Background Image
Previous Page  47 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 84 Next Page
Page Background

as alternatiewe manier van mieliebemarking

M

ieliekuilvoer is al soos ‘n ou bekende en geliefde vriend

van die veebedryf. Daar is en was vele maniere vir die

maak van kuilvoer. Met die verloop van tyd is nuwe

maniere ontwikkel om kuilvoer te maak, te berg en nou

ook dalk te verkoop.

Tegnologie het verseker in die laaste paar jaar die berging van

veral graan op sy kop gedraai. Silosakke het ‘n alternatief vir die

tradisionele graansuiers begin raak. Net só is daar vandag in die

kuilvoerbedryf nuwe tegnologie beskikbaar. Dink aan die gebruik

van hooibalers en die nuwe tegnologie om die bale in plastiek toe te

draai om dit sodoende lugdig te berg.

Die gebruik van silosakke om kuilvoer in te maak en te berg is van

die uitstekende nuwe tegnologie wat beskikbaar is. Hierdie nuwe

neiging kan die koste vir die maak van die kuilvoer verlaag. Daarby

kan die gebruik van hierdie sakke die hoeveelheid trekkers benodig

by die maak van kuilvoer verminder.

As ‘n mens begin lees oor die nuwe tegnologie, kom jy vinnig tot

die besef dat dit eintlik al redelike “ou” tegnologie is. Dit is hoof-

saaklik in Europa ontwikkel en daarna in Amerika verfyn, waarna dit

reg deur die wêreld versprei is.

In Suid-Afrika word hierdie tegnologie op verskeie plekke ingespan.

Van die groot voerkrale in die oostelike Hoëveld maak al ‘n paar

jaar lank suksesvol kuilvoer op hierdie manier. Die masjiene wat

benodig word, is egter duur en gespesialiseerd en ‘n groot kapitale

belegging is nodig om hierdie taak te kan verrig.

Kennis van watter proses om te volg, is net so belangrik as die

basiese reëls vir die maak van kuilvoer. As jy gemors in die sak sit,

sal jy gemors uitkry. As jy nie die proses korrek toepas nie, kan jy

goeie materiaal insit en gemors uitkry.

Kyk hierna

Die groeistadium of volwassenheid van die mielies wat gesny word,

het ‘n groot invloed op die inname, verteerbaarheid en die hoe-

veelheid van die bepaalde kuilvoer. Verskeie studies het getoon

dat die beste tyd om ‘n gewas vir kuilvoer te sny, ‘n kompromie is

tussen hoë kuilvoeropbrengs en kuilvoerkwaliteit (verteerbaarheid).

Daarbenewens sal elke gewas ‘n optimale groeistadium vir sny hê,

afhangende van die baster se individuele eienskappe.

Volwassenheid by die sny van kuilvoer beïnvloed die kwaliteit,

omdat dit ‘n impak op graan en voginhoud het en dít weer ‘n invloed

het op verteerbaarheid.

Volwassenheid van mieliekuilvoer kan ten beste bepaal word deur

die melklyn. Die melklyn is die koppelvlak tussen die vloeistof en

vaste gedeelte van die kern. Die melklyn sal nie verskyn voordat die

mielies by die duikstadium (R5) van volwassenheid is nie.

Die kuilvoervog sal ongeveer 65% by 50%-melklyn wees. Dit is die

ideale tyd om kuilvoermielies te sny. Graanvog sal dan ongeveer

37% wees (‘n mielie wat fisiologies ryp is, se graanvog is ongeveer

35% – afhangende van die tipe baster).

Daar word aanbeveel dat produsente hul kuilvoer op 40%-melklyn

begin sny en dat die sny van kuilvoer op ‘n 60%-melklyn gestaak

word. Dit sal beteken dat meeste van die kuilvoer op 50%-melklyn

gesny sal word.

Navorsing deur Pioneer en die Universiteit van Minnesota dui

daarop dat, wanneer die pitte net begin duik (voor melklynvor-

ming), die hele plant se vog 73% tot 76% sal wees. Sny op hierdie

stadium van volwassenheid sal lei tot laer graaninhoud en die ver-

lies van waardevolle voedingstowwe weens afloop.

Kultivarkeuse

Die kultivarkeuse is net so belangrik. Neem die volgende in ag by die

keuse van die ideale kuilvoerkultivar vir jou:

Die vermoë van die kultivar om hoë kwaliteit kuilvoer te

produseer.

Die vermoë om meer as 40% van die graan op ‘n droëstofgrond-

slag te gee.

Koppe moet nie sak of afval voordat die mielies gesny word nie.

Goeie behoud van kleur.

Weerstand teen omval.

Die stronke moet hoogs verteerbaar wees.

Voordele

Daar is verseker heelwat voordele verbonde aan die maak van kuil-

voer in sakke. Volgens navorsing wat deur prof David Christensen

van die Saskatchewan Universiteit gedoen is, is bevind dat die

kwaliteit van kuilvoer in sakke uitstekend is. Die rede daarvoor

is omdat die sakke lugdig verseël kan word en die suurstof in die

sakke vinnig opgebruik word en sodoende die verrotting van die

materiaal beperk. In die konvensionele maniere waarop kuilvoer

gemaak word, kan dit nie so dig verseël word nie.

In die sakke is die verliese van kuilvoer heelwat minder (ongeveer

6% - 8% gaan verlore), terwyl die konvensionele metode se verlies

tussen 15% tot 25% kan wees. Net hierdie besparing in verlies is

klaar beduidend.

Verder is die uitlaaipersentasie van die kuilvoer in sakke ook heel-

wat hoër as dié vanuit die konvensionele maniere van opberging.

Indien die sakke reg bestuur word, is die kans van die vermenging

van kuilvoer met grond amper onmoontlik. Die diere vreet dus

meer en die slytasie op voermengers is minder.

Hou dié in gedagte

Soos met enigiets in die lewe, is daar heelwat slange in hierdie

paradys. Die eerste is dat die regte versakkingsmasjiene bekom

moet word. Dit beteken die uitlê van kapitaal. Die sakke kan nie

hergebruik word nie en moet jaarliks aangekoop word.

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

FOKUS

Graanhanteringsketting

Spesiale

45

June 2017