdeelde
toedienings, terwyl die geregistreerde dosis nie meer as 1 kg a.b.
triasien per hektaar is nie.
Met die toepassing van bewaringsboerdery wat grondversteuring
tot ‘n minimum beperk, word die triasienonkruiddoder op die
grondoppervlakte gekonsentreer en word die probleem van triasien-
residu-oordrag na gevoelige opvolggewasse vererger.
In droë jare waar minder triasien in die grondprofiel ingeloog word,
kan verwag word dat skade aan die opvolggewasse kan voorkom.
Koring, wat gevoelig is vir triasienonkruiddoders, se groei word
aanvanklik onderdruk in die jaar ná hierdie hoë dosisse en behaal
dus nie sy volle opbrengspotensiaal nie.
Wat is die oplossing?
Om triasienoordragprobleme die hok te slaan, is die begin om
eerstens die geregistreerde dosis van die triasien, soos op die etiket
voorgeskryf, op die regte groeistadium van die raaigras, toe te dien.
Indien voldoende beheer nie verkry word nie, is die kanse baie goed
dat ‘n hoër dosis nie beter resultate sal lewer nie.
Onkruiddoders wat te laat toegedien word (onkruide is te groot)
is in die praktyk ‘n veel groter oorsaak vir swak beheer as wat die
grootte van die dosis ooit sal wees. Indien moontlik, moet die
triasienonkruiddoder kort voor ‘n reënbui toegedien word, sodat dit
in die grond kan inloog.
Wortelopname verhoog die kanse van beter beheer van veral
raaigras aangesien die jong saailing oor weinig blaaroppervlakte
beskik vir blaaropname.
Indien ‘n swaar raaigrasdruk verwag word op landerye wat bestem
is vir kanola (wat in baie gevalle so sal wees) kan trifluralien
met planttyd toegedien word en indien nodig met triasien opge-
volg word; sodoende is daar ‘n beter kans om die raaigras volkome
te beheer.
Nog ‘n voordeel van trifluralien in kanola is dat dit, waar prakties
moontlik, breedwerpig gespuit en met behulp van ‘n vlak skottel- of
roltandegbewerking met die grond vermeng kan word om sodoende
beter resultate te verkry.
Die kanola kan daarna geplant word. Sodoende word die uitstekende
grasdodende eienskappe van trifluralien ten beste benut. Omdat
trifluralien geen nadelige effek op kanola het nie, kan kanola breed-
werpig uitgestrooi word ná die trifluralienbespuiting en daarmee
saam ingewerk word.
Bespuiting met trifluralien en die breedwerpige uitstrooi van kanola,
kan selfs in een aksie plaasvind mits dit nie dieper as 25 mm met die
grond vermeng word nie. Indien daar oesreste van die voorafgaande
gewas op die grondoppervlakte is, sal die rol van die grond ná saai
aanbeveel word.
Ten einde te voldoen aan die vereistes van die kanolapaspoort,
word aanbeveel dat slegs geregistreerde triasienbevattende pro-
dukte op kanola gebruik word. Daardeur word die landbouchemiese
maatskappye wat wel die moeite en koste aangegaan het om die
produk op kanola te registreer, ook ondersteun. Verder dien dit as
motivering vir maatskappye om ander produkte op kanola ook te
registreer.
OP PLAASVLAK
Kanola / Swartland / Weerstandbiedend / Triasienonkruiddoder
Plaagbeheer
CHRIS CUMMING,
PNS konsultant
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,98,99,100,101,102,103,104,105,106,107 109,110,111,112,113,114,115,116,117,118,...124
Powered by FlippingBook