Junie 2017
20
‘n Saaduitstalling
wat die oog vang
W
êreldklastegnologie was hierdie jaar weer onder die soeklig
by die Pannar uitstalruimte tydens NAMPO. Verskeie Pannar
verteenwoordigers het weer gereed gestaan om plaaslike pro-
dusente, internasionale gaste en produsente, of sommer net vrien-
de, te ontvang.
Die maatskappy spog met ‘n volledige gewas- en kultivarportefeulje
en produsente is vooraf uitgenooi om met die span te kom gesels om
sodoende nuwe idees uit te ruil.
Pannar is verbind tot ‘n geheelplaasbenadering met sy multige-
waskundigheid om gewasproduksie te optimaliseer. Hulle verstaan
die belangrike rol van produsente in die gemeenskap en maak as
besigheidsvennoot ‘n bydrae om produsente se ondernemings uit
te brei. Pannar se leuse is juis: “Saam boer ons vir die toekoms”.
1: Elaine, Klara-Laine en Hilde-Marie Human (Bloemfontein) geniet ‘n
ruskansie by die Pannar uitstalruimte tydens NAMPO 2017.
2: Rossouw Grobbelaar (verteenwoordiger: Pannar), Koos Barnard en
Janti van Dyk (albei van Hoopstad). Hulle bespreek die PAN 5R-791BR
(nuut), wat ‘n sterk meerkoppige stapelgeenbaster is. Dit is goed
aangepas vir al die westelike produksiestreke (Noordwes-Vrystaat,
Noordoos-Vrystaat en Noordwes Provinsie).
3: John en Gift Tali (K8 Doornkraal, Pretoria), Modupe Tsoeu (agent:
Pannar, Lesotho) en Shane Motlhaloga (K8 Doornkraal Pretoria).
4: Nelis Potgieter (verteenwoordiger: Pannar, Schweizer-Reneke) en
Alex Peters (Hennenman) by PAN 7160CLP by die Pannar saadplot.
Die CLP verwys na “Clearfield Plus kultivar” wat beteken
dat die kultivar gespuit kan word met Euro-Lightning vir
onkruidbeheerbehandeling.
5: Nick Goble (besigheidsbestuurder: Pannar) en Niel Harmuth
(landboukundige: AGT Foods) gesels by die onlangse NAMPO Oesdag.
6: Gert Rossouw en Deon Joubert (albei van Potchefstroom) kyk na
PAN 5A-182. Hierdie kultivar doen besonder goed in die oostelike
streek, maar is ook aangepas vir ander streke. Dit is goed meerkoppig
en bied effektiewe agronomiese balans.
7: John Odendaal (nasionale bemarkingsbestuurder: Pannar),
Caiphas Muyambo (besigheidsontwikkelingsbestuurder: Pannar),
Reggie Mchunu (besigheidsontwikkelingsbestuurder: Pannar),
Nick Goble en Brian Dube (produkontwikkelingsbestuurder: Pannar).
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
Kolbe Media
1
2
4
6
3
5
7