Benjamin Swanepoel (Johannesburg), Chris Roets (Carolina),
Machel Niekerk (verkoopsverteenwoordiger: Bearings International),
Desiré Kruger en Veruschka Prinsloo (albei interne verkoopspersone) by
die uitstalruimte van Bearings International. Besoekers kon hier
meer uitvind oor Bearings International se nuwe agri-kettings en
kragtransmissieprodukte.
Twee produsente van Greylingstad, Hans Prigge en Kobus du Plessis,
wou meer te wete kom van Electrolee se gehaltemonitor, wat ‘n
driejaar waarborg het. Electrolee se manne, Hein Kruger
(verkoopsverteenwoordiger, links) en Morné Kennedy (tegnikus,
regs) was baie behulpsaam.
Vanjaar was die fokus by die JSE besoekpunt die termynkontrakte
vir bees- en skaapkarkasse. Hierdie elektroniese mark bied
markdeelnemers ‘n platform om prysrisiko vooruit te bestuur.
Hier is Anelisa Matutu (spesialis: Kommoditeite), Johann de Jager
van Gauteng, Raphael Karuaihe (bestuurder: Kommoditeite) en
Chris Sturgess (hoof: Kommoditeitemark vir afgeleide instru-
mente, Kapitaalmarkte).
TERUGBLIK
NAMPO 2017
Spesiale
19
Nuwe NAMPO-rekord