Background Image
Previous Page  44 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Junie 2017

42

Jou vennoot in landbousukses

S

enwes is ‘n toonaangewende landboumaatskappy wat

reeds vir sy 108ste jaar graan hanteer en opberg – ‘n ware

vennoot van die produsente in sy bedieningsgebied. Die

hart van die maatskappy is landbou en Grainlink Silobe-

dryf is een van die hoofare van hierdie hart, wat oplossings daarstel

om waarde toe te voeg en kliënte te ondersteun.

Grainlink Silobedryf ondersoek deurlopend nuwe tegnologie en

optimaliseer huidige bates en prosesse om deur doeltreffende

bestuur vir Senwes se kliënte ‘n vinniger en doeltreffender diens te

lewer. Die afgelope vyf jaar het die maatskappy navorsing gedoen

en met verskeie kliënte gesels om hul behoeftes beter te verstaan.

Die boodskap vanaf die kliënte was duidelik: “Ons wil graan vinniger

aflaai en ook graan teen ‘n hoër vogpersentasie lewer.” Hoe vinniger

produsente graan kan lewer, hoe vinniger hul omdraaityd, hoe

vinniger kan hulle aan die mark deelneem en hoe vinniger verloop

hul strooptyd.

Beter effektiwiteit

Die prosesse van die ontvangs, hantering en uitlaai van graan is

opnuut beoordeel. Daar is bevind dat die leweringsvragte se lang-

ste staantyd gedurende die wagtyd voor die opvangbak (voordat die

aflaaiproses begin) voorkom. Kritieke silo’s is geïdentifiseer en reeds

twaalf van hierdie silo’s se innamekapasiteit is vanaf 1 500 tot tussen

3 000 en 4000 ton per tien uur-werkdag verhoog.

Dit sal die vloei van vragmotors bespoedig en, indien nodig, sal

‘n bykomende padweegbrug geïnstalleer word. Die silo se in- en

uitweegtempo word dus met dié proses verhoog. Die verkorte om-

draaityd en egalige vloei ondersteun die produsent om die stroop-

proses te bespoedig. Aflaai-opvangbakke word onder meer weens

veiligheidsredes versterk.

Waarde vir geld

‘n Bykomende waardetoevoegingsfunksie is die diens waar skade-

like sade uitgesif word. Die doeltreffende hantering en opberging

van graan verg ‘n wisselwerking tussen kennis, dissipline en die

regte aanwending van betroubare toerusting.

Graandroërs en deurlugting word gebruik om graan te droog, te

temper en af te koel. Dit stel die maatskappy in staat om die volgende

aan sy kliënte te bied, wat graan teen ‘n hoër vogpersentasie wil

lewer, teen geen koste nie (afhangende van beskikbaarheid):

Sonneblom met tot 11% vog.

Sojabone met tot 14% vog.

Mielies met tot 18% vog.

Die maatskappy belê kapitaal in die instandhouding en tegnologie-

se ontwikkeling van sy bates en verseker dat hantering en opberging

‘n diens is wat vir die kliënt waarde toevoeg. Senwes is ook verbind

tot die bewaring van die omgewing. Hennenman Silo is die eerste

silo wat van sonkrag gebruik maak as aanvulling tot sy normale

elektrisiteitsbehoefte. Navorsing gaan voort in hierdie verband

– met die strewe na ‘n groen toekoms. Alternatiewe energiebronne

verseker ook volhoubare operasionele dienslewering aan kliënte

– selfs gedurende onvoorsiene kragonderbrekings vanaf die tradi-

sionele elektrisiteitsverskaffer.

