Background Image
Previous Page  48 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 84 Next Page
Page Background

Verder moet besluit word waar die sakke geplaas gaan word. Die

terrein moet van só ‘n aard wees dat die sakke nie deur water be-

skadig kan word nie, die grond nie te nat sal wees vir die maak en

uithaal van die kuilvoer nie en die sakke deeglik beskerm is.

Dit klink vreemd, maar voëls en muise en ‘n verdwaalde koei,

kan vinnig groot skade aanrig. As die sakke beskadig word, gaan

daar suurstof in die sakke in en die kuilvoer sal begin vrot. Daag-

likse inspeksie van die sakke is noodsaaklik. Wanneer daar gate

ontstaan, moet dit so spoedig moontlik met die regte materiaal

reggemaak word.

Met die uithaal van die kuilvoer, moet daar van die regte tegniek ge-

bruik gemaak word om die sak oop te maak. As dit nie gedoen word

nie, kan die laaigraaf groot skade veroorsaak; plastiek kan in die voer

kom en die beeste se prestasie kan daardeur benadeel word.

Gepraat van die plastiek: Die bestuur van die leë sakke is belangrik.

Dit moet op die regte manier vernietig word anders veroorsaak dit

heelwat besoedeling.

Tydens die maak van die kuilvoer moet seker gemaak word dat

die versakkingproses vinnig genoeg plaasvind sodat die kuilvoer-

kerwers nie hoef te wag nie. Die kapasiteit moet van so ‘n aard

wees dat die kuilvoerkerwery en versakking binne tyd afgehandel

kan word. Die lugdigte verseëling van die sak is krities. Hierin lê die

grootste uitdagings. As die sakke nie reg toegemaak word nie en

die sakke word te pap gestop, gaan die hoeveelheid suurstof binne

die sakke te hoog wees en gaan die kuilvoer nie genoegsaam

fermenteer nie. Indien die sakke te styf gestop word, kan die sakke

skeur en sal dit die kuilvoer verlore laat gaan.

Meer wins per hektaar

Kuilvoer in sakke en bale kan dit vir die verbruikers van kuilvoer

die moeite werd maak om kuilvoer aan te koop en soos benodig te

vervoer. Die bale maak dit moontlik om een baal op ‘n slag te koop

en vinnig te voer.

Dit skep daarom die geleentheid om kuilvoer buite die tradisionele

graanmarkomgewing te maak en te verkoop. Dit maak dit ook

moontlik om in die verbruiker se spesifieke behoeftes te kan voldoen.

Daarop kan ‘n ekstra marge geplaas word – alles om meer wins per

hektaar te maak.

Indien daar enige navrae oor hierdie artikel of die kuilvoerproses is,

kan Pietman Botha by 082 759 2991 gekontak word.

Hierdie artikel is geskryf met inligting wat vanaf Pioneer verkry is.

Mieliekuilvoer

1

2

3

46

FOKUS

Graanhanteringsketting

Spesiale