SA Grain March 2014 - page 103

101
March 2014
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Die tradisionele plaaswerker pas weer
moeilik aan by die nuwe tegnologie en by
geskoolde jongmense ontbreek daar weer
die praktiese ondervinding van basiese
plaaswerk. Dit plaas groot druk op die
opleiding van plaaswerkers, wat nou ook
deeglike opleiding in tegnologie vereis, wat
‘n baie tydsame proses is. Dié tekort aan
arbeid en bestuurders is as ‘n toekomstige
bedreiging deur die Rhys Evans Groep
geïdentifiseer en daarom doen hulle baie
moeite om nuwe geskoolde arbeid in diens
te stel en in diens te hou.
Cronjé noem dat hul studente van veral die
landboukolleges en universiteite in diens
neem om hul praktiese ervaring op die
plaas te kom opdoen. Op dié manier kry die
boerdery kans om potensiële operateurs
en bestuurders te identifiseer en verder op
te lei. Die grootste uitdaging is egter om
hierdie werkers te behou.
Wedersydse respek is ‘n bousteen van
hierdie boerdery. Met respek en erkenning
word die arbeiders aangespoor om die
beste resultate te lewer. Interessant dat
hierdie benadering ook vereis dat ‘n goeie
dissiplinêre kode in plek is en toegepas
word. Wedersydse respek vereis ook dat
daar ‘n beleid in plek moet wees om aksie
te koördineer en te sorg dat regverdigheid
altyd gehandhaaf word. Respek stop nie
net by die werkers nie, maar dit geld ook vir
insetverskaffers en almal wat met die Groep
besigheid doen en te doen kry.
Weet wat jou beperkinge is
Hierdie boerdery het net soos enige ander
boerdery ook sy beperkinge. Dit is belangrik
dat die bestuur weet wat die beperkinge is
en aktief planne maak om hierdie beperkinge
en risiko’s te bestuur en die invloed daarvan
te minimaliseer. Niks in hierdie besigheid is
staties nie. Die natuur is nie konstant nie en
dit moet bestuur word.
Tegnologiese veranderinge
Daar is voortdurend nuwe tegnologiese
veranderinge wat bestuur moet word.
Sommige veranderinge kan bedreigings
wees wat self aangespreek moet word,
maar dit is belangrik om die veranderinge in
die oë te kyk en dit aan te spreek. “Omdat
ons probeer om proaktief op te tree,
word die meeste van hierdie verandering
aangespreek voordat dit ‘n bedreiging
word,” noem Cronjé.
Evans noem ook dat dit vir hom lekker is om
te boer en David se betrokkenheid verseker
die dinamiese voortbestaan van die
besigheid. Boerdery se diversiteit voorkom
eentonigheid en verder bied boerdery die
geleentheid om met baie mense wat soos
hulle dink in aanraking te kom. Boerdery
gee ook vir hulle die geleentheid om daag-
liks hul groot liefde vir die grond en natuur
uit te leef binne die besigheid. Voorwaar ‘n
wen-wen-situasie!
Indien jy meer inligting verlang, kan Pietman
Botha by 082 759 2991 of Arno Cronjé by
084 699 1086 gekontak word.
5: Die Rhys Evans Groep is ‘n bekende rolspeler in die grondboonbedryf. Hulle probeer om self die
beste moontlike kwaliteit grondbone te lewer. Jaarliks word daar ook boeredae aangebied om die
grondboonbedryf te promoveer.
6: Bewaringsbewerking speel ‘n groot rol in hierdie boerdery. ‘n Groot gedeelte van hul lande is
direk geplant met variërende kunsmis en plantestand.
7: Hierdie besigheid vervaardig hul eie kompos van vark- en beesmis saam met grondboondoppe
wat uitgestrooi word op hul lande. Hierdie stap verlaag ook die insetkoste van die saaivertakking.
8: Om egter te dink daar word net gewerk op hierdie plaas, is ver van die waarheid. Arbeid is vir dié
boerdery baie belangrik en daar word moeite gedoen om goeie werkers te kry en te behou.
5
8
6
7
Boerdery is ‘n besigheid
1...,93,94,95,96,97,98,99,100,101,102 104,105,106,107,108,109,110,111,112,113,...124
Powered by FlippingBook