Senwes Graanmakelaars Beperk

Senwes Graanmakelaars Beperk (SGB) spesialiseer in die verhande-

ling van afgeleide instrumente op die landbouprodukte-afdeling

van die JSE. SGB is toegewyd daaraan om die winsgewendheid van

die produsent en eindverbruiker te verhoog deur kundigheid aan

die dag te lê en toepaslike strategieë vir alle markomstandighede

te identifiseer. Kliënte kan persoonlike en doelgerigte diens verwag

ten einde markgeleenthede oor te dra. Dienste sluit daaglikse

gesprekke met kliënte, gereelde plaasbesoeke, daaglikse markver-

slae, sms’e en

WhatsApp

-boodskappe in. Strategieë word volgens

die kliënt se risikoprofiel en behoeftes beplan.

Basislink

Basislink is ‘n aanlyn-platform wat geskep is vir kopers van graan

om hul die geleentheid te bied om op ‘n deursigtige en gelyke basis

mee te ding vir graan by ‘n spesifieke silo, teen ‘n spesifieke premie,

op ‘n bepaalde tyd. Dit gee op sy beurt ook vir die produsent die

geleentheid om sy graan by ‘n spesifieke silo teen ‘n spesifieke

premie, op ‘n bepaalde tyd, te verkoop.

Die platform het ontstaan om deursigtigheid in basisverhandeling

van graan te bewerkstellig. Alle gebruikers hiervan het die vermoë

om te sien waarteen is ander kopers in die mark bereid om te

koop sonder om te weet wie die koper is. Dit stel kopers in staat

om premies te verhoog of te verlaag na gelang van die vraag na

graan by die betrokke silo. Tot aan die einde van April 2017 is

6 076 059 ton verhandel, met ‘n premiewaarde van net oor die

R108 973 285 wat aan produsente betaal is.

Marktoegang (graanverkryging)

Opsies en diens gee die deurslag

Graanverkryging, as integrale deel van marktoegang, lewer uit-

muntende diens aan produsente vanuit verkeie strategies-geves-

tigde kantore regoor die totale Senwes-produksiegebied. Die

personeel in elke kantoor is opgelei om die produsent gedurende

die graanbemarkingseisoen met akkurate markinligting, asook die

verskaffing van gepaste graankontrak-alternatiewe, te ondersteun.

Elke kantoor is toegerus met lewendige Safex- en Basislink-skerms.

Die Basislink-platform stel ons kliënte in staat om die beste premie

vir hul graan by ‘n bepaalde leweringspunt met verskeie kopers

te beding. Op hierdie manier is besigheid deursigtig en ons kliënt

kan deur die hele bemarkingsproses teenwoordig wees. ‘n Ver-

skeidenheid graankontrakte is beskikbaar om elke finansiële en

kontantvloeibehoefte van ons kliënte aan te spreek. Die doel is

om deurlopend goeie graanpryse te realiseer en ook terselfdertyd

risiko te minimaliseer.

Gereelde behoeftebepalings word ook onder produsente gedoen.

Die doel is om nuwe kontrakmoontlikhede wat waarde vir die

produsent sal toevoeg, te ondersoek. Die nuutste van hierdie

kontrakte is die KPK-kontrak. Hierdie statisties-beproefde kontrak

het reeds by toepassing in die huidige seisoen groot sukses, tot

voordeel van produsente, behaal.

Markanalitiese dienste

Die afdeling poog om alle relevante fundamentele en tegniese

inligting, wat ‘n effek op die prysbeweging van grane en oliesade kan

hê te versamel, te evalueer, na te vors en te interpreteer. Die inligting

word op versoek en deur middel van artikels, inligtingsgeleent-

hede en via die verskeie Senwes Graan-telekommunikasie-appli-

kasies aan produsente beskikbaar gestel.

FOKUS

Graanhanteringsketting

Spesiale

GRAHAM LOTTERING,

operasionele bestuurder,

HANSIE SWANEPOEL,

tegniese markanalis: Marktoegang,

NICO VAN DER MERWE,

besigheidsanalis: Marktoegang en

THYS GROBBELAAR,

markanalis: Marktoegang, almal van Senwes Grainlink