

Goeie arbeidspraktyke en
-verhoudinge in die kollig
W
at is die werklike oorsaak dat so baie plaasarbeiders
nie in die werksplek kan funksioneer nie? Werkers
word dieselfde hanteer en sommige floreer, terwyl
ander uitval. Baie arbeiders bly eenvoudig die reëls
oortree en is dikwels onbetroubaar. Hoekom is dit so en wat kan jy
as produsent doen om hierdie probleem aan te spreek?
In baie van die gevalle begin die arbeidsprobleme by die produsent
wat telkens bloot die verkeerde aanstellings maak. Sulke persone
is dan in diens en die produsent kan net nie van hierdie arbeider
ontslae raak nie. Verder veroorsaak die onderpresteerder dat die an-
der arbeiders ook negatief beïnvloed word.
Daar kan verskeie redes wees waarom ‘n arbeider nie presteer
nie, maar dit kan meestal teruggevoer word na ‘n uiters slegte self-
beeld van die werker. Baie keer glo die werker dat hy vir niks goed
genoeg is nie en dit lei tot ‘n traak-my-nieagtige-houding. Telkens
sal die werker se gedrag ander uitvloeisels van die probleem toon.
Die werker kan byvoorbeeld dronk by die werk aanmeld, begin
steel en opdragte ignoreer.
Gesinsgeweld is ook in baie gevalle die direkte gevolg van ‘n swak
selfbeeld. “Ek is nie goed genoeg vir hierdie geliefde nie en daarom
loop alles skeef.” Daarom gryp die werker na ‘n “kruk” wat gewoonlik
alkohol is en dan spat die vonke.
Werksvereistes kan ook aanleiding gee tot ‘n lae selfbeeld. Die
werker dink hy het nie die vermoë om die werk te kan doen nie.
Arbeiders werk dikwels op plase bloot omdat hulle nêrens
anders kan werk kry nie. Die arbeider het nie eens basiese kwali-
fikasies nie en daar is nie die geleentheid om dit te verkry nie. In
baie gevalle het die arbeider ‘n buite-egtelike kind of kinders wat
versorg moet word en daarom aanvaar die werker enige werk.
Geen of baie laag-geskoolde arbeiders het in vele gevalle net nie
die vermoë om aan die eise van die dag te kan voldoen nie. Omdat
hy laag geskoold is, verdien so ‘n werker gewoonlik nie die hoogste
loon nie, met die gevolg dat armoede aan die orde van die dag is.
Omdat geld beperk is en die persoon nie oor die vaardighede be-
skik om fondse optimaal aan te wend nie, verval hierdie persoon in
afhanklikheid van drank en/of dwelmmiddels. Die werker gaan soek
in baie gevalle ‘n “uitkoms” om verby hierdie lae selfbeeld en onver-
moë te kom en eindig dan gewoonlik by verskillende verslawings op.
Die gevolg van hierdie afhanklikheid is menigmaal ook huislike pro-
bleme wat na vore kom. Wanneer die werker onder die invloed is,
kan dit lei tot ‘n stryery en die ander gesinslede loop gewoonlik
deur. Afhanklikheid sal egter ook ander euwels na vore bring – dief-
stal en bedrog word telkens gebruik om fondse in die hande te kry
om ‘n verslawing te kan bevredig.
Die direkte gevolge van hierdie verslawing en swak selfbeeld is
swak werksprestasie. Die gevolg van swak werksprestasie is weer
die swak prestasie van die onderneming en op die einde die ontslag
van die werker of dalk die bankrotskap van die onderneming.
Swak werksprestasie is egter nie die enigste uitvloeisel nie, maar
ook swak interpersoonlike verhoudinge. Gewoonlik tussen die werk-
gewer en die werknemer, die ander personeel wat saam met die
werker werk en dan die belangrikste, verhoudinge by die huis. In
sulke gevalle is die man en vrou altyd in die een of ander soort rusie,
die kinders ly hieronder en inherent ook die hele gemeenskap.
Die vraag is nou: Wat kan gedoen word om hierdie probleme aan te
spreek en op te los? In baie gevalle sal dit begin met die aanspreek
van die lae selfbeeld. Die verbreding van die werker se kennisvlak-
ke en die aanspreek van die verhoudinge tussen die werkers en die
mense rondom hulle. Volgens ds Petrus Ramatsosa van Kroonstad
bly die belangrikste egter om hierdie probleme vanuit ‘n geloof-
soogpunt aan te spreek. Die verkondiging van die Woord moet altyd
sentraal staan en die basis wees waarop die probleme aangespreek
word.
Met net Woordverkondiging sal die probleme egter nie vanself
weggaan nie. Die werker sal toegerus moet word om die probleme
te kan aanspreek. Om eerstens die probleem te erken, die priori-
teite van probleme reg te kry en dit dan aan te spreek. Sonder
dat die mens se siening van homself aangespreek word, sal dit
maar moeilik gaan.
Die heel belangrikste aspek wat aandag moet kry, is die gesind-
heid van beide die werker en werkgewer. As albei nie bereid is om
te verander nie, sal daar baie moeilik ‘n verandering in die verhou-
ding kom. Ook moet daar besef word dat albei partye steeds
kan faal en dat beide bereid moet wees om mekaar se swakhede te
erken en dit te verdra.
Ds Ramatsosa bied ‘n kursus aan om beide die produsent en
die werker te help om hul verhoudingsprobleme aan te spreek.
Hy fokus daarop om veral die werkers te help om hulle probleme
te identifiseer en om hulle deur die Woord toe te rus om hulle pro-
bleme die hoof te bied. Hierdie stap help ook om toekomstige pro-
bleme aan te spreek.
Vir meer inligting kontak ds Ramatsosa by 071 363 5366.
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
Wat is regtig die oorsaak van arbeidsprobleme op plase?
Reeks
Deel jou praktyke met medeprodusente
Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas
en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na
estiedv@mweb.co.zaen ons sal jou kontak.
Ds Petrus Ramatsosa.
AKTUEEL
77
June 2015