Background Image
Previous Page  20 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

18

Verskeie nuwe modelreekse

en vervangings te sien by Argo

A

rgo S.p.A. het onlangs sy medium- en laekilowattklas-trek-

kerreekse aangepas. Dit het teweeg gebring dat verskeie

modelreekse vervang is en het die volgende ingesluit: Landini

Technofarm – word nou Landini Multifarm. Landini 60-reeks – word

nou Super 7865/8865-reeks. Landini Globalfarm – word nou Landini

Super 90/100/110-reeks. Hierdie vervangingsreekse was onder

andere te sien by die pas-afgelope NAMPO Oesdag.

Die ooreenstemmende McCormick-reeks, wat in essensie dieselfde

trekkers is, kon ook op die terrein besigtig word. Verskeie ander

populêre Landini, McCormick- en Kioti-reekse en -modelle was ook

te sien.

1: Charl Stötter, Craig Davidson (albei van Elliot in die Oos-Kaap) en

Hagen Lammerding (verteenwoordiger: Landini). Charl gebruik Landini

trekkers en kyk hier na die McCormick B75 Max – nuut by NAMPO.

Dié trekker beskik oor 55 kW en is tans net in platformkonfigurasie

beskikbaar. Standaard 12+12-transmissie met spoelkas.

2: Izak Smit (streeksbestuurder: Argo), Norman Hirschowitz (Bethal) en

Tiens de Bruyn (verkope: Landini, Middelburg). Norman doen navraag

oor die Landini Landforce 125 (op die foto) wat spog met 88 kW en

Betapower-enjin met ‘n keuse van ‘n oop of geslote hidrouliese stelsel.

Beskikbaar in platform- of kajuitkonfigurasie.

3: Andreas Koch en Marcus Anderson (albei van Johannesburg) by die

Landini Super 8865. Die Super 8865 ontwikkel 60 kW en 294 Nm en is

standaard toegerus met 12+12-ratkas met meganiese spoelkas wat

onveranderd bly. Die trekker is net in platformkonfigurasie beskikbaar.

4: Dorothy en Gert Bester (mielieprodusente van Paulpietersburg

in KwaZulu-Natal) saam met Ockie Lategan (OVS Agri, Bethlehem,

Argo) by die D115 Max van McCormick (82 kW Betapower-enjin).

Platformkonfigurasie is standaard en kajuit opsioneel.

5: Bart Tijssen (verteenwoordiger: Landini, Tarlton), Zelda en

Danie Muller (produsente van Bela-Bela). Danie gebruik verskeie

Landini-trekkers in sy boerdery en het navraag gedoen oor ‘n laaigraaf.

Agter hulle is die Multifarm 75 van Landini. Die Multifarm-reeks bestaan

uit twee modelle: Multifarm 75 (50 kW) en die Multifarm 90 (61 kW).

Al twee modelle is met die Perkins viersilinder-dieselenjins toegerus en

voldoen aan TIER 2-omgewingstandaarde. Wringkrag is onderskeidelik

273 Nm en 362 Nm.

6: Robért Venema (produsent van Tarlton), Bart Tijssen

(verteenwoordiger: Landini) en Brian Venema (Tarlton) by die Landini 7-

reeks (7-125). Die trekker beskik oor ‘n 138 kW Betapower 6,7 liter,

24 klep, sessilinder turbo-enjin. Net met kajuit beskikbaar.

7: Elize en Dries Cronje (Coligny) saam met Robert Paver

(verteenwoordiger: Landini, Bothaville) by die Kioti DK5010 H-

shuttle

.

8: Rodney Cooper en Nic Human (produsente van Tzaneen) saam

Charl Eloff (verteenwoordiger: OM Agri, Kroonstad) by die

Kioti NX5020 (37 kW, hidrostaties of handkontrole; met of sonder

kajuit). Rodney en Nic gebruik hierdie trekkers in hul avokado-

en plantasieboerdery.

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1

3

2

4

6

7

8

5