SA Grain March 2014 - page 117

Ester van der Merwe van Piet Retief se foto “Water Wonderland” het aan haar ‘n eerste plek besorg.
WENFOTO VIR
FEBRUARIE
115
March 2014
‘n Blokkie gee jou toegang tot
‘n wêreld van kennis
H
et jy al gewonder wat die blokagtige vormpies is wat dees-
dae in amper elke tydskrif en koerant en selfs op gedrukte
advertensies pryk? Dié unieke swart en wit vierkantige
blokkies, wat soos ‘n doolhoffie lyk, is soortgelyk aan die
strepieskodering op die produkte op winkelrakke en word QR
codes
(
Quick Response codes
) genoem en
SA Graan/Grain
gaan voortaan
ook QR-kodes inspan.
RFID
tags
(radiofrekwensie identifikasie-etikette) of dan QR-kodes
soos hulle meer algemeen bekend staan, is ‘n tweedimensionele
strepieskode wat deur jou selfoon gelees kan word. Waar ‘n
supermark se eendimensionele kode egter uit vertikale strepies
bestaan, word ‘n QR-kode se inligting in vertikale sowel as horisontale
strepies vasgelê sodat meer inligting daarop vervat kan word. Die
inligting daarop is kort en sluit gewoonlik slegs ‘n paar woorde in. Dit
kan ook ‘n skakel na ‘n webtuiste insluit, wat jou onmiddellik na die
betrokke webbladsy sal neem, indien jou foon internet-toeganklik is.
Die gebruiker het dus ‘n vinnige manier om by meer inligting oor ‘n
betrokke onderwerp uit te kom. (Dan is dit natuurlik ook baie vinniger
as om die webadres met die hand te moet intik!)
QR-kodes is dus aflyn-hiperskakels wat selfoongebruikers na aanlyn-
inhoud kan herlei, mits die gebruiker die spesifieke toepassing op
sy slimfoon afgelaai het. Hierdie toepassing kan gratis van verskeie
aanlynwinkels afgelaai word. Jy skandeer dan die kode deur jou
kamera bo die betrokke blokkie te hou. Sodra jy die kode geskandeer
het, word jy na ‘n webtuiste herlei. Dit kan die gebruiker ook toegang
gee tot ander inligting, soos kontakbesonderhede, ‘n e-posadres,
SMS-boodskap en selfs die ligging van ‘n besigheid/gebeurtenis.
QR-kodes is in 1994 spesifiek vir die motorbedryf in Japan
ontwerp deur Denso Wave, ‘n filiaal van Toyota. Voertuigonderdele
is hiermee geskandeer sodat die vordering van die motors se
vervaardigingsproses gemonitor kon word. Sedert 2012 word
hierdie kodes, in vergelyking met die standaard eendimensionele
strepieskodes, baie wyer aangewend vanweë hul vinnige
leesbeskikbaarheid asook hul groter stoorkapasiteit.
Hierdie nuttige blokkie word meestal saamgestel uit swart kolletjies
(modules), wat in ‘n vierkantige blokkiespatroon op ‘n wit agtergrond
gerangskik word. Die kodes word toenemend in tydskrifte en
koerante en op naamborde, besigheidskaartjies en selfs busse
aangebring – feitlik op enige voorwerp waaroor gebruikers meer
inligting verlang.
LOUISE KUNZ,
SA Graan/Grain
medewerker
‘n Voorbeeld van ‘n
QR-kode.
1...,107,108,109,110,111,112,113,114,115,116 118,119,120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